Sesjarige verdrink by Richardsbaai

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

ʼn Sesjarige meisie het in die see by Richardsbaai in KwaZulu-Natal verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Sondag gesê.

NSRI Richardsbaai is Saterdagmiddag omstreeks 15:45 ontbied ná berigte van ʼn verdrinking in die Bay Hall-gebied.

Die polisie se soek- en reddingseenheid en ander beamptes van Alkantstrand Surf Lifesaving-lewensredders het ook reageer.

“Die sesjarige is in die water opgespoor, na bewering deur ʼn vrou op ʼn branderplank. Sy het die kind na die kuslyn gebring en het met behulp van ʼn omstander KPR begin toepas. Alkantstrand-lewensredders het die KPR oorgeneem.”

NSRI-paramedici het by die toneel opgedaag en nooddienste van KwaZulu-Natal het ook alles in hul vermoë gedoen om die dogtertjie by te bring, maar alle pogings was tevergeefs. Sy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.