Sesde SA’ner vas oor internasionale porno-netwerk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sesde Suid-Afrikaner is in hegtenis geneem in verband met ʼn internasionale kinderpornografie-ondersoek met die kodenaam Operasie Cloud 9.

ʼn 47-jarige makelaar van Vishoek is Dinsdagaand tydens ʼn klopjag by sy huis in hegtenis geneem. Die ongetroude man het glo duisende foto’s met kinderpornografie waarvan sommige “gewelddadige mishandeling” toon op babas wat so jonk is soos ʼn paar dae oud.

Hy staan tereg op aanklag van die besit en verspreiding van pornografie.

Die polisie kon nie bewyse vind dat enige van die kinders in die foto’s Suid-Afrikaners is nie, maar die ondersoek duur voort.

“Die owerhede in Antwerp, België, het die oortredings onder die aandag van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se aandag gebring nadat een van hul inwoners in hegtenis geneem is vir die vervaardiging, besit en fasilitering van kinderpornografie,” het brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Beamptes van Suid-Afrika en België hou al sedert Junie die man van Vishoek se aanlynbedrywighede dop.

ʼn 37-jarige rekenaaringenieur is in Januarie in Plettenbergbaai in hegtenis geneem nadat die polisie in België ʼn pedofiel op ʼn sosialemediawebwerf geïdentifiseer het.

ʼn Egpaar van Port Elizabeth is in Maart in hegtenis geneem in verband met die besit en verspreiding van kinderpornografie.

ʼn 39-jarige man van Midrand is in hegtenis geneem vir die besit en verspreiding van kinderpornografie.

ʼn 53-jarige man van Grahamstad is ook vroeër in hegtenis geneem in verband met die besit, vervaardiging en verspreiding van foto’s van ongeveer 600 kinders van die VSA.

Die betrokke sindikaat verbind ongeveer 400 verdagtes wêreldwyd met kinderpornografie, wat hoofsaaklik aanlyn plaasvind. Beamptes wat by die ondersoek betrokke is, het die foto’s beskryf as van die “mees gewelddadige, grusame en skokkende” wat hulle nog ooit gesien het.

Hoofinspekteur Tim van Eester van die polisie in België, het gesê 21 verdagtes van sy land is uitgeken via die inhegtenisnemings en ondersoeke wat in Suid-Afrika plaasgevind het. “Afgesien van die monitering van aanlynbedrywighede, is profielsamestellings ook ʼn noodsaaklike instrument,” het Van Eester gesê.

Die verdagtes wat tot dusver saamgestel is, is ʼn baie “heterogene” groep. Hulle is van so jonk as 25 jaar oud tot persone in hul 70’s en is mense in verskeie beroepe. Talle is “voorkeur pedofiele” eerder as “geleentheidspedofiele”. “Voorkeur pedofiele” het ʼn voorkeur vir kinders van ʼn jong ouderdom, selfs sedert geboorte. “Hulle lewens is gebaseer op ʼn idee om seks met ʼn kind te hê,” het Van Eester verduidelik.

Joan van Niekerk, president van die internasionale vereniging vir die voorkoming van kindermishandeling en -verwaarlosing, het gesê voorkeurpedofiele het ʼn “uitsluitlike aantrekkingskrag tot kinders”. In hierdie gevalle is dit “baie moeilik” om een tipe persoonlikheidsprofiel uit te ken. Volgens haar het Suid-Afrika nie behoorlike wetgewing om kinderpornografie te hanteer nie. Die Kommissie vir die Reformasie van Suid-Afrikaanse Wetgewing hersien tans die wetgewing.

Lees alle vorige berigte oor Operasie Cloud 9 op Maroela Media.

– The Times

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Strussbob ·

Vir hierdie pedofiele – Dit is beter om met n meulsteen om die nek in di see gegooi te word NOU as om eendag voor God te staan .

Lynette ·

Al word hulle nou in die see gegooi, sal hulle steeds eendag voor God staan en rekenskap gee.

HEVW ·

Die rioolpype oorspoel die ganse land vanwee die mens wat Godloos geword het.

Ella ·

Ek weet mens mag nie moor nie maar ek kan aan n paar dinge dink wat ek graag met hulle sou wou doen. Hulle moet stadige, pynlik en wreed vrek. As n mamma van n klein dogtertjie sal ek hulle met graagte verlos van hulle siek self. Aangesien S.A nie die wetgewing het nie dink ek dit is net regverdig dat hulle nie beskerm word nie en fotos en hulle name geplaas word. Hoekom het S.A nie soos Amerika n sex offenders lys nie? Oh ja want die gemors word eerder beskerm as ons kinders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.