Ses mense word vermis nadat ʼn vissersboot Donderdag in die Durbanse hawe aan die brand geslaan het.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê talle mense is beseer in die brand wat op die boot in die Bayhead-area uitgebreek het.
Brandbestryders, reddingswerkers en paramedici is op die toneel. Sodra die brand ten volle geblus is, sal reddingswerkers na diegene wat vermis word begin soek.
Meer inligting volg.