Sesjarige in Centurion raakgery

ambulans

Argieffoto

ʼn Sesjarige seun veg vir sy lewe in die hospitaal nadat ʼn motor hom Dinsdagaand op die R55-pad naby die N14-snelweg in Olievenhoutbosch getref het.

“Die seun het in die pad gelê toe paramedici en ander nooddienste by die toneel opgedaag het,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê. Hy het ernstige beserings opgedoen.

Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling.

Meer inligting oor die ongeluk en die kind is nie in hierdie stadium bekend nie. Dit is ook nie bekend of hy alleen was toe hy raakgery is nie.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.