Sesjarige in sel aangehou oor ‘onskuldige fout’

Die aanhoudingsel in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein waar Jemma en 'n vriendin van die Dippenaar-egpaar aangehou is. Foto: Verskaf

Die aanhoudingsel in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein waar Jemma en ‘n vriendin van die Dippenaar-egpaar aangehou is. Foto: Verskaf

Die familie van die voormalige Protea-krieketspeler Boeta Dippenaar is hewig ontsteld nadat sy sesjarige dogter vir 40 minute in ʼn winkelsentrum se aanhoudingsel toegesluit is weens ʼn “onskuldige fout”.

Lynn Louw, ʼn familielid, het aan Maroela Media gesê dat Boeta en Charleen se dogter, Jemma, Woensdag saam met ʼn vriendin van die Dippenaar-egpaar gaan inkopies doen het by die Loch Logan Waterfront in Bloemfontein toe die voorval plaasgevind het.

Volgens Louw was hulle in Ackermans toe Jemma ʼn warm top wat sy aangehad het, wou uittrek. “Daar is sulke tafels in die winkel waarop die klere lê en hulle het daar na ʼn kledingstuk gekyk. Jemma het die warm top uitgetrek en bo-op hierdie tafel neergesit. Toe die vriendin die top optel, het sy per ongeluk en onwetend een van die hempies wat op die tafel was daarmee saam en in Jemma se rugsak gesit,” het Louw gesê.

Hulle het direk daarna besluit om te gaan en toe hulle by die deur uitstap, het die winkel se alarms afgegaan. “Die vriendin en Jemma is saam met sekuriteitspersoneel na die winkelsentrum se sekuriteitskantoor geneem en sy het daar vir die bestuurder van Ackermans verduidelik wat gebeur het. Die bestuurder het heeltemal begrip gehad vir die situasie en het ook gesê dit was net ʼn onskuldige fout en hulle verseker dat Ackermans nie ʼn strafregtelike klag gaan lê nie,” het Louw gesê.

Die Ackermans-bestuurder is daarna terug na die winkel om haar streeksbestuurder in kennis te stel van wat gebeur het. Die vriendin het saam met Jemma en die sekuriteitspersoneel in die kantoor agtergebly terwyl hulle gewag het vir die Ackermans-bestuurder om terug te keer.

“Op hierdie oomblik het die sekuriteitsmaatskappy se toesighouer vir die vriendin en Jemma gesê om in die aanhoudingsel in te gaan, want hulle word nou toegesluit. Hy was heeltyd net ongelooflik arrogant en intimiderend teenoor haar,” het Louw gesê.

Een van die tafels in die Ackermans-winkel waarop klere gepak word. Foto: Verskaf

Een van die tafels in die Ackermans-winkel waarop klere gepak word. Foto: Verskaf

“Die vriendin het probeer verduidelik en gevra hoekom moet hulle nou toegesluit word as dit net ʼn onskuldige fout was, maar hy het net gesê hy wil nie na haar stories luister nie, want sy het gesteel. Hy het ʼn foto van haar geneem en gesê sy sal uit die winkelsentrum verban word en dat hy klaar die polisie gebel het om haar in hegtenis te kom neem. Hy het ook geweier dat sy ʼn telefoonoproep maak.”

Volgens Louw was Jemma vreesbevange om in die sel toegesluit te word en het sy die sekuriteitsbeampte gesmeek om hulle toe te laat om huis toe te gaan. Die beampte het glo net aan haar gesê die polisie sal haar huis toe vat nadat hulle die vriendin in hegtenis geneem het. Die vriendin kon daarin slaag om skelm ʼn SMS aan die Dippenaar-familie te stuur om hulle in kennis te stel van wat besig is om te gebeur.

Louw het kort daarna saam met Charleen by die sentrum opgedaag, toevallig op dieselfde oomblik wat die polisie ook daar opgedaag het. Minute later het die Ackermans-bestuurder teruggekeer en het sy dadelik gevra hoekom Jemma en die vriendin toegesluit is. Sy het ook aan die polisie die situasie verduidelik en gesê dat die winkel nie ʼn klag wil lê nie.

