Ses verkool in Limpopo-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Ses persone, insluitend ʼn polisiekonstabel, het Saterdagoggend onherkenbaar verkool tydens ʼn trompop-botsing.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het omstreeks 02:00 op die R37 tussen Polokwane en Burgersfort, naby die Mashite-kruising, plaasgevind. “Twee van die slagoffers was in ʼn voertuig wat in ʼn westelike rigting van Burgersfort na Lebowakgomo gery het, en die ander vier in ʼn motor wat die konstabel bestuur het. Hulle het in ʼn oostelike rigting gery.”

Mojapelo het gesê die motors het dadelik aan die brand geslaan. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Oopoë ·

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend!? Ai jai jai, iemand was roekeloos om teen aankomende verkeer verby te steek. Dis tog heel eenvoudig om die oë oop te hou en te kyk of dit veilig is voordat jy selfs langs ‘n ander voertuig is. Indien jy nie padoppervlakte kan dien nie gaan jy nie verby nie!! Of is dit té ingewikkeld of ‘n lewe so onbeduidend werd?

Slimjan ·

Iemand het gister gevra waarom slaan deesdae se voertuie so maklik aan die brand wanneer hulle in n ongeluk betrokke raak? Wonder ook nou.

snoefie ·

ons is ongelukkig almal op een of ander stadium slagoffers van die raakskerm duiwel.

snoefie ·

kom die petrol deesdae van China? tweede ongeluk waarin die voertuie brand in soveel dae.

Bokkie ·

Dit se vir my as iemand in n ongeluk in n motor verkool dat die persoon teen n verskriklike spoed moes gejaag het.En dit is nog n groot oorsaak van baie ongelukke.Baie persone dink ag die ander motor is ver ek kan gou verby jaag wat nie so is nie.Ek sal eerder 80 kilos ry agter n motor of n vragmotor as die paaie so baie besig is en eerder 2 ure later by my bestemming aankom.En om in die donker te ry moet mens reeds veiliger ry.Ek stem saam as jy nie die pad voor jou so duidelik sien nie bly eerder in jou baan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.