Ses vermeende veediewe op Colesberg aangehou

Argieffoto: Morné van Rooyen

Die polisie in die Suid-Vrystaat het sukses in hul stryd teen veediefstal behaal toe ses verdagtes in verband met dieselfde voorval in twee verskillende howe voorgekom het.

Thabang Jafta (25) het in die landdroshof op Trompsburg verskyn, terwyl George Sekhalo (30), Charles Filita (38), Teboho Nkhema (31), Tebalo Lenyatsa (26) en Simankelo Time (30) almal in die Gariepdam-landdroshof voorgekom het.

Al ses se sake is uitgestel tot 13 Februarie, wanneer hulle na verwagting om borgtog aansoek sal doen, sê sers. Sinah Mpakane, Vrystaatse polisiewoordvoerder. Hulle word intussen aangehou in die gevangenis op Colesberg in die Noord-Kaap.

Mpakane sê die klaer, ʼn werknemer op die plaas De Rust in die distrik Philippolis, het blykbaar sy werkplek op Vrydag 11 Januarie verlaat en na die township by die dorp gegaan toe alles volgens sy verklaring in die haak was.

Toe hy Maandag omstreeks 08:30 terugkeer, het hy gesien hoedat van die skape op die plaas met toue vasgebind was en 11 reeds gevrek het. “Hy het die plaaseienaar in kennis gestel,” sê Mpakane, “en die saak is by die polisie aangemeld.”

Volgens die eienaar is 30 skape vermis. Die opsporingseenheid van Bloemfontein en die veediefstaleenheid van Philippolis is ontplooi.

ʼn Skaap is ook in Louriepark teruggevind, maar hy is toe reeds opgekap.

Die verdagtes is op verskillende plekke in die omgewing van Trompsburg en Bloemfontein aangekeer, vertel Mpakane.

“Agttien skape is teruggekry van ʼn vrou in Phase 4, Bloemfontein, wat aangevoer het sy het R1 000 stuks betaal. ʼn Skaap is ook in Louriepark teruggevind, maar hy was toe reeds opgekap en van die vleis gekook.”

Nog 13 skape is op die plaas gekry nadat hulle van die honger en dors gevrek het.

Die veediefstaleenheid van Philippolis het die saak ondersoek.

“Dit is ʼn groot sukses in ʼn nuwe jaar waarin vee-eienaars bly sal wees om te verneem dat ons lede geen steen onaangeroer sal laat om die veiligheid van inwoners en hul eiendom te verseker nie,” sê Mpakane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Karolis ·

Miskien moet die plaaseienaar dit oorweeg om iemand te kry wat Saterdag en Sondag ook ‘n draai kan maak op die plaas om sodoende die diere te versorg.

Anton X ·

Ek sien alweer nie juis ‘n Van der Merwe, Botha of Du Plessis tussen die spul nie.
Lyk my ons het ‘n probleem met ‘n sekere ….?

IK ·

Ek sien daardie vanne en myne ook nie meer op Clifton se strand . . .

Cherokee ·

Die klagte teen hulle moet nie slegs veediefstal wees maar ook dieremishandeling.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.