“Die polisiebeamptes was baie vriendelik en een van hulle het met Jemma gepraat en haar gekalmeer deur vir haar te verduidelik dat sy nie in die moeilikheid is nie en dat sy niks verkeerd gedoen het nie. Hulle is daarna toegelaat om te gaan.”

Louw het gesê dat hulle met een van winkelsentrum se bestuurders oor die onsmaaklike voorval gepraat het en gesê het hulle eis dat daar stappe gedoen word. “Die grootste kwessie vir die familie is die trauma wat Jemma en die vriendin deur is. Hulle albei ontvang nou traumaberading ná die voorval. Dit was vir hulle baie ontstellend,” het sy gesê.

“Ons het net gevoel ons moet iets sê aangesien ons gehoor het dat daar voorheen ʼn soortgelyke voorval was waar veiligheidsbeamptes by die sentrum ʼn groep gr. 9-seuns ook in die aanhoudingsel toegesluit het omdat hulle glo rumoerig was.”

Sy sê hoewel die familie sedertdien niks van die winkelsentrum gehoor het nie, het die uitvoerende hoof van die veiligheidsmaatskappy Donderdagaand vir Boeta gebel en om verskoning gevra. Hy het onderneem om die saak verder te ondersoek.

Maroela Media het die Loch Logan-sentrum om kommentaar genader en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Columbiana ·

Is julle seker die berif is reg? ‘ Sesjarige alleen saam vriendin in winelsentrum sonder enige volwasse toesig?
Be that as it may. As dit is hoe Ackermans se sekuriteits mense kinders behandel moet ons miskiem heroorweeg of ons hulle nog wil ondersteun. Dus Ackermans ae demand: raak onstlae van die maatksappy of ons koop noe meer by julle nie. Dis mos hoe dit werk in SA

abcd ·

Lees net mooi:
“Jemma, saam met n vriendin van die Dippenaar-egpaar…”
maw die 6-jarige dogtertjie is met ‘n volwasse persoon, ‘n vriendin van haar ouers, winkel toe

Al Piercey ·

Ek glo dit is onwettig om iemand in n “aanhoudings sel” toe te sluit, sover my kennis strek mag net die Polisie iemand toesluit.

Linette ·

Daar is ‘n slang in die gras!! By daardie seldfde Sentrum is ‘n potjie eye shadow in my vriendin se handsak gegooi en toe ons by die deur uitstap gaan clicks se scanner by die deur mal. Sy was soos ‘n krimineel behandel. Toegesluit daar binne in daardie hok en polisie stasie toe geneem vir aanhouding. Sy was di vorige dag vir ‘n operasie aan haar hand en ons het medikasie gaan afhaal vir haar by die apteek. Sy moes ‘n prokureur ten duurste betaal om haar te verdedig en hulle was so onbeskof met ons gewees. Hoe meer ons vra om cctv kamera beeld te sien oor hoe die grimering in haar sak gekom het, hoe mislukker het hul geword. Ek dra glad nie meer my handsak in winkels nie, want ek is bang iemand gooi ook iets in my sak en ek word toegesluit. Wees versigtig

Anna-marie ·

Dit is ‘n KIND VAN SES JAAR!! Wat makeer die mense??? Dit is so ‘n onskuldige foutjie en al was dit ‘n kind wat dit werklik waar ‘gesteel’ het, DIT BLY ‘N KIND VAN 6 JAAR!!! Probeer eers uitvind wat die waarheid is voordat jy die trauma op ‘n kind sit. Asb mense ons land is siek. Suid-Afrika reik uit na God, kry God terug in julle lewens, die skole, julle huise oral, dan sal die tipe dinge nie gebeur nie, behandel mense soos wat jy behandel wil word – MET RESPEK!!

