Sesde verdagte in Fochville-moord gee hom oor

Natasha Wheeler Barnard (Foto: Verskaf)

ʼn Sesde verdagte in die moordsaak van Natasha Wheeler Barnard (33) het homself Donderdag by die Fochville-polisiestasie in Gauteng oorgegee.

Volgens sers. Elsie Tshonte, polisiewoordvoerder, sal die verdagte oor die naweek in aanhouding bly en Dinsdag in die hof verskyn. Hy sal dan na verwagting om borgtog aansoek doen.

Sy medepligtiges, Maryna Doyle (37), haar kêrel, Sidney Scheepers (41), Cecilia Storbeck (23), Twane Wienand (31) en Rudolf Pretorius (23), is Dinsdag op borgtog vrygelaat.
Doyle, Scheepers, Storbeck en Wienand is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat, terwyl Pretorius se borgtog op R10 000 vasgestel is.

ʼn Sewende verdagte is glo nog op vrye voet.

Barnard is na bewering op 3 Maart in The Boule Vard-restaurant en -kroeg in Fochville aangerand en vroeg die volgende oggend by haar ma se huis afgelaai, waar paramedici haar later dood verklaar het.

Ao. Kitty Fourie het vroeër in die hof getuig dat Barnard trauma aan haar nek en ruggraat gehad het. Sy het nie verder op die uitslag van die nadoodse ondersoek uitgebrei nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Tanya ·

Presies wat ek gedink het toe ek dit sien, so 2 vrouens, 5 mans TEEN 1 vrou! Ek wil nie eens dink hoe bitterlik erg die vrou moes gebaklei het vir haar lewe en gesmeek het in daai laaste paar minute nie, 11 minute wat die kamera af gewees het……

Hennie Biebouw ·

Dis ‘n skokkende storie die…en ons sogenaamde “Afrikaanse witmense” is so vinnig om vingers na ons mede “nie-Afrikaanse witmense” te wys vir hul gedrag….

Hennie ·

Hoe stupid om jouself oor te gee net voor paas naweek… Anyway, bly die bogger is in aanhouding!

lollapot ·

As hy enigsins SLIM was, was hy nie betrokke by hierdie saak nie.

Vossie ·

Kan dit wees. Hoe doen jy dit aan ‘n ander mens? Al was sy gekuier. Om haar met ‘n stoel te hooi en sewe mense haar aanrand? Hoe het mense so ver geval?

KatjieDeKat ·

Hygend hert..watter tipe mense slaan n vrou, en sekerlik n vriendin of kennis van hulle, dood??

Swerwer ·

Lyk my die nou nasetjie het gou geleer by die ANC hoe om dinge te doen.

Toy ·

Wat het hulle besiel, 7 teen 1 vrou. Hoe wreed moet mens wees om dit aan een mens te doen. Hulle moet hulle straf vat wat hulle toekom.

Johannes_64 ·

Wat sou die mens nou doen om deur soveel mense aangeval te word? Vreeslik!

Johanna ·

Blanke mense wat hulle soos “hooligans” gedra het.
Vieslik gesyp en die volk is nou skielik kleur-blind. Dit wys jou ons kan maklik die kleur issue ophaal en pin-point. Ons 4 miljoen het maar net sulke vrot appels. Ek kan maar net sê ” as jy dom is moet jy maar sukkel. Kry wat julle toekom. Julle ouers moet maak of hulle julle nie ken nie. Dis ” low budget”
Geniet die lang naweek in die tronk, mag die Here jou alleen daar ontmoet.

Hennie Biebouw ·

Dit het SEWE mense geneem om ‘n waarskynlik weerlose 33 jarige vrou se dood te veroorsaak? Watter tipe “mob mentality” is dit? Dis absoluut skokkend.

domheks ·

Jalosie? Ek weet darem nie wat moet gebeur dat sewe (party nog mans) een vrou moet aanval nie. Het julle dwelms gebruik? Julle is siek, siek siek!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.