Sesjarige ontvoer: Polisie wil nie sê oor losprys

Amy-Leigh (6) de Jager saam met haar pa, Wynand, ma Angeline en vyfjarige boetie. (Foto: Facebook)

Die Gautengse polisie wou vroeg Maandagmiddag nié bewerings bevestig dat ʼn losprys ná die verdwyning van Amy-Leigh de Jager (6) geëis is nie.

Kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, wou nié kommentaar oor die bewering lewer nie.

Luidens berigte het die ontvoerders Amy-Leigh se pa, Wynand, egter deur die loop van die oggend genader en ʼn losprys van R2 miljoen vir die dogtertjie se vrylating geëis.

Quentin Venter, ʼn familielid van Amy-Leigh, het aan Maroela Media bevestig dat die ontvoerders wél met Wynand kontak gemaak het. Daar was volgens hom sedertdien geen verdere verbinding tussen die familie en die ontvoerders nie.

Maroela Media het vroeër berig Amy-Leigh, ʼn graad R-leerder aan die Laerskool Kollegepark, is omstreeks 08:00 by die skool ontvoer. Vier mans het haar klaarblyklik by haar ma, Angeline, gegryp en in ʼn wit Toyota Fortuner met haar weggejaag. Hulle het glo haar vyfjarige boetie uit die pad gestamp om haar te gryp.

ʼn Grootskaalse soektog is na Amy-Leigh van stapel gestuur nadat die ontvoerders met haar weggejaag het. Duisende mense het reeds inligting oor haar verdwyning op sosiale media gedeel en verskeie organisasies is by die soektog na haar betrokke.

ʼn Stemnota, klaarblyklik afkomstig van ʼn lid van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, word intussen rondgestuur. Daarin sê ene AO Millis óók dat ʼn losprys van R2 miljoen geëis word. Hy vra in die stemnota dat vals inligting oor die ondersoek nie versprei word nie en sê die polisie is besig met die soektog na Amy-Leigh.

Die Laerskool Kollegepark het intussen aangekondig dat ʼn noodvergadering vanaand om 18:00 in die skoolsaal oor vanoggend se gebeure gehou gaan word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Nel ·

Praat van uit twee monde praat. Lyk my elke liewe saak wat op sosiale media bespreek word ontaard in chaos veroorsaak deur fop nuus.

Koos Roos ·

@Nel, ek stem saam met jou oor die chaos. Mens kry mense wat maar net verslaaf is daaraan om waarskuwings en soortgelyke berigte rond te stuur. Meeste van die tyd is die berig al 2 jaar oud, maar mense hou steeds aan om dit rond te stuur.
In bogenoemde geval, wil elke ou op Facebook tog net eerste iets post, van die nuutste vordering en dan het elke ou sy eie weergawe om te probeer slim klink. Dis maar net my opinie.

Annelize ·

Praat jy, Nel.

Ek het ook die stemnota gehoor van die ene AO Millis op ‘n Whatsapp groep waartoe ek behoort, en kort daarna plaas nog een of ander dik nek van een of ander Burgerlike organisasie, ‘n woedende stemnota waarin hy mense sommer summier aanse om hulle by hulle eie besigheid te bepaal. Ek het my bloediglik vir die man se ongeskiktheid vererg, maar dis ongelukkig so, hier is regtig te veel mense wat te veel te se het omrede hulle hulle verbeel hulle is iets en weet iets.

Ek hou by die info wat ek op “trustworthy” platforms kry, soos Maroela Media, Nuus 24 ens. Maar dis dalk ook tyd dat die Polisie en Ondersoekspanne uit een mond uit begin praat.

Nee wat ·

@Nel @Annelize, ek trust daai ‘stemnota’ so min. Ondersoekbeamptes wat hul sout werd is sal nie net links en regs stemnotas rond stuur nie.

Lee ·

Ek persoonlik dink mense kan Amy-Lee se foto orals heen share maar moenie kommentaar lewer nie. Hierdie helle wat haar gevat het kan ook lees op sosiale media wat aangaan en dit kan die hele ondersoek belemmer. Ek hoop en bid net sy word gou gekry en dat hulle niks aan haar gedoen het nie. Baie sterkte aan die ouersxx

NET EK ·

Nou verstaan ek dan nie – daar is berigte dat die dogter terug is by haar ouers??

Annelize ·

Nee, daar was verwarring tussen die meisietjie, en ‘n ouer meisie wat wel gevind is. Amy-Lee is steeds in die hande van ontvoerders. Ek hoop en bid hulle behandel haar met die nodige deernis en respek, en verniel nie die arme dingetjie nie.