Sumari ·

Ag julle maatjies steel links en regs, maar o nee hulle sal niks oorkom nie. Dit was ń onskuldige fout en jou arrogante houding gaan jou nie ver bring nie. Worry oor jou maatjies wat als steel.

Antonette ·

Dit is inderdaad ñ baie onsmaaklike voorval en ek wat ook ñ ouer is kan my net indink die skok waardeur die betrokke ouers is en ook die verskriklike trauma waardeer die 2 meisies moes gaan.

Ek hoop die ouers neem stappe teen die skuldige, sodat dit as voorbeeld kan dien vir ander wat dieselfde werk doen, om nie so vinnig te oordeel en op te tree nie.

Sterkte aan julle!

Rina Coetzee ·

Sy was saam met volwasse toesig, ‘n vriendin van die Dippenaars.

Lou ·

Waar kry hulle die reg om mense in selle aan te hou? Om nie eers te praat van n kind nie!

Marisa ·

Moenie jou kind onder jou oë laat uitgaan nie – nie eers saam met jou beste vriend/vriendin nie.

Anoniem ·

Dit is nou die mees ongevoelige insident waarvan ek nog gelees het. Om darem ‘n 6 jarige kind toe te sluit. Verregaande.

Yvonne Kirstein ·

Hoekom net die kind se naam ? Wat van die volwasse vrou se naam ? Nee regtig !!!

Sonja Hall ·

Dit is baie ernstig maar wat verwag mens van die sekuriteit hulle het geen oordeel. Kry asb berading vir die kind.

Rinda ·

Dit maak nie saak of sy saam met volwasse persoon was nie, ek dink enige so iets is vir
‘n mens, ‘n traumatiese ondervinding as jy nie skuldig is nie. Soos hulle verduidelik het is dit ‘n onskuldige fout en nie beplande misdaad nie.

Maar ja, die meeste het geen gevoel of simpatie vir so iets wat met ander gebeur nie, maar as dit met hulself of hul eie mense gebeur word verwag dat daar baie simpatie ens. moet wees.
Sterkte aan almal wat deur dit moes gaan,

Fran ·

Nou die dag het ‘n ou tannie net so verontwaardig opgetree in Clicks toe sy gevang is met lekkergoed wat sy per ongeluk in haar handsak, onder ‘n plastieksak, ingedruk het. Probeer sy my sowaar betrek om haar te help verdedig terwyl sy die winkel dreig omdat sy uitgevang is.
Nee wat, julle is op julle eie. Moenie goed in jou sak druk waarvoor jy nie betaal het nie en dan kastig verontwaardig is as daar gevolge is nie.

Jan ·

Fran, ek hoor jou. Maar daar is gevalle en gevalle. Ek het simpatie met winkels wat miljoene aan diefstal verloor. Maar somtyds moet die sekuriteitsmaatskappye hulle perde inhou. Hier is dit duidelik dat winkelbestuur nie klagtes wou lê nie, maar die sekuriteitsmaatskappy het eenvoudig voortgegaan om hulle op te sluit. Dit is verkeerd. PS: ek het ook nie simpatie met regte winkeldiewe nie.

Adoons ·

Feit bly: dit was diefstal. Maklik om na die tyd dit af te maak as ‘n ongelukkie. As dit my winkel was, het ek hulle ook toegesluit. Wat maak mens nou met die kind as die volwasse toesighouer die verdagte is? Jy kan mos nie die kind net alleen in die winkelsentrum laat losloop nie? Die Dippenaars het duidelik geleer aanval is die beste manier van verdediging.

Jan ·

Adoons, jy is verkeerd. Geen staatsaanklaer gaan hier diefstal bo redelike twyfel bewys nie. Selfs as ‘n beheeraanklaer besluit om te vervolg. Selfs winkelbestuur wou nie klagtes lê nie en glo my – hulle ontwikkel ‘n radar vir leuenaars.

Jones ·

Dis maar seker dan daai radar wat ingeskop het toe die diewe opgesluit en skrikgemaak was.

