Sesde skoolseun vas ná moord op video

Thoriso Themane (Foto: ANA)

Die moordsaak teen ses skoolseuns van Polokwane wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn plaaslike musikant, Thoriso Themane, vermoor het, is Donderdag in die landdroshof in dié  stad uitgestel.

Hofverrigtinge is uitgestel weens die inhegtenisneming van ʼn sesde verdagte. Al ses seuns, tussen 15 en 16 jaar oud, het in camera verskyn aangesien hulle minderjarig is.

Lede van die gemeenskap en politieke partye het buite die hof saamgedrom en ter ondersteuning van Themane se familie betoog. Die ontstoke skare het daarop aangedring dat geregtigheid moet geskied.

Themane se familie het egter nié die hofverrigtinge bygewoon nie, glo omdat hulle nog nie kans sien om sy vermeende moordenaars in die oë te kyk nie.

Themane (27) is Saterdagaand in Florapark op dié dorp aangerand waarna hy vir dood agtergelaat is. Themane was vermoedelik op pad huis toe van ʼn musiekoefening by sy kerk toe hy deur die groep seuns oorval en aangerand is.

Volgens die polisie is Themane Sondag gevind en na ’n hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.

Die eerste vyf verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem nadat video’s van dié moord, wat die seuns na bewering self gemaak het, wyd op sosiale media versprei is.

Een van dié video’s wys hoe ʼn bebloede Themane gesleep, geslaan en geskop word. ʼn Ander wys hoe Themane se oënskynlik lewelose liggaam straat af gesleep word.

’n Derde video wys hoe een van die seuns, geklee in ’n skooluniform, oor die moord spog waarna hy beweer dat niks met hom sal gebeur nie, aangesien sy pa glo onaantasbaar is. Dié seun se pa is ’n afgetrede polisiebeampte.

Sowetan het berig dat die afgetrede polisiebeampte sy seun se bewerings dat hy “onaantasbaar” is, ontken het. Die pa, wat nie genoem kan word nie om die seun se identiteit te beskerm, het gesê sy seun het aan hom gesê dat Themane ʼn selfoon van een van sy vriende gesteel het en dat hulle hom agtervolg het om dit terug te kry. Dit was glo die eerste keer dat sy seun na bewering betrokke is by kriminele aktiwiteite, het hy aan die koerant gesê.

Die seuns sal na verwagting volgende week weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

leser ·

hulle sal nie sit nie, almal minderjarig, sal aan ouers gegee word om hulle dissipline te probeer leer

Vraagteken ·

Leser, moet nie so vinnig praat nie. Die staat sal die saak probeer uitstel sodat hulle as volwassenes voor die hof kan staan. Hulle het mos iets soortgelyk met die Waterkloofvier gedoen?

J. van Rensburg ·

Dissipline? Ek is bevrees dat daardie ‘n vloekwoord geword het sedert die kommunistieselinkses en sneeuvlokkies besluit het dt ‘dissidpline’ = soos ons ouer geslag dit geken het, – die atme bloedjies mag nie “gewelddadig” behandel mag word nie daar hulle “broos” is en self in geweldenaars sal opgroei. Genage – my geslag – sowel as my kinderders het geweet waar die plak hang as hulle dit nodig gehad het – my oudste (noui verlede Maandag haar 60ste gevier) en seun (in Nov 58 en jongste 56 in Augustus vier) het met “dissipline” grootgeword – die plak moes af en toe bietjie vetgevoer word – en aldrie is uitstekende burgers van die land soner enige “hang-ups”… Bring terug die lat/plak… en kinders sal leer wat dissipline is…

Essie ·

Waar is die doodsyraf nou onthou dood moet met dood vergeld worf

Stel ·

Eerste oortreding…….. Wat op dees aarde!!!!! Geen normale, regdenkende KIND kan so wreed wees nie. Die ergste van als is dat sulke tipe kinders tussen ons ordentlike kinders sit in die skool. Wat kan hul nie aan mede skoliere doen nie…….?

Laksman ·

Nie so n ernstige misdaad nie, is mos nie rassisme nie, hulle was net stout of het verdowingsmiddels gebruik! So tien jaar tronkstraf, maar sal vrygelaat word na drie jaar.

Marinda ·

Let’s wait and see what is going to happen. We’ve had a few murder cases in the past couple of years that involved children. And they are in jail.

Saartjie ·

Marinda is moontlik ‘n Engelssprekende Suid-Afrikaner wat Afrikaans leesvaardig is, maar min vertroue het in haar geskrewe Afrikaans? Moet haar asseblief nie ontmoedig om Maroela te lees en op nuusberigte te reageer nie.

Sharon ·

Dis wat gebeur as mens nie meer jou kinders kan foeter en reg opvoed nie

lewies ·

Noodkrete van die jeug. Hoor en sien my asb raak . Gee asb aandag aan my. Affektiewe verwaarlosing van kinders in die gesin deur die primere opvoeders (die ouers,) staan in die beskuldigde bank. Hulle is maar net produkte van geestelike verwaarlosing en liefdeloosheid van ouers teenoor mekaar en teenoor hulle kinders. Moenie die fout buite die huis gaan soek nie.

1+1 ·

Gesinsberading deur Bybelseberader is die antwoord vir difunksionele huishoudings. Die goedkoopste is om elke sondag Kerk toe te gaan en jou kind katkesasie(sondagskool) toe te stuur, terwyl die ouers self die voorbeeld stel wat hulle kerkbesoek aanbetref
.

madels ·

Wat my stom slaan is dat die ouers nie gaan soek het na hul kind nie? Wow! as hy mos gegaan het vir sy musiek oefeninge moes hy sekerlik teen n sekere tyd by die huis wees? As ouer sou ek onmiddelik gaan soek het na my kind as hy nie sy selfoon antwoord of by die huis is teen n sekere tyd nie. Hy is eers die volgende oggend gevind???????? Hoe is dit moontlik? Ouers gee nie meer vandag vir hul kinders om nie, ek is uiters geskok! En minderjariges se voet, as hulle iemand op so n wreedaardige wyse kan vermoor dan is “kind wees” nie meer n kwessie nie.

Hoe weet jy alles. ·

Hoe weet jy dat die ouers nie na hulle kind gesoek het nie? Dalk het hulle, die berigte sê dit nie, maar dalk het hulle miskien vriende gebel en gesoek. Onthou die “kind” was 28 jaar oud, met ‘n lewe van sy eie. Hulle het dalk self laat tuisgekom en gedink hy slaap al. Dalk moet ons net die verskriklike moord raaksien en nie die ouers gebruik as ‘n slaansak nie – hulle het genoeg trauma.

madels ·

Hy kon dalk nog gelewe het as hulle hom betyds gekry het… hoe verskriklik wreed om dood geslaan te word! :-(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.