Sesjarige brand erg met warm water

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sesjarige seuntjie van die Vrystaat het Sondag ernstige brandwonde opgedoen nadat hy glo in ʼn bad vol warm water gespring het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Manyakeng in Wesselsbron plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel was sy ma besig om hom te versorg,” het Meiring gesê.

Die seuntjie is ondersoek en vir ernstige brandwonde aan sy bene en arms behandel.

Hy is met ʼn ambulans na Mediclinic Welkom vir noodbehandeling geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

BoereBikerBaby ·

Weet jy!!!!! Die ouers van vandag is ook nie meer so ge”worried” oor die kinders nie. Gewoonlik toets mens eers die water voor jy jou kind laat bad. Die berig is maar half-hartig gedoen want mens weet nie wats die ouderdom vd kind eers nie.

Asjas ·

Ek gaan ‘n wilde raaiskoot vat en se 6 … soos in die opskrif ;-)

Seookmanet ·

Bwaaaahahahahahahaaaaa ek dink ook so 6…soos in die opskrif!!!! LMGA

AmY ·

Dis waarom ek altyd eers die koue water in die bad tap en dan die warm water. Kinders kan lawwe dinge aanvang. As hulle dan in die bad spring as die water nog nie reg is nie, word hulle ” verras ” met koue water. Hulle gaan dalk huil en kla, maar dis beter as om verbrand te word met warm water.

Rooiman ·

Op n ligter noot: “Verras” is beter as “Veras”. ;-)

Illa ·

Ag wat, kruisig my maar tog soos ek seker is sekere lesers sal doen. My vraag is net: wat weet ons van die ma se omstandighede? Na aanleiding van die naam van die area waar die insident plaasgevind het lei ek af dis ‘n nedersetting. Moontlik het hierdie huis nie “water on tap” nie. Die ma / kind moet moontlik ‘n aansienlike afstand aflê om water te bekom en dan die water op ‘n vuur / stoof kook. Wie weet, moontlik om moeite / tyd te spaar het sy die warm water solank in die bad gegooi om af te koel.
Bogenoemde is slegs ‘n aanname gebasseer op een woord in die artikel, die pleknaam! Sien, met een woord kan ek ook die prentjie inkleur na gelang van my gesindheid. Wat sê jou aannames van jou gesindheid teenoor jou medemens – ‘n vreemdeling waarvan jy NIKS weet nie?
Ek is ‘n ma van ‘n sesjarige seuntjie en my kop kan nie altyd dink aan die verspotte / gevaarlike goed wat hy op die ingewing van die oomblik aanvang nie. Ek probeer, glo my ek probeer, maar hy is geneig om my net een voor te wees. Ek wonder partykeer hoe ek hom heel gaan grootkry en om daardie rede bly ek op my knieë. Net genade, dis wat hom veilig hou.
My gevoel is om eerder vir die kind en ouers te bid en die Here te dank vir die bewaring wat my kinders daagliks ontvang.

Martin ·

Ons almal se kinders was ses. Of jy in die Kaap of die Vrystaat bly, wit of swart is jy moet besef jy is verantwoordelik vir daai kind. Om te bid en dankbaar te wees is wonderlik , maar dit is nie genoeg nie.

Illa ·

Ja, Martin – dis al wat ek doen. En as ek bang is, dan druk ek my kop in ‘n gat in die grond en hoop die nare goed verdwyn.

Marlene ·

Ongelukke gebeur. Ek het my kind geleer om nooit net haar hand op ‘n plaat teen ‘n ketel in ‘n bak skottelgoed water/ bad te druk nie. Beskou dit altyd as kokend! Mens tap soms kookwater in iets om te “soak”. ‘n Warm kraan (bad) wat toe is kan net so brand as die water self.
Te laat vir verwyte. Probeer tegnieke implementeer om sulke ongelukke te vermy/verhoed in die toekoms.
Sterkte aan die kindjie (6) en ouers!

Se maar net ·

….Ek glo nie mense moet aantuigings maak nie….eks seker ander mense met 6jariges sal kan bevestig dat hierdie klein mensies besig is. Dalk het die kind ongesiens in die bad gespring voor die ma nog koue water kon intap…

nig ·

…daarom tap mens ALTYD eers koue water in en hou toesig toesig toesig toesig

Hettie ·

Moet nooit eers warm water tap nie en eers koue water dan warm water! Baie belangrik as klein kinders nog daar is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.