ʼn Sesjarige seun het Sondagmiddag waarskynlik die lewens van sy ouma en sussie gered.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die sesjarige seun het sy sussie en ouma uit die pad gestoot toe ʼn motor uitgeswaai en op die sypaadjie beland het in Stamfordstraat in Turffontein, Johannesburg.
Hy sê die motor het glo ʼn ander motor in aankomende verkeer probeer verbysteek voor hy uitgeswaai en op die sypaadjie beland het. Die seun en sy sussie is deur die motor getref maar het slegs kneusplekke opgedoen. Hulle is as ʼn voorsorgmaatreël na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die voorval word ondersoek.