Sesjarige red boetie se lewe

Markus Vermaas. Foto: Verskaf

Markus Vermaas. Foto: Verskaf

ʼn Tweejarige kleuter van Centurion is in die waakeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal nadat hy byna in ʼn swembad by sy ouerhuis verdrink het.

Liza Vermaas, die ma van klein Markus, het Maandag aan Maroela Media vertel hoe haar sesjarige seuntjie, Stephan, waarskynlik Vrydag sy boetie se lewe gered het.

“Ek het net vir Stephan hoor skree en het uitgehardloop na die swembad toe. Toe ek daar kom, het hy reeds ingespring en vir Markus uit die water gehaal. Hy het met hom in sy arms gestaan en histeries gehuil. Hy het gesê, ‘Mamma, ek dink hy is dood’,” het Liza gesê.

Sy vertel dat die twee seuntjies ná 17:00 die middag saam met maatjies in die tuin gespeel het en dat sy gou in die huis ingegaan het, maar hulle steeds deur die venster dopgehou het. “Ons het pas die swembad by ons huis laat insit, maar hulle is nog besig om die dek rondom die swembad te installeer en daarom kon ons nog nie die seil bo-oor die swembad sit nie,” het sy gesê.

Sy vertel dat Stephan om die huis na die swembad toe gehardloop het om sy opblaashaai te gaan haal wat in die swembad was. “Toe ek hom terug om die draai sien kom met die haai, het ek vir hom gesê om dit terug in die swembad te gaan sit omdat dit sal skeur as hulle daarmee op die gras speel. Ek dink dit was in daardie tyd dat Markus die haai gesien het en toe besluit het om ook sy opblaasdolfyn in die swembad te gaan haal,” het Liza gesê.

Stephan het dadelik omgedraai om die haai weer in die swembad te gaan bêre en oomblikke later het Liza hom hoor skree.

Markus (voor) en Stephan Vermaas. Foto: Verskaf

Markus (voor) en Stephan Vermaas. Foto: Verskaf

“Ek het Markus uit Stephan se arms gegryp en hom vasgedruk. Hy was sommer so grys van kleur en sy lippe was potblou. Ek het gedink hy is dood. Ek was heeltemal histeries en het net begin bid. Skielik het daar so ’n rustigheid oor my gekom en ek het hom neergesit en begin ‘CPR’ toepas. Ek het dit nog nooit gedoen nie, maar het maar net probeer doen wat ek kan onthou van wat ek al op televisie gesien het.”

Kort daarna het Markus begin water opbring, sy oë oopgemaak en begin huil. “Ek het hom en Stephan dadelik in die motor gelaai en hospitaal toe gejaag,” het Liza gesê.

By die hospitaal het noodpersoneel Markus aan ʼn ventilator gekoppel, aangesien die suurstofvlakke in sy bloed baie laag was. Hy is later die aand per helikopter na die Netcare Garden City-hospitaal geneem waar hy in die waakeenheid opgeneem is.

“Dit gaan nou baie goed met Markus,” het Liza Maandagoggend gesê. “Hy haal op sy eie asem en word nie meer onder verdowing gehou nie. Hy is net vreeslik deurmekaar en probeer heeltyd die pype uittrek en huil as hy wakker is. Hy wil nou glad nie meer hier wees nie. Maar dit gaan baie goed met hom. Hy vra net heeltyd waar is sy boetie.”

Intussen is Stephan net so bekommerd oor sy kleinboet in die hospitaal en baie hartseer dat hy hom nie in die waakeenheid mag besoek nie, sê Liza. “Ons is so trots op hom dat hy so dapper was om in te spring en sy boetie te red. Hy het nou onlangs eers leer swem, so hy is regtig ʼn held.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

JK ·

Wonderlike Stephan jy is ‘n held. Sterkte aan die gesin en hoop boetie word gou gesond.

Ben (:-) ·

Mevrou, ek hoop regtig nie jy dink dis jou skuld nie….

Se maar net ·

Wat ‘n storie ! Het sommer hoendervleis … Al is dit baie sleg dat Boetie amper verdrink het, het hierdie wel ‘n goeie einde en kan Mamma en Pappa opreg trots wees op Stephen – voorwaar ‘n regte OuBoet in die vol sin van die woord

Piet Pompies ·

Dapper seun, ons het ‘n reel gehad met ons eie kinders en pas dit ook toe op ons klein kinders.
Leer ‘n kind swem en jy red ‘n lewe!

