Sesjarige uit motor geslinger

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Sesjarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy tydens ʼn botsing in Roodepoort uit ʼn motor geslinger is.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die kind is glo weens die impak van die twee motors wat gebots het uit een van die motors geslinger. Die botsing het in Louis Botharylaan plaasgevind.

Volgens Mathe is die seun per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir dringende mediese sorg. Nog twee mense is ook ernstig beseer in die botsing. Een van die beseerdes is ook per helikopter na ʼn hospitaal vervoer. Die ander ernstig beseerde sowel as vier ander mense wat ook die in die botsing beseer is, is met ambulanse na nabygeleë hospitale vervoer.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Chris ·

as ek reg verstaan was hulle gekaap en die kaper het bestuur.

Annie ·

Uhm was n kaping
En die ma was agter in die kattebak met haar 1 jarige dogter
Dis my beste vriendin.
Vind meer uit voor jy sulke simpel aanmerkings maak
Hy en sy ma is albei kritiek

Cherokee ·

Vir ‘n sesjarige? Ek weet niks van karstoeltjies maar wonder of jy meer weet.

M ·

Baie tragies en hartseer. Sterkte vir hulle. Julle is in ons gebede

Zee ·

Nine people were left injured this afternoon after an apparent hijacking at the Louis Botha and Barry Hertzog Road intersection in Florida, west of Johannesburg.
Mislukte kaping lees storie op ER24 – verskriklik!

Fransie Dippenaar ·

Bernard as jy op ER24 se blad kyk sal jy sien die ma en kinders was gekaap. Maak tog eers seker van jou saak voordat sulke uitlattings maak.

Annie ·

Hier is die feite:
My vriendin en haar 3 kinders is vanmiddag gekaap
Sy is in haar kattebak gegooi met haar 1 jarige dogtertjie
Die kapers het gevlug en in n ongeluk gekom met hulle IN die kar. My vriendin is uit die kar geslinger en haar seun ook (wat btw NIE 6 is nie)
Hulle is in kritieke toestande

So in plaas daarvan om sulke simpel oningeligte comments te lewer, bud eerder vir hulle…

Nico Strydom ·

Dagsê Annie
Ons is verskriklik jammer om dit te hoor. Ek het vir jou ‘n e-pos gestuur.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

baie kwaad ·

WA gaan di land van ons heen as hule ni moor ni Dan beroof hule n mens of hulle vergiftig ju honde en breuk in en steel ju bikes dis veregande en jy mag niks se of doen nie

Christa ·

Hierdie was ‘n kaping. Lees asb kommentare voordat onvanpaste dinge gesê word wat mense diep seermaak.!!

Christa ·

Hierdie was ‘n kaping. Lees asb kommentare voordat onvanpaste dinge gesê word wat mense diep seermaak.!!

SNEL ·

Hoop Maroela gaan die hele storie dan vir ons gee, nie net wat met die arme kind gebeur het nie, maar wat van die ma en ander kleinding en hoekom was hulle dan in die kattebak en die seuntjie alleen voor in die kar. En ja, as mens nie weet nie klink dit soos n kop-aan-kop botsing en n kind wat nie in n stoeltjie vas was nie, maar wat hier gebeur het soos deur Annie gesê, is vreeslik, wat daardie arme mense nie moes deurmaak nie, n ma wat in n kattebak is en geskei is in so situasie van een van haar kinders, die vreeslik en die angs wat almal van hulle nie moes deurmaak nie….Mag daardie ma en kindjie ten volle herstel….baie sterkte vir daardie familie in die vreeslike tyd.

Leonie gerber burmeister ·

Ek sien mense raak kwaad en word mee geraas oor karstoeltjie opmerking. Scroll boontoe dan sien julle almal die artikel verwys na n botsing. Praat julle oor dieselfde insident? Botsing ? Kaping? Maroela moet julle nie die regstelling maak nie?

Ezelle ·

Hulle was gekaap voor die 1jarige se kleuterskool. Drie het ma gegryp nadat sy klein 1 jarige in stoeltjie vas gemaak het, 6 en 9 jarige het binne in kar gesit. Hulle het weg gejaag met almal en toe ongeluk gemaak. Ma is kritiek en twee groter kinders ook ernstig beseer almal nog in icu. Een jarige kop hard gestamp maar te danke aan haar ma is haar beserings minder as ander familie lede

Gesiggie ·

Dit sal nogal interesant wees om die hele storie te kon lees, sodat die mense wat nou so tekere gaan kan verstaan hoe en wat? want nou word daar soveel stertjies aan gelas… Annie, jammer om te verneem van jou vriendin, ek voel so jammer vir die Ma en haar kinders…ons hoop dan om die hele berig gou te lees…

Anny ·

Verstaan ek nou reg dat Maroela 2x agter mekaar onvolledige berigte geplaas het wat lei tot onbedoelde onsensitiewe kommentare?

Wat-ek-lees ·

Anny, daar is ‘n Elizabeth wat vir my laat weet het dat ek té veel detail verwag in ‘n berig. Volgens haar sou hierdie beriggewing reeds genoeg inligting bevat.

Takkie Takuuza ·

Nie net kom hierdie selfde berig onder verskillende opskrifte voor nie, maar is dit ‘n feitlike mislukking. En dan is daar nog berigte waar die feite ook betwis word deur mense wat kommentaar lewer. Maar durf nie kla nie, die nuus is mos verniet en in Afrikaans. Ons gebede vir hierdie familie en hulle naastes.

Nico Strydom ·

Dagsê Anny

Die inligting in die berig kom van Netcare 911 af. Dit is egter onmoontlik om dadelik al die feite te bevestig aangesien Maroela Media nie self daar was toe die voorval plaasgevind het nie. Dit het egter na die plaas van die eerste berig aan die lig gekom dat dit ʼn kaping was waarna ʼn opvolgberig gedoen is. Na aanleiding van die opvolgberig kon Maroela Media toe daarin slaag om met die slagoffers self in kontak te kom waarna nog ʼn opvolgberig gedoen is.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

antoinette ·

Bid vir die familie en vriende wat so onnodig al hierdie hartseer moet deur gaan.Hier gebeur teveel geweld in ons land niks word daaraan gedoen nie.Nou is die volgende vraag wie is volgende my familie of joune!!!Nerens meer veilig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.