Columbiana ·

Adoons as jy ‘n winkel het gee asb die details vir ons. Wil seker maak ek vermy jou instansie ten alle koste

Tess ·

Stem saam met jou adoons. Kinders van vandag is nie meer kinders van 20jaar terug nie… daar al klomp videos uitgekom hoe kinders van 6 en jonger telefone en handsakke steel by eet plekke.. hoe hulle by dagsorg die babas slaan.. nee wat, hulle gebruik die kinders om goed te steel want dan kan hulle dit af gee as n ongelukkie as hulle gevang word… as hulle op skool, tasse, truie en skool benodighede van maaitjies steel kan hulle n hemp ook steel.. dat jy nie agter kom dat jy n ekstra klere stuk in n rugsak druk, verstom my n bietjie

Rick ·

Almal wat so te kere gaan of dat dit diefstal was, dis now die punt nie. Die person in beheer, die bestuurder, was tevrede met die verduideliking. Die sekuriteitsmaatskappy het geen reg gehad on hulle toe te sluit nie! Daar is te veel mense in posisies wat optree na hul eie denke en nie die wetlike implikasies ken nie.

L3 ·

Ek is self deur die Waterfront se sekuriteit toegesluit. Ek moes dokumente teken wat nie ingevul is nie. Ek het presies gedoen soos wat ek aangese is deur die sekuriteits maatskappy se teenwoordiger. Ek het dit juis geteken en afgeneem as bewyse hoe daar opgetree word. Niks was weggesteek nie dit was n hanssak oop en bloot.Ek wil graag sien wat is agterna ingevul op die dokument en wag ook steeds vir video opname. Die saak jaag baie geld uit my sak aan prokureurs kostes. My saak vir 3 se keer uitgestel die week. Kostes hoop op ? Sal mag wag en sien ……

Verontwaardig ·

Fran en Adoons, ek weet nie of julle bloot reaksie probeer uitlok nie; julle speel advokaat vir die duiwel. Hoop vir julle part julle beland nie eendag in ‘n soortgelyke situasie nie-dan sal julle die eerstes wees wat om genade smeek. Ons is in ‘n groot mate uitgelewer aan ‘n klomp kriminele wat gewoon eerlike mense soos skelms wil uitbeeld.

Sarel Strydom ·

Mense wat kommentaar lewer moet feite reg kry. Dit was nie Ackermans se sekuriteit nie maar die sentrum se sekuriteit.. Hierdie man is in beheer van die sekuriteit. Geen man, wie hy ookal is behandel ‘n ses jarige kind op die manier nie, dit grens aan kindermishandeling en ek sal eis dat stappe teen die person geneem word. Dit is ongehoord. Ek was voorgekeer deur ‘n Sentrum se Sekuriteit omdat hulle skandeerder verkeerd was. Maar die bohaai wat gemaak was, het almal gedink jy het gesteel.

Piet ·

Heng Adoons, gn wonder jou naam is Adoons nie. Mens kan nie ‘n 6 jarige kind in n sel toesluit nie. Waar is jou menslikheid?

Geirriteerd-met-perfekte-mense ·

Ek lees die kommentare hierbo en kan net kop skud… Ja, hier is baie misdaad in ons land en mense vat kanse. Maar sommige mense het egter ook ‘n tekort aan menslikheid en omsigtigheid. Op my beste dae is ek steeds lekker verstrooid. Ander dag loop ek in Edgars, haal klere uit om aan te pas en sit dit in die trollie hier voor waar die kinders gewoonlik sit. Onder andere vat ek ook spaghetti toppies en sit hul voor in die trollie, aangesien ek dit gereeld koop en dus nie nodig het om aan te pas nie. Nadat ek die ander klere uitgehaal en gaan aanpas het, loop ek toonbank toe om te betaal en in gedagte vat ek slegs die items wat ek aangepas het. By Edgars uit sonder enige alarms of sekuriteitsbeamptes wat hoo-hah. Eers toe ek by ‘n volgende winkel inloop en die sekuriteits-dame daar die klere in ‘n sakkie wil sit om toe te knoop, besef ek my groot fout! Dadelik terug Edgars toe om eers die klere te betaal. Punt van die storie: Ongelukke en insidente gebeur. Hou op net die slegste van ander glo!!

