Sesjarige op N12 doodgery

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

’n Sesjarige dogtertjie het noodlottige beserings opgedoen toe sy Maandagmiddag deur ’n motor op die N12-hoofweg naby Potchefstroom in Noordwes getref is.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê paramedici het die dogtertjie net voor 14:30 met hul aankoms op die toneel in die linkerbaan van die hoofweg aangetref. Die kind het geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die motor het geen beserings in die voorval opgedoen nie, maar was sigbaar geskok.

Die motoris is na ’n hospitaal vervoer vir behandeling.

Van Huyssteen sê die presiese omstandighede rakende die voorval is nie aan paramedici bekend nie. Die polisie was wel Maandag op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JM ·

Dit moes ‘n geweldige skok vir die motoris gewees het. Ek neem aan dat die kind voor die motor ingehardloop het en ‘n motoris kan nie onmiddellik stop nie. ‘n Sesjarige kind het nog nie die oordeelsvermoë om versigtig te wees nie.

Miskruier ·

Verlede maand is n seuntjie op die R 101 doodgery. Die kinders kruis die pad, speel aan die kant daarvan want skool is daar nie en die ouers kyk nie na hul kinders.

Misky ·

Ek is daagliks geskok as ek die klein kindertjies sien skool toe loop langs groot, nasionale paaie. Hoe kan ouers dit toelaat en ‘n ongeluk gebeur so vinnig?

Jakes ·

Dis tragies en wat n verlies om n onskuldige kind so te verloor. Die vraag moet gevra word of daar toesig was want n 6 jarige kannie spoed bereken nie.

Eureka ·

Dis bitterlik sleg, maar wat soek n 6 jarige aleen op die Hoofweg?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.