Sesjarige verdrink in PMB-rivier

Foto verskaf deur ER24

ʼn Sesjarige seun het Saterdag in ʼn rivier in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verdrink.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 17:00 na die Mzunduzirivier in Sobantu buite Pietermaritzburg ontbied. “Die plaaslike gemeenskap het gehelp om die seun uit die rivier te haal, maar dit was ongelukkig te laat. Paramedici kon hom nie bybring nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie was ook op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Baie hartseer ! Ouers en oppassers maak seker dat Julle die heeltyd bewus is waar die kinders is wat Jou verantwoordelikheid is ????

Arno Scheepers ·

Tragies. Sterkte aan die ouers.
As sesjarige kon niemand my oppas nie….ek het te vinnig verdwyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.