Riki ·

Bravo klein Stephen en ja, jy is voorwaar jou broeder se hoeder en held.

Tienie ·

Ek wil graag met julle deel wat ek vir my drie woelige knapies geleer het van swembaddens. Aangesien skoonma hulle ‘n swembad gehad het en met ‘n tweeling en ouboet wat net twee jaar verskil het kon my oë nie altyd op hulle wees nie. Daarom het ek hulle geleer jy mag net in die water gaan as daar ‘n groot mens by jou is. Anders moet jy wanneer jy naby ‘n swembad kom, dadelik op jou maag gaan lê en mag jy slegs die water nader trek (as daar iets ingeval het) tot die item by jou uitkom. Tot hulle kon swem was dit eintlik te oulik om te sien hulle leopard crawl na die die swembad om te voel hoe voel die water. Ek het net gedink hulle sou moeiliker kon inval as hulle op hul magies lê. Hulle kon almal swem voor hulle 5 jaar oud was.

Suretha Smit-Swarts ·

Dis nou oulik! Ek dink alle ouers moet hulle kindertjies leer om dit te doen.

Adelè van der Westhuizen ·

God het Stephan beskerm en hom gelei deur die reddings proses. Lisa jy het rede om trots te wees op jou seun. Mag Markus n spoedige suksesvolle herstel hê

Helesti ·

ń Ouboet én ń engel – wat ń pragtige klein 6-jarige

Gesiggie ·

So dankbaar vir ouboet wat betyds n plan kon maak, so jammer dat so iets met so n Prag kind moet gebeur… en dankie aan die Engel wat aan Mamma die krag gegee het, om die regte besluit te neem… Mag die klein boet gou herstel.. en gou weer rond baljaar… Sterkte

jeanine ·

Sjoe, ek kry sommer hoendervleis.. Ek was deur die sele my dogtertjie was 10maande oud, ek het voor in die tuin gewerk en soos n ma se voorgevoel toe gaan kyk ek waars sy want sy het gele en slaap, toe kry ek haar ook in die swembad ek haar uithaal en dadelik mond tot mond asemhaling gedoen sy het ook dood gelyk of was ek weet nie maar op daai staduim is mens op n ander aarde.. Ek nie n kar gehad nie my man het laat gewerk so ek haar gevat na sy begin huil het en gehardloop in die straat af en geskreeu my swartbure het my kom help.. Sy was ook in icu en dalk die Here die volgende dag was sy haar self weer en sy was net eendag nog in die hospitaal toe mag sy huis toe kom… Sterkte vrou jy gaan altyd met vrees rond loop.. Die Here is goed vir ons alle eer aan Hom!!

Rolene ·

Genade onbeskryflik groot!Pragtig en so dankbaar dat daardie ouboet dit kon doen!Ek het absoluut ‘n vrees vir klein kinders en water. My 3 het op verskillende ouderdomme, op verskillende plekke en tye op ‘n haar na verdrink, met gelukkig geen nagevolge nie, maar genade was groot.

Sarie ·

Twee pragtige seuntjies…. Dankie HERE; dit kon ‘n baie slegte einde gehad het. Ons het in Doringkloof gewoon. Het 3 seuns & ‘n dogter gehad. Sy’t ook eendag byna verdrink & die broer wat 3jr & 9mnde ouer as sy was, het haar lewe gered. Lànk daarna, het hulle eendag ‘n onder onsie gehad, & toe hoor ek hy sê vir haar; “Ek moes jou niè daai dag gered het nie….” Sy word later diè mnd 44, & ons het al ‘n paar keer.daaroor gespot… Hy woon die afgelope 10 jr in Australië & die oudste broer is al 20jr in Kanada. Die middelste broer woon in George; so dis net sý & haar 2 kinders wat redelik naby my woon. Èk is baie bly dat haar boeta haar destyds gered het, anders was èk op my oudag, stoksiel-alleen!!!

Landrie ·

Verseker ‘n hoendervleisstorie!
Baie dankie dat ons liewe Heer die kindjie se lewe gered het!

Sterkte vir jul pad vorentoe!

