Sesde verdagte in Fochville-moord hoor oor borgtog

Natasha Wheeler Barnard (Foto: Verskaf)

Dave Lourens, die sesde verdagte in die moordsaak van Natasha Wheeler Barnard (33), is Dinsdag borgtog toegestaan.

Lourens het in die landdroshof in Fochville, Gauteng, verskyn op aanklag van dwarsboming van die gereg.

Volgens Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is Lourens borgtog van R5 000 toegestaan.

Sy medepligtiges, Maryna Doyle (37), haar kêrel, Sidney Scheepers (41), Cecilia Storbeck (23), Twane Wienand (31) en Rudolf Pretorius (23), is verlede Dinsdag op borgtog vrygelaat. Doyle, Scheepers, Storbeck en Wienand is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat, terwyl Pretorius se borgtog op R10 000 vasgestel is.

ʼn Sewende verdagte is glo nog op vrye voet.

Barnard is na bewering op 3 Maart in The Boule Vard-restaurant en -kroeg in Fochville aangerand en vroeg die volgende oggend by haar ma se huis afgelaai, waar paramedici haar later dood verklaar het.

AO Kitty Fourie het vroeër in die hof getuig dat Barnard trauma aan haar nek en ruggraat gehad het. Sy het nie verder op die uitslag van die nadoodse ondersoek uitgebrei nie.

Die beskuldigdes sal almal weer op 31 Mei in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Misky ·

Ek hoop van harte die waarheid rakende die arme vrou se laaste paar minute word bekend. Hoe kan een vrou haar teen sewe ander verdedig? Absoluut skokkend!!!

Hennie Biebouw ·

Presies. En dis een vrou, wat volgens vorige berigte na bewering ook erg onder die invloed van drank was, dws meer kewesbaar. En sewe mense rand haar na bewering aan? As dit waar is, kan mens net hoop die sewe lafaards kry wat hul toekom.

Lillian ·

skokkend! Rand ‘n vrou so aan dat sy sterf? Julle useless oxygen thieves! mag julle vir die res van jul lewens agter tralies sit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.