Sesjarige red sussie, ouma

Captureʼn Sesjarige seun het Sondagmiddag waarskynlik die lewens van sy ouma en sussie gered.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die sesjarige seun het sy sussie en ouma uit die pad gestoot toe ʼn motor uitgeswaai en op die sypaadjie beland het in Stamfordstraat in Turffontein, Johannesburg.

Hy sê die motor het glo ʼn ander motor in aankomende verkeer probeer verbysteek voor hy uitgeswaai en op die sypaadjie beland het. Die seun en sy sussie is deur die motor getref maar het slegs kneusplekke opgedoen. Hulle is as ʼn voorsorgmaatreël na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.