Sesjarige sterf dae ná dwaalkoeël haar tref

(Argieffoto: SAPD)

Jay-Linn Jantjies, ʼn sesjarige meisie van Port Elizabeth, het Vrydag gesterf, ʼn dag nadat die man wat glo die skoot gevuur het wat haar getref het, daarvoor in hegtenis geneem is.

Jay-Linn het laatmiddag op 23 September op die sypaadjie voor haar huis in Kobusweg gespeel, toe skote afgevuur is. ʼn Dwaalkoeël het haar in die kop getref.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het gesê die polisie het ʼn uitgebreide ondersoek in die omgewing gedoen, maar die persoon wat glo die skoot geskiet het, het hulle voortdurend ontwyk.

Donderdag het lede van die opsporingstaakspan en speurders hom in Deverill-weg opgemerk en agternagesit. Hy is ʼn ent verder in hegtenis geneem en aangehou op ʼn aanklag van poging tot moord, asook ander onverwante aanklagte.

Vrydagaand het klein Jay-Linn in ʼn hospitaal gesterf.

“Die verdagte sal nou in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord,” het Naidu gesê.

Genl.maj. André Swart het sy medelye met Jay-Linn se familie betuig en gesê hartelose misdadigers moet uit die samelewing verwyder word.

“Ons gaan nou saam met die vervolgingsgesag werk om ʼn suksesvolle vervolging te verseker,” het Swart gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

RooiSarie ·

ek bid vanoggend vir hierdie ouers en familie mag Jesus julle styf vashou in hierdie
hartseer tyd.

RIV kleinding, mag jy die justice ontvang wat jy verdien

Thelma ·

Hoe ongelooflik hartseer is hierdie nie, ‘n onskuldige kind doen wat ‘n kind doen, speel, dan word sy deel van statistieke en sterf. So jammer vir die familie. Rus in vrede klein meisie, jy het hierdie nie verdien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.