Sesjarige op pad skool toe ontvoer

Shanawaaz Asghar is Woensdagoggend ontvoer. (Foto: Missing Children SA)

Die polisie in Kaapstad het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat ʼn kind Woensdagoggend ontvoer is voordat hy na sy skool sou vertrek.

Die sesjarige seun, wat intussen as Shanawaaz Asghar geïdentifiseer is, is glo voor sy ouerhuis in Kensington deur ʼn groep verdagtes gegryp.

“Ses verdagtes het met die slagoffer op die vlug geslaan,” het die polisie gesê.

“Niemand is in hierdie stadium al in hegtenis geneem nie.”

Die polisie het bygevoeg dat die ondersoek op ʼn sensitiewe stadium is.

“Weens die aard van die ondersoek, sal daar nie voortydige inligting oor die voorval bekend gemaak word nie.”

Shanawaaz is vir die laaste keer in ʼn blou skoolsweetpak en swart skoene gesien.

Die motief vir die ontvoering is nog nie duidelik nie.

Die polisie het intussen enigiemand met inligting oor die ontvoering gevra om die Kensington-polisiestasie by 082 850 9618 te skakel.

Ontvoerings in die land het die afgelope tyd skerp gestyg, met meer as 3 300 gevalle wat in die eerste drie maande van die jaar aangemeld is. Dit is meer as dubbel die getal ontvoerings gedurende dieselfde tyd in 2021.

Bheki Cele, minister van polisie, het in Junie die toename in geweldmisdaad toegeskryf aan die land se voortslepende probleem met armoede, ongelykheid en werkloosheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

domheks ·

Sal seker ‘n losprys eis! Cele se manne kan niemand se veiligheid waarborg nie.

James ·

Cele moet ophou om verskoning te maak vir krimenele. Swaarkry het niks te doen met mense handel of ontvoering nie.

Jaco ·

Die arme kind sal terug besorg word aan sy ouers sodra geld hande verruil het en dan sal die gesin Dubai toe emigreer… En o ja geen verdere onderhoude aan die media toegestaan word nie…

KatjieDeKat ·

Ag so n lieflike ou seuntjie! Mag hy veilig gevind word! Hoe boos om onskuldige kinders by jou kriminele aktiwiteite te betrek.

Witbaard ·

Armoede, ongelykheid en werkloosheid Cele? Hoe maak jy daai som? Die probleem is jou slapgatgeid om misdaad te beheer.

Eden ·

Die Pakistanis het ‘n heel nuwe misdaad ingevoer na SA. Ons hoor seker net van ‘n gedeelte van die probleem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.