Lang vingers ·

Maak hulle nou voorbrand vir ‘n skadevergoeding eis? Nie baie sterk waardes waarmee die kind grootgemaak word nie. Of wat praat ek.

Nadine ·

Regtig!!! Waar kom die arme dogtertjie se waardes ter sprake? Jy is n buffel! En het heel duidelik nie kinders nie, as jy het hoop ek JOU waardes is van so aard dat mens geen fout kan vind nie!

danie ·

Alles klink reg, behalwe die toesluit deel, en veral n 6 jarige. Hulle kon die mense in n kantoor aangehou het tot en met die poliesie kom.

Johan Burger ·

Gelukkig het die polisie darem knap en professioneel opgetree.

anita ·

Ek glo dit kon ‘n ongeluk gewees het. Vat asb die kind vir berading / sielkundige behandeling, nou, voor dit te laat is. Dit kan erge probleme veroorsaak.

Stefan ·

Stem saam, wie gee sekuriteit reg om enige iemand toe te sluit ? Wat nog van dreig. Drastiese optrede, maar gewapende rowers loop rustig uit sentrum, publiek word beroof maar sekuriteit sien niks ?????. Dan weier arrogante sekuriteits hoof ook nog om Cctv video dekking van roof aan Polisie te oorhandig. So die optrede van sekuriteits beamptes kom van voorbeeld van bestuur

Jasper ·

As ek as kind moes toegesluit word vir ‘n diefstal insident, of ek nou skuldig was of nie, sou my pa sowaar gesorg het dat ek trauma opdoen met sy belt, net om seker te maak dit gebeur nie weer nie. Ek het oraait uitgedraai, my kinders ook. Goed die kind weet waar sy gaan opeindig as sy steel.

LeesWeer ·

Hier is gans te veel wat kommentaar lewer en dan blyk dit dat hul nie die artikel behoorlik gelees het en/of ook lei aan geheueverlies. Ag nee mense! En pasop tog vir die wat so effe ‘jaloers’ klink (omdat dit ‘n bekende se dogter is?!) en so gou veroordeel: het dit nog nooit met jou gebeur nie?! Wees dankbaar en hoop hard jy kom nooit so iets oor nie…dan gaan jy seker ewe gerieflik van jou reaksie hier vergeet.

Nadine ·

Oopsie…jy het dalk verkeerd gelees, die vriendin het die top opgetel en in die sak gesit, NIE DIE KIND NIE!

Kleptomaan ·

Hy ry op die rug van sy bekendheid man. Ek sou eerder skaam kry en dit stil hou.

Karolis ·

O die melodrama. My pa sou my gatbvelle aftrek as ek sulke skandes oor sy huis gebring het.

Johanna Botha ·

Tog einaardig hoe dat die sekuriteit so intemedeerend is dit terwyl hulle self in baie gevalle met die diewe konkel en kop in een mus is ….die ou bq mag wat hulle dan oor jou het wil hulle uitvoer

snoefie ·

vreeslik gerieflik dat die bestuurderes uit haar kantoor wat verseker met n telefokn toegerus is, moet loop om te bel en in die tyd tree die sekuriteit teen die fouteerders op. bolle! dit was op haar opdrag. ek was een dag by Ackerman’s in die Riverside ms in nelspruit. swart mamma met drie kinders staan agter my. hulle staan en eet een sjokolade na die ander. gooi die papiere in fie trollie. toe merk ek op dat daardie pare ou kindersandale in die trollie was. kinders dra almal nuwe sandale. toe ek betaal kom die mamma by die kassiere langs my betaal. ek het getalm om te sien how sy vir die lekker goed gaan betaal. syhet nie. ook nie vir die sandale nie. dit was beslis nuwe Ackerman’s se sandale aan hulle voete. ek het in die uitgaan dit aan die sekuriteitswagte genoem. dit was n gevalle van tokkol tokkol mhy voel …….

