Sesjarige sterf op pad skool toe

’n Sesjarige seuntjie is Vrydagoggend in ’n botsing in Margate dood. (Foto: Verskaf / Robert Mckenzie)

’n Sesjarige seuntjie is Vrydagoggend dood toe die minibustaxi wat hom skool toe vervoer het in ’n botsing betrokke was.

Die ongeluk het by die Roosevelt- en Piet Retief-kruising in Margate, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

Altesaam 19 ander mense, onder wie kinders, is ook in die ongeluk beseer.

Volgens Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddiens, is die oorsaak van die ongeluk nie in dié stadium duidelik nie.

“’n Minibus wat kinders na ’n skool vervoer het en ’n sedan was in die botsing betrokke.

“Ongelukkig het ’n sesjarige seuntjie noodlottige beserings opgedoen. Paramedici van die provinsiale sowel as verskeie private nooddienste het 19 pasiënte op die toneel behandel,” het McKenzie Vrydag aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swerwer ·

Innige simpatie en mee gevoel met die ouers en naasbestaandes van die seuntjie wat sy lewe moes opoffer vir ‘n motorbestuurder se natlatigheid/roekelose bestuur. Weet nie wie die skuldige party is nie maar mag hy gestraf word.

JohanR ·

Ek wonder party dae hoeveel onskuldige kinders en mense wat net probeer om by die skool, werk of huis te kom is al in taxi’s dood? Taxi bestuurders dink hulle is spesiaal, en pad reels is nie daar vir hulle nie. Soe twee weke het een my teen ‘n muur gedruk soos hy in stoot. Ek het my passisiers venster oop gemaak en hom van ‘n kant gevloek!

Simoné ·

Dit is baie jammer. Ek weet nie wie se skuld dit was nie, maar ek moet noem, as mens maar sien hoe die taxi drywers die pad oorneem asof hulle dit besit, dan kan mens verstaan dat daar so baie taxi ongelukke is, waar onskuldige mense altyd lewens verloor. Hulle ry voor almal in, selfs trokke en groot busse, en almal moet net pad gee.
Taxi drywers kom weg met alles, want niemand sal ooit iets aan die lot doen nie.

KatjieDeKat ·

Dis erg hartseer, my innige simpatie aan die seuntjie en ander oorledenes se geliefdes. Arme mense wat sekerlik net by die werk probeer kom. Maar die ou seuntjie, veral, ag nee ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.