Seun (10) getuig in modelagentskap-baas se kinderporno-verhoor

Dawie de Villiers Maandag in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers Maandag in die hof. Foto: ANA

ʼn Tienjarige seun het Woensdag getuig in die kinderpornografie saak van Dawie de Villiers (35), die eienaar van ʼn bekende Suid-Afrikaanse modelagentskap.

Die seun, wat met ʼn tussenganger getuig het, het gesê hy het De Villiers drie jaar gelede vir die laaste keer gesien toe hy glo aan pornografie blootgestel is. Die staatsaanklaer Arveena Persad het die seun, wat destyds tussen ses en sewe jaar oud was, gevra hoekom sy ma hom nie weer toegelaat het om De Villiers te besoek nie.

“Sy het vir my gesê hy is in die tronk,” het seun gesê voor hy begin huil en regter Cassim Moosa die hof vlugtig verdaag het. Persad het daarna vir die seun gevra of hy kwaad is vir De Villiers. “Nee ek is nie kwaad vir hom nie.”

Jacques Pienaar, De Villiers se regsverteenwoordiger, het tydens kruisondervraging aan die seun gevra of hy weet dat die meisies wat sy kliënt afneem, modelle is. “Ja ek het geweet hulle is modelle,” het die seun geantwoord. “Onthou jy dat Dawie foto’s van jou geneem het in ʼn cowboy-uitrusting?” Die seun het bevestig dat hy dit onthou.

ʼn Agtjarige meisie het volgende getuig. Sy het aan die hof gesê De Villiers het foto’s van meisies geneem en op die rekenaar sit en werk wanneer sy hom besoek het. Persad het die meisie gevra of sy ‘n kaal meisie gesien het toe sy by De Villiers se huis was.

“Ek het party [meisies] in onderklere en ander in klein broekies gesien. Die meisies het na die badkamer gegaan om ander klere aan te trek en ek sou saamgaan. Ek het hulle borste en boude gesien.”

Die meisie en seun is glo twee van die kinders wat deur De Villiers aan pornografie blootgestel is. De Villiers staan tereg op 38 aanklagte insluitend seksuele aanranding, verkragting, crimen injuria en bedrog.

Die verhoor gaan Donderdag voort.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

candice ·

Maak ‘n voorbeeld van hom! Sluit hom toe en gooi die sleutel weg!

Stuart ·

Arme kleintjies, die trauma en dan om weer dit te moet gaan met die getuienis. Mag hy die ergste straf moontlik kry.

Theresa ·

Indien die bewyse hom laat skuldig bevind word, sal dit interessant wees om te weet wat op aarde dryf ‘n mens om sulke dinge aan onskuldige kinders te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.