Ses vroue uit Brooklyn-bordeel gered

Argieffoto

Argieffoto

Ses vroue is uit ʼn bordeel in Pretoria gered nadat die Valke Woensdagaand op die perseel in Brooklyn toegesak het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn man van Thailand en twee vroue van China is in hegtenis geneem op ʼn aanklag van die bestuur van die bordeel.

“Die Valke het inligting van ʼn fluitjieblaser ontvang en op die huis in Brooklyn toegesak waar ses Thai-vroue tussen 23 en 38 jaar gered is,” het hy gesê.

“Die man is vermoedelik die eienaar van die bordeel en die vroue wat in hegtenis geneem is, was glo daarvoor verantwoordelik om vroue te werf. Gedurende die klopjag het die polisie op tablette beslag gelê wat vermoedelik dwelms is en vir toetse gestuur sal word. Daar is ook op kwitansieboeke en vermoedelike vals paspoorte beslag gelê wat na die departement van binnelandse sake vir verifikasie gestuur sal word,” het Mulaudzi gesê.

Die ses vroue wat gered is, is intussen in ʼn plek van veiligheid geplaas.

Volgens Mulaudzi sal die drie verdagtes, tussen 45 en 49 jaar, Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jolandie ·

Uitlanders!!!!!!!!!!!!! Ek wens hulle almal word verban uit ons land. Kom haal net hulle gruwel-dade hier uit, omdat hulle weet niks sal met hulle gebeur nie!!!

Carl ·

Ongelukkig is hulle kliente die binnelanders, sommer ‘n paar manne oppad huistoe van Loftus af. Wie is die skuldiges? Ons kan ook nie uitvaar teen alle Uitlanders nie.
Maar ek stem saam die uitbuiting van vroue en soms kinders is verskriklik. Ons is nie die uitsondering in die bedryf nie, dit kom in elke redelik gegoede land in die wêreld voor.

‘n Pluimpie vir die SAPS wat die mense gered het.

Muysvogel ·

Uitlanders is ‘n aaklige woord, dit is BUITELANDERS !!!
Die Afrikaner se voorsate was ook Buitelanders, vanaf Wes Europa natuurlik en sonder hulle sou Afrika veel hagliker en agterliker gewees het! Die Afrikaner van vandag kom INDIREK van die buiteland af. Dink nugter en moenie agter idiote aan praat nie.
Tweedens dink julle vir een oomblik burgers van die RSA pleeg nie prostitusie nie! ASSEBLIEF!!!

pop ·

Doodreg Jolandi, hierdie is die” crime mecca “van die wereld. Boewe het hier meer regte as die mense op straat. Hoekom doen hulle dit nie in hulle land nie. WANT HULLE SAL DIE DOODSTRAF KRY.

Poppie ·

Hoe lekker lag ek nou oor die tablette. Kon nie verstaan hoe die goed drugs is nie. Moes 2 keer lees en agterkom dit is pille. En nie Tablets soos in vir Samsung nie… Eers gedog hul het movies gemaak. Ek is geregtig op een blonde oomblik elke dag.

Blondie ·

Ai lekker lag ek nou Poppie en voel toe heel goed dat ek nie die enigste een is nie lol

Dave ·

Die fout lê by jùlle dames en nie by die berigskrywer of vertaler nie. Die gebruik van die woord ‘tablette’ vir pille is baie ouer as nou die dag se tablette met kleurskerms wat julle so rondswaai op die strand en ander kuierplekke.

Dave ·

…en indien jy die woord ‘tablet’ hoor en onmiddelik aan ‘n palmtop dink, is dit dalk ‘n aanduiding van jou ouderdom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.