Sesjarige sterf ná N14-botsing wat ma eis

Karien Staines Foto: Facebook

Karien Staines Foto: Facebook

Die sesjarige meisie wat verlede week kritiek beseer is in die botsing op die N14 waarin haar ma dood is, is ook oorlede.

Kapt. Disebo Selepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat Luca Staines Dinsdag aan haar beserings beswyk het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê Luca was verlede week Woensdag saam met haar ouers en sewejarige broer in ʼn botsing betrokke. ʼn Motor het glo teen ʼn swaar goederevragmotor vasgery en daarna teen die Staines se motor en ʼn ander voertuig gebots. Karien Staines is op die toneel dood verklaar, terwyl haar man, Raymond, en twee kinders, Luca en Levi, ernstige beserings opgedoen het.

Volgens Selepe is Jan Brown op die toneel in hegtenis geneem en ʼn klag van strafbare manslag aanhangig gemaak. Brown het Dinsdag in die Pretoria-landdroshof verskyn. Selepe kon nie bevestig of ʼn bykomende klag van strafbare manslag teen Brown ingedien sal word nie.

ʼn Huldeblyk-webwerf is vir Karien geskep waar vriende en familie boodskappe, stories en foto’s van haar kan deel. Sy het haar eie juwele-onderneming besit.

Die ongelukstoneel op die N14 Foto: Twitter

Die ongelukstoneel op die N14 Foto: Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Taryn ·

Karien was n Ma vir hierdie twee kinders en n vrou vir haar man. Nou het Haar Man nie n vrou nie En haar kind het nie n Ma nie. dit was roekeloosheid. hy het twee pragtige mense dood gemaak hy moet daarvoor boet.

kyle ·

You people are sick. You go behind the backs of the victims and snoop for info. Did you have to bribe the police for details? Who gave you the right to publish a photo or put any of the victims names in the news. You crave sensation. You all make me sick. Its easy to right a story about something you know nothing about. Had you been there, you would not dare.

Yvette ·

News will always get out. There are people out there who don’t even know them who are praying for Raymond and Levi. I also think it is good for the world to know what that criminal did and perhaps give voice to the voiceless Karien and Luca. The law needs to know that we will not stand for this man going unpunished, and the more people who know the better.

Yvette ·

Perhaps if people know the horror you came upon the chances will be greater that justice will be served. If people don’t know then they don’t care and nothing will be done about it

Elfie ·

Kyle – I don’t understand your tirade. Names of victims of accidents and their photos are published all the time. It’s not like there is no sympathy from people on this forum so I think you are being unfair…

Boesman ·

Having a bad day? Or is this your general way of communicating?

Susan Lombaard ·

Good day Kyle

Thank you for your comment. This very sad incident really touched our readers’ hearts when the accident occurred a week ago. Our readers responded with compassion and promised to keep this traumatised family in their prayers. As a media platform it is our responsibility to keep our readers informed. However, our journalists will never cover such an incident with insensitivity towards those involved, and they will never use unethical means like bribery to get the information they need.

We always respect the privacy of those involved in such a tragic event. When the family told us that they do not want to speak to the media, we respected it and did not contact them again. However, the police also understands the importance of the media’s role to keep the public informed and are always willing to provide us with the information we need to do so, without compromising the family’s privacy.

I had a look at this article again and I am confident that we did not write anything insensitive or sensational about the accident. It was also written with the necessary empathy towards those involved.

I derive that have some kind of a connection with the family. Our thoughts and prayers are with everyone involved in this very difficult time.

Kind regards, Susan Lombaard (Maroela Media)

Shandre ·

This was my family, I hope justice rises to the occasion for once….
Jail jail jail for this man

Shandre ·

This was my family, I hope justice rises to the occasion for once….
Jail jail jail for this man

Lucy Ribeiro ·

Justice needs to be served he killed two innocent lives he should rot in jail.

Sune Rheeder ·

Daar het n shoprite trok n u draai voor my gemaak vanoggend op die N14. Die motor voor my moes by vinnig rem om die trok te vermy. Hierdie tipe gedrag is onaanvaarbaar!

Salomi ·

Karien was a wonderful person and great friend. A true ray of sunshine! This person should be held accountable for his irresponsible action. Two lives are taken and many shattered by this….

Christine ·

Mense party van die bestuurders kom in groepe bymekaar. Betaal saam aan 1 taxsie ry na Phillippoles in die Vrystaat en koop daai lisensies. Weet dit vir n feit

Eliza-beth ·

Christine, dit is dan eintlik jou plig om so-iets na bvCarte Blanche te stuur met al jou feite ens – hulle sal nie jou naam noem nie. Dan kan hulle die hele vrot storie oopvlek! Ek dink regtig jy moet!

V ·

Mense ons moet passop dit is nou die hoeveelste geval wat swart trokbestuurders n u draai maak.Dit is seker ook deel van Malema en die ANC se planne om ons blankes uit te wis.want trokdrywers kom nooit iets oor nie.Hoekom so baie ongelukke die laaste paar weke.Sterkte aan daardie gesin.Dit is tragies.

Elfie ·

V – hoe is dit nou deel van Malema en die ANC se planne om ons uit te wis? Nee jinne man…

Johan ·

Is die enigste foto wat julle kon kry, een waar sy ‘n selfie neem Terwyl sy be stuur?

Elfie ·

Johan jou KOMMINTAAR is swak en ongevraagd. ‘n Bietjie sensitiwiteit sal help…

ladybug ·

Jou kommentaar is wragtig ongevraagd!

Hierdie gesin is uitmekaar geruk en jy vra sulke onbenullige vrae!

As dit jou gesin was? Dink bietjie voor jy praat!

Chris ·

Ek lees al die kritiek aangaande Jan Brown wat in hegtines geneem is weens manslag.
My nederige gevoel is dat n ongeluk gebeur en in gevalle soos die is daar met bittere spyt slagoffers. Kyk hoe baie ongeluke gebeur waar groot trokke betrokke is. Niemand sal n ongeluk met opset veroorsaak nie??

Yvette ·

Die man wat dit veroorsaak het was dronk en het 200km per uur gery en het beheer van sy kar verloor. Se my asb hoe jy redeneer dat dit n dood gewone ongeluk was en dat hy nie vir trafbare manslag in die tonk moet sit nie?? Dink jy nou rerig almal sal so up in arms wees as dit net n ongeluk was?? Nee!!! Hyt gedrink en gespoed en twee mense se dood veroorsaak!!!

Theresa ·

Ag Johan – Tipies mis jy die hele punt. Kom net by………………!!!!

Pieter ·

My innige simpatie aan die slagoffers. Ek het ook al die afgelope paar jaar verskeie kere by oop grafte van familielede gestaan. Jammer dat daar mense soos Johan is wat onsimpatieke kommentaar lewer wat die naasbestaandes en vriende nog net meer onstel. Jy kan nie eers behoorlik “bestuur” spel nie so jy moet seker nog baie onvolwasse wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.