Sesjarige doodgery

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Sesjarige seun is Dinsdagmiddag in Johannesburg doodgery.

Chitra Bodasing, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het naby die kruising van Beyers Nauderylaan en Peterweg in Randburg plaasgevind. “Na wat verneem word wou die seun die pad oorsteek, toe ʼn motor hom getref het,” het Bodasing gesê.

Die seun was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Pogings om hom te stabiliseer was onsuksesvol. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Estelle ·

Wat soek ‘n 6 jarige alleen by die besige kruising? Dink hoe moet die drywer voel wat die kind doodgery het!

Hein ·

Ek ry daagliks verby hierdie kruising, en behalwe vir die feit dat die verkeersligte vanaf middel Desember verlede jaar dood was en maar ‘n dag of twee gelede herstel is, maak die minibus taxis soos hulle wil op daardie pad; op ‘n goeie dag is ‘n mens dankbaar dat jy in een stuk daar deur kon kom. Om nog tussen al daardie chaos te moet oppas vir kinders wat oor die pad hardloop is regtig baie gevra!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.