Sestig gesinne dakloos gelaat ná Jhb-brand

'n Brand by die Zandspruit- informele nedersetting op 2 Julie 2016 (Foto: ER24)

‘n Brand by die Zandspruit- informele nedersetting op 2 Julie 2016 (Foto: ER24)

Die getal plakkershuise wat tydens ʼn brand in die Zandspruit- informele nedersetting, noord van Johannesburg, vernietig is, het tot 60 gestyg en meer as 100 persone is Dinsdag dakloos gelaat.

Maroela Media het vroeër berig die brand het omstreeks 10:00 uitgebreek.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die stad se nooddienste, het gesê ʼn paraffienstoof het vroeër in een van die huise omgeslaan en dit het die brand veroorsaak. “Niemand is beseer nie. Rampbestuurspanne is op die toneel om die betrokke persone met komberse en kos te help.”

Die grond waarop die huise opgerig is, behoort aan ʼn privaat eienaar en huurders betaal ongeveer R500 per maand per plakkershuis aan die verhuurder, het Mulaudzi bygevoeg.

Volgens die stad se nooddienste teken Johannesburg jaarliks ongeveer 600 plakkershuisbrande aan. Van die faktore wat lei tot die ontstaan van die verwoestende brande en verlies aan lewe sluit in die plakkershuise wat so naby aan mekaar gebou is, nalatigheid, paraffienstowe of kerse wat bly brand of onwettige elektrisiteitsverbindings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos ·

Dit kan nie ‘n probleem wees nie na die plastic View Plakkers gebrand het het die afrikaanse mense hulle oorval met kos,komberse,klere ens solank dit nie wit mense is soos die in die weste van Pretoria wat krepeer nie sal die ou volkie DA stem en anderskleuriges help.

Berhalet Beukes ·

Mmm, R500 huur ‘n maand? Aan wie behoort hierdie privaat grond kwansuis? Maar laat ‘n boer nou durf waag om plakkers huur te begin vra! Elke jaar brand daar êrens plakkershutte uit, mens sou dink dat die inwoners sou leer om versigtig te wees met paraffien ens. Maar help help ons uitgeworpene bos blankes maar altyd! Nie dat enige een erkenning daarvoor sal gee nie.

snoefie ·

“getal huise het tot 60 gestyg” hoe gebeur dit? of sestig het afgebrand of ag-en-vyftig het afgebrand. maar hoe kan die getal styg. dit beteken n paar het na die tyd afgebrand. ai. r100 000 per plakkershut laaste waarvan ek weet. ons sal maar ons kanse met die versekering moet vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.