Shoplifter ·

Dis ‘n nuwe een! Trek jou klere uit in die winkel en druk ‘n ander top saam dit in ‘n toksak! Gaan dit more probeer en laat hulle my net trauma gee!

Chris ·

Ek is nou nie jaloers op die ou nie, weet nie eers wie hy is nie, maar ek werk vir ‘n groot kettingwinkel en ons het baie las van vabonder wat loop en steel en dan weghardloop, miskien het die diewe verwaarloos en soos niksnutte gelyk, dan sluit ons hulle maar toe voor hulle weghardloop en tot die polisie kom. Ons ly baie skade deur winkeldiefstal en is nie aspris onredelik of kindermishandelaars nie . Dankie, chris Ehlers

pall mall ·

hulle doen hulle werk dis al.jy word nie pollsmoor selle toe gestuur.net n aan hou hok lol. en glo my baie mense gebruik kinders om diefstal te pleeg. ek het dit al self beleef. so asb sy het nie gang tattoos gekry of n orange outfit.

Joey Pieterse ·

Daar was ‘n rower langs Hom gekruisig, so laat diegene wat sonder sonde is die eerste klip gooi.

Nico ·

Alles is teen die blanke gemik. Dit was gedoen om die blanke te verkleineer!

Moemfie ·

Nou moes hulle die oortreeders laat gaan met die buit om te bewys dat hulle nie rassiste is nie? Die mense doen maar net hul werk en diskrimineer nie op grond van ras nie. Jy kan nie onheil skree omdat jy vir ‘n oortreding gevang is nie. As hulle die goedere nie gevat het nie was dit ‘n ander saak.

Leonore ·

Ons dorp se dokter se dogtertjie van 7 het ook so geloop en swiets steel by al wat winkel is. Hy het ook geloop en raas en blaas todat hy maar hand in eie boesem moes steek. Allerhande gedragsprobleme het begin kop uitsteek by haar. Die winkels het al sy persoonlike selfoon nommer gehad om hom maar te bel as juffertjie met haar sak tussen die rakke sluip, want hy het ook almal beskuldig en verskree want hy was tog so belangrik en die skreiende skande dat die gepeupel sy onskuldige bloeitjie van diefstal beskuldig.

Sekerheidsbeampte ·

Meneer wat moet ons met die minderjarige kinders doen van vermeende winkeldiewe? ‘n Kleuterskool met versorgers op die perseel inrig? Ongelukkig beland selfs babas in aanhoudingselle saam hul ouers of voogde. Ons doen niks sonder die bestuur se goedkeuring nie en as daar redelike twyfel is dat ‘n misdaad wel gepleeg is en die verdagte wil nie kontakbesonderhede of samewerking gee nie, of in die geval van gewoontemisdadigers, roep ons die SAP in. Dis standaard prosedure. Moet ek nou my werk verloor omdat ek my werk gedoen het? Ek sal beslis my werk verloor as ek almal met ‘n verskoning laat gaan. Weet u hoeveel stories moet ons daagliks hoor?

danie ·

Diskresie, is n goeie wapen in jou arsenaal. Om n minderjarige in n sel toe te sluit met of sonder ouers is glad nie aan nie. Jy kan tot en met duidelikheid oor die insident bereik is die persoon vra om in die kantoor te wag. Mens neem nie net aan almal is gewoonte misdadigers nie.

antji somers ·

Praat nou van di *ph* on die hoender uitruk. Julle kan nou ń ding heeltemal uit mekaar trek..
Mense.. lees julle goed asb hardop.. sodat julle kan hoor hoe simpel dit klink..
*ook ni almal ni*… meeste van julle.

Bart ·

Ja ou Ossie Pistoors was ook onskuldig. Ons word geVIKTIMISEER. If all else fails pluk die raskaart uit. Nou waar het ons dit al gesien..