Bosbok ·

“Pa sie nuwe swembad laat insit…besig om dek te installeer en kon nog nie seol bo-oor swembad sit nie.” Ai. Ai, Dit is mos dan net eenvoudig n risiko! Tap dan nie water in die swembad in nie of sit n tydelike omheining om. Dit kon een van die maatjies gewees het wat byna verdrink het. Hoeveel artikels word nie weekliks geplaas oor kinders en verdrinkings nie en elke keer is dit maar dieselfe storie eintlik van ” het nie gedink dit sal met my gebeur nie”
En die trauma/skade wat die 6 jarige aangerig is, word nou ge-sugar coat deur dit n helde baadjie aan te trek. Hoe gaan hy dit verstaan as sy boetie wel breinskade het, al is dit gering?

Ouma ·

Bosbok, ek hoop jy is buite gevaar wat so iets aanbetref. Moet nooit ‘n klip optel as jy self ‘n venster het nie.
Ons was nie so gelukkig nie. Geen ouer mag ooit so iets beleef nie maar tog gebeur dit. Die pyn is onbeskryflik.

gwen bangert ·

Bosbok….. was jy al daar? Het jy al n kind verloor?…harde woorde aan goeie ouers wat hul lewe vir hul kinders sou gee…. dinge gebeur en soms is dit tragies en dan is daar oomblikke van genade. Ons prys die oomblikke van genade. Daai 6 jarige sal altyd trots wees op sy aksies! Ek het my eie broer gered en dit het my lewe verander! Jy moet eerder mooi dink voor jy so kommentaar skryf!

zel ·

Bosbok.As jy nog nooit in daardi sitsuasie was nie moenie oordeel nie want dalk kom dit jou oor…prys eerder die Here dat Hy Sy bloed oor daardie pragkind gehou het.sterkte mamma ongelukke gebeur so vinnig.dit was nie jou skuld gewees nie.ai dankie ouboet dat jy so n grootman is.

Dankbaar ·

Dank die Heer dat dit nie in ‘n tragedie geëindig het nie.

anoniem ·

ek weet hoe die mamma voel ek was presies dieselfde deur met my kind so paar maande terug. my kind was ook dood en met God se genade het hy haar aan ons terug gegee. profetiese woorde gekry dat my kind op Jesus se skoot was.

AvrilS ·

Die lof en die eer kom God toe. Boetie was net ‘n instrument in Sy hand.

Antoinette ·

Mensdom, kry ek sommer ñ knop in my keel. Dieselfde het met my broer se kind gebeur. Die kinders is so verduiwels vinnig. Voor jy jou oë uitvee is hulle in gevaar

Inge ·

Wat ‘n wonderlike storie! Ek is so bly dit het goed uitgedraai, Stephan moet ‘n helde trofee kry! Wel gedaan groot boet!

Sssssss ·

BOSBOK .amal se sukke mooi goed , baie bly hulle is veilig sterkte aan mamma en famielie!!!! En waar val jy uit ?dit kan met jou ook gebeur MNR 100% amal kan sulke dae kry soms is van ons ges paar want die here weet dalk jy sal dit nie kan hanteer nie .Geniet jou daggie . Sterkte bid vir hom en groot boeta als sal mooi loop .Baie baie braaf en verdien Al die hi 5 , s

Frans ·

Swembad is n nagmerie as jy kinders het water en kinders trek mekar al 2 dai pragtige seuns kon verdrink het God se hand was oor hule gewees ek sali n oog toemaak nou met dai swembad in die jaard nie

Jaco Grobler ·

Stephan jy is ‘n yster. Bosbok…..jy is nie. Het jy geweet daar is prosedures by swembad bou ? Marbalite kuur 2/3 weke onderwater, dit moet ook skoon gehou word en dit is belangrik om stof weg te hou sodra dit aangewend word, geen lopery in die bad nie, dit word aanbeveel om nie enige nette of seile oor te sit nie aangesien die bad dan nie reg skoongemaak/gehou word nie. Veselglas belynde baddens moet ook ‘n dag of twee na aanwending gevul word. Miskien was daar ook ‘n tydelike heining, maar ouboet of een van die maats het dit oopgelos…

TANIA ·

Jy moet vir DIE VADER BAIE DANKIE SE,die Engele is uitgestuur om jou kinders daardie dag te help – dit is wonderlik, ALLE EER EN LOF KOM GOD TOE,GOD het jou ouer seun gebruik om sy jonger boetie te red. DANKIE VADER dat U hierdie pragtige seun gered het! DANKIE,DANKIE,DANKIE LIEWE VADER!!!

broos ·

trots op jou boetatjie!! ‘n ongeluk kan so vinnig gebeur en dis nie mamma of enige iemand se skuld nie……dis doodeenvoudig net ‘n ongeluk gewees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.