ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat ʼn sesjarige meisie Maandag by ʼn watergat in ʼn munisipale kampterrein in Cornelia in die Vrystaat verdrink het.
Kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie het omstreeks 17:30 saam met twee ander kinders na die kampterrein gegaan om water te gaan haal omdat daar nie in hul nedersetting water vir huishoudelike gebruik beskikbaar is nie.
“Die konstruksiewerkers by die kampterrein het ʼn gat gegrawe om water aan die mense te verskaf. ʼn Hond het glo geblaf wat die meisie laat skrik het. Sy het weggehardloop, in die gat geval en verdrink,” het Hani gesê.
Die polisie en nooddienste is ontbied en die meisie is op die toneel dood verklaar. “Die meisie was ʼn gr. R-leerder aan die Ntswanatsatsi Primary School,” het Hani gesê. “Die polisie doen ʼn beroep op ouers in die gemeenskap om seker te maak dat hulle te alle tye weet waar hul kinders is.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
17 Kommentare
Kinders moet nie alleen by sulke plekke wees nie!!!! n Ongeluk gebeur gou..
Empatie met die ouers van die kind sou vermoedelik meer ter sake gewees het as om moontlike skuldiges uit te wys.
As ek die ouer is dagvaar ek die regering wat nie aan sy mandaat voldoen om lopende water aan elke huishouding te voorsien nie. Derdewêreldse ongelukke gebeur in Derdewêreldse lande.
Hoe stuur jy ‘n 6- jarige kind om water te gaan haal is dit nie die ouers se plig nie.
Fratsongelukke gebeur, sterkte aan die familie, die hond kan nie blameer word nie, moes die konstruksie werkers nie die gat afgesper/omhein en beveilig het nie? Die gat is deur hulle gemaak.