Sesjarige vir moetie ontvoer, vermoor

Argieffoto

Lt.genl. Mondli Zuma, die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het ʼn vonnis verwelkom wat die Pretoria-hooggeregshof vir ses beskuldigdes, insluitend tradisionele geneeshere, opgelê het. Die hof was in Nelspruit in sitting.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die ses mans is gevonnis nadat hulle die sesjarige Leticia Nkentshane ontvoer en vermoor en haar liggaamsdele vir moetie gebruik het.

“Die slagoffer het op 29 Oktober 2015 saam met haar oom gegaan om beeste aan te jaag en is nooit weer gesien nie,” het Hlathi gesê.

Die polisie se ondersoek het aan die lig gebring dat die oom, Louise Sithole (22), saam met vyf ander mans gewerk het om haar te ontvoer, te vermoor en haar liggaam vir moetie-doeleindes te gebruik.

Die mans is gevolglik in hegtenis geneem en op 31 Januarie 2018 skuldig bevind.

Sithole is 19 jaar tronkstraf vir moord en vyf jaar vir ontvoering opgelê, en Mazibe Sifiso Mhlolo (20) 17 jaar vir moord en vyf jaar vir ontvoering.

Bongane France Sathane Ngomane (28), Mnyambo Jimson Themba (46), Jabulani Ndlovu (32) en Mandla Michael Mokoena (48) het elk lewenslange tronkstraf vir moord en vyf jaar vir ontvoering ontvang.

Al die vonnisse sal gelyklopend met die moordvonnisse uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Charmaine ·

Ek sou wou sien dat daar werk gemaak word om uit te vind aan wie daai muti verkoop is. Daardie mense verdien die doodstraf. Die hele spul verdien die doodstraf. Dit maak my siek.

Cherokee ·

Almal, indien enige, wat weet, bly in gebreke om te verduidelik waarom meervoudige vonnisse uitgespreek word om indruk te maak en dan besluit word dat die vonnisse moet gesamentlik uitgedien word. As die vonnisse werklik uitgedien word soos bepaal, sal sy nog nie 30 gewees het wanneer haar moordenaars vrygelaat word.

Jenny ·

Die straf vir moord in ons land moet lewenslank wees wat dit se, tot ons die doodstraf kan terugbring. 17 jaar vir n lewe? Sal nie eers ten volle uitgedien word nie.

Max ·

Afrika sal nooit genoeg tronke he as moordenaars lewenslank gevonnis word nie .

Fly on the wall ·

Goeie genade, daar is siek mense daar buite en die ergste is dat dit nog familie ook is!!! My hart is so seer om die storie te lees. Lewenslank is nie genoeg!!! Ek kan nie eers begin om te dink wat die ouers moet deurmaak elke dag. Waar is die dae wat kinders buite kon speel tot jou ouers jou moes pakslae gee om in te kom. Ek kan nie eers ‘n miertjie doodmaak..hoe siek moet jy wees om ‘n kind te vermoor. Mag hul die ewigheid brand in die hel presies waar hul hoort

Theresa ·

Lewenslank is 25 jaar. So 19 jaar vir MOORD en 5 jaar vir ONTVOERING is saam 24 jaar.
REGTIG!!!!!!!!!!!!!!!

Muffin ·

Doodstraf moet maar net terug gebring word. Nou moet ons arme belastingbetalers vir hulle sorg. Blyplek, kos en klere gratis en doen niks.

Dawie ·

Wat is die sin daarin om vonisse gelyklopend uit te dien. Eintlik is dit net n verligting van vonnis vir die beskuldigde. Maak meer sin om vonnisse na mekaar uit te dien

Jacques Venter ·

Hallo Dawie
Die realiteit is dat vonnise elke jaar verminder word. Hulle dien dan net n fraksie van die tyd uit.

Of hulle word op parool vrygelaat om weer te moor.

Jacques Venter ·

Hallo Dawie
Die realiteit is dat vonnise elke jaar verminder word. Hulle dien dan net n fraksie van die tyd uit.

Of hulle word op parool vrygelaat om weer te moor.

martin cilliers ·

doodstraf vir verkragting en wrede dade teen kinders en moord op polisie beamptes!!!!!!!!

Tradisionele geneesheer?? ·

Tradisionel geneesheer se voet.
Volgens die Bybel se definisis & omskrywings is hulle sataniste

Nuuskirigeagie ·

Ekt n vraag wat doen hulle met die liggaams dele en waarvooor help dit graag ek het so 2 jaar terug n vriendin aan n moetie moord verloor en wil net graag weet hoe dit werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.