Ses weke oue baba in Brits vermis

Die ses weke oue baba is glo in Brits ontvoer.

Die polisie in Noordwes het ʼn beroep op mense gedoen om na vore te kom met inligting wat kan help lei tot die opsporing van ʼn ses weke oue baba wat Dinsdag glo ontvoer is.

Maria Nkabinde, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het gesê Suzan Kutumela (19) en haar baba was saam met ʼn vriend in die Brits-middedorp, toe sy die vrou, net bekend as Kedibone, naby die poskantoor raakgeloop het. Sy het saam met die verdagte, wat ook ʼn baba op haar rug gedra het, na ʼn taxistaanplek gestap terwyl haar vriend agtergebly het.

Die twee is na die Shoprite-sentrum om kos te koop, het Nkabinde gesê. Kutumela het glo haar baba by die verdagte buite die winkel gelaat, maar by haar terugkeer was die vrou en albei babas skoonveld. Die verdagte woon in Oukasie.

Volgens die polisie het sy ʼn bruin jas aangehad en een van die babas is met ʼn pienk handdoek op haar rug vasgemaak.

Die polisie het enigiemand met inligting gevra om sers. Jonas Mogotlane van die Brits-eenheid vir gesinsgeweld, kindersbeskerming en seksuele misdrywe te bel by 060 970 9200.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elmarie ·

Ai… Al die kindertjies wat so verdwyn die laaste tyd. Net erg hoe dinge gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.