Ursula ·

Altyd stertjies, die arme kind is seker so bang. Die ouers rasend. Liewe Vader hou die kind in U hande en bring haar veilig huis toe.

Pedro Breetzke ·

Dit moet vreeslik wees. Net soos die ouers in my gebede is bid ek ook vir haar boetie en grootouers.

Linda ·

R2 mil is baie. My vermoede is hulle hou dit stil want dit is n losprys. Liewe Vader, waar sy okal is, hou U hand van beskerming oor haar. Ek bid die bloed van Jesus Christus oor haar en oor haar ontvoerder/s om tot hul sinne te kom. Amen.

Irene ·

Haar pa se nr is saam haar foto geshare op facebook. die mense hou dit seker dop en het dalk so haar pa se nommer gekry

ZeldA ·

En wat as dit nie die ontvoerders is nie…wat as iemand n kans vat en n losprys vra….dis nie te sê dis die ontvoerders nie. My hart breek

Maria ·

Ek bid dat sy veilig sal wees en gou gevind sal word.Haar ouers,boetie en familie is in my gebede.Sterkte

Gesiggie ·

My bloed stuig… en voel of n aar gaan bars?? die skurke” die kind is klein en onskuldig?? wat moet sy nie als deurmaak, haar Mamma en Pappa is dood van warry.. het sy kos, is sy veilig… strenger veiligheid by skole ASB”” . Jesus bring asb die klein Amy-Leigh veilig terug na haar ouers en mag die ontvoerders gevang word nog voor hul daai geld kan kry. Ons Bid vir U genade Jesus en ons dank U, dat U hand van bewaring oor die dogterjie sal wees, wees haar genadig in Jesus Naam. Sterkte aan die ouers, mag daar baie gou goeie nuus wees. Bid en Glo en Vertrou…..

alicia ·

Sjoe die arme kind en ouers! Bid sy is veilig en word gou met haar ouers herenig.

magda ·

My hart gaan uit na die ouers en die liewe dogtertjie! Here bewaar haar en versterk die ouers – mense wat ander mense se kinders wegvat van hulle het GEEN gewete nie en hul sal brand in die hel!! GEEN mens het die reg daartoe nie; mag God GEEN genade betoon aan sulke vieslike gewetenlose mense nie. Hul kan nou agteroor sit en dalk lag, maar hul gaan verantwoording doen vir hul wraaksugtige dade……

wonder maar net ·

As mens dink hulle stamp die seuntjie uit die pad om by haar uit te kom… dogtertjies is gewoonlik pa se oog appel.. en hulle weet pa sal enigiets doen om sy dogtertjie te kry voor enige iets gebeur…!! Hoe verskriklik weerloos is ‘n 6 jarige dogterjie nie… !! Mag die liewe Vader haar asb net veilig hou!!

zeno ·

Bid dat die dogtertjie veilig met haar gesin herenig sal word. Liewe tyd wat se angs moet deur die kleine mensie gaan. So klein en onskuldig.

Madelaine Beauzec ·

Jammerte Piet Beyleveld is nie meer met ons , maar Mike Bolhuis sal ook die job kan doen.
Sterkte aan die familie
Ons gebede met daai klein weerlose dogtertjie

hercu ·

Piet Beyleveld, jy laat my lag!!

groete (veteraan moord & roof)

Joyce De Beer ·

Die 6 jarige kind wat ontvoer is hoop ek word baie gou aan haar ouers terugbesorg. My hart gaan uit na die arme kind en ek bid die Here se bloed oor haar en ‘n laer van vuur van die Heilige Gees om haar. Sy kalm sal bly. Selfs dat sy dalk kan wegkom en.iemand anders haar ook kan herken. Hulle intussen mooi na haar sal kyk ook. Haar ontvoerders sal besef wat hulle doen verkeerd is.

Catherine ·

Feel for little girl and family. May she be returned safe and sound very soon

GM ·

Die kleur van die SUV sal genoem word, maar nie die kleur van die boggers wat haar ontvoer het nie. Dit help tog om te weet watter SUV’s om oor te sien, en watter om meer intens te bekyk. (Alhoewel daar seker al lankal van die motor ontslae geraak is). Gelukkig gee News24 daai inligting deur.

Mag sy veilig teruggevind word!

Anna ·

Hoekom Geen beskeywings van mans in fortuner? Was hul wit was hul swart geen beskrywings word gegee nie hulle is nog los op straat en gaan dit net weer doen. Polisie en sielkundiges Moët so gou moontlik beskrywings uit Amy kry soda t dit vars is.

Martina ·

Baie eienaardig dat hulle juis die kind gryp! I daar nie meer aan die storie nie?
Ek dink sommer aan die Henning vroutjie wat by die skool geskiet was so n paar jaar gelede!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.