Felicity ·

My tannie het my ook altyd saam gevat as sy gaan “inkopies” doen sonder geld of met donasielyste vir “liefdadigheid” (drank en sigarette) gebedel het. Mense het meer simpatie as daar ‘n grootoog kaalvoet kind by is, bedrieers maak staat op jou jammerhartigheid. Arme kind. Ek weet hoe sy voel.

Securityteit ·

Hierie modus operandi noem ons die David Copperfield menouver. Hulle sit iets oor die item wat hulle wil laat verdwyn, soos ‘n kind se trui of ‘n sakdoek, conceal dit en abrakedabera *dis weg*. Maar al die tyd is die item in hulle mou of sak.

Rapes ·

Ek wonder wat sou die kommetaar sou gewees het indien dit ‘n onbekende of ‘n anderkleurige se kind was.

Marietjie Goosen ·

Onbekendes en anderkleuriges hardloop nie koerant toe met hul sopstorie nie. Vir wat maak hulle hulle so vinnig uit die voete toe die goed in die sak is? So baie fishy! .dis ‘n bleddie skande dat hulle voorgee dat hulle verontreg was, ‘n klap in die gesig van elkeen wat regtig geviktimiseer word oor hul velkleur!!

Val ·

Soms as mense in skok verkeer raak hulle moeilik en opstandig. Dis die veg of vlug impuls. Hulle raak aanvallend en dreigend maar dis die skok sien. Dan is die enigste plek vir hulle maar in die hok. Dis beter om kalm te bly en almal altyd met respek en menswaardigheid te behandel. Moenie dinge vir jouself nog meer vertroebel nie.

Gideon ·

Stenig my, maar ek dink dit was ‘n beplande diefstal wat skeef geloop het!! Ek glo die kind is onskuldig maar die vriendin nie!!
Ek het net verlede week video clip gesien van kind wat gebruik word om te steel, en twee vroue werk saam!!

Vetweet ·

Linette met die vriendin wat eyeshadow steel en dan beweer dat iemand dit in haar handsak “geplant” het: meng jou met die semels en die varke sal jou opvreet! Ligloop vir sulke soort vriendinne. As iemand kan steel en lieg kan hulle moor ook.

Margaret Breedt ·

Ek het as sekiriteit gewerk toe ek jonger was. As mense gevang word kom hulle naels uit. Hulle verneder jou omdat hulle neerkyk op jou. Hulle beskuldig jou valslik. Ek wil nie eers dink hoe erg dit vir ‘n anderkleurige sekuriteitbeampte moet wees nie. Die manier hoe sommige mense ander behandel, dink as jy nog swart is ook en hulle vang.

Helene ·

Dis vreeslik, nee nee nee kry beste advokaat. Asb gee ons n adres ons moet kapsie maak. Dis soos moord vir arme kindjie. Ek so geskok.

Gert ·

mense leer julle kinders om stiptellik en reg op te tree in winkel sentrums en versigtig te wees om nie in sulke moeilikheid te kom of sulke foute te maak nie . Want volgens wet was dit winkel diefstal . Julle kan bly wees die mense het julle te gemoed ge kom.

Ria ·

Ria
So n fout kan maklik gebeur, dit het my ook al oorgekom. Ek was by n bekend speelgoed winkel terwyl ek met n speelding in my hand gestaan het en op pad na die betaal punt was, het my selfoon gelui ek het die oproep beantwoord maar as gevolg van al die lawaai kon ek die persoon nie duidelik hoor praat nie, ek het net by die deur buite die winkel gaan staan en praat met speelding en al in die ander hand en nie besef ek is buite die winkel met n onbetaalde speelding nie. Toe ek klaar op die foon gepraat het , het ek besef ek het nognie betaal nie. Ek het omgedraai en terug gestap na die betaal punt en net groot verskoning aangebied en verduidelik wat gebeur het die dame agter die toonbank het gelag vir my dom fout en daar het niks van gekom nie. Geen bohaai geen alarms of niks. My opvoeding van eerlikheid was my kwitansie en daarom kon ons saam lag vir my dom fout.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.