Seun (10) in Kaapstad doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 10-jarige seun is Dinsdagaand in Kaapstad dood en ʼn 23-jarige man is gewond nadat ʼn aantal verdagtes op hulle losgebrand het.

Lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die voorval het omstreeks 19:30 in Beacon Valley in Mitchellsplein plaasgevind. “Die seun is noodlottig gewond en die man is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het hy gesê.

Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie, en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

job jobson ·

Waarom!! Waarom is die Kapenaars so skietmal. Kom Bitterfontein toe,die mense is soetstil,
en die plek n belewenis om in te woon, slaap nog buite en niemand sal jou met i emmer PIE gooi nie. Die PLATTELAND is vreedsaam.

Trippie ·

Job : Klink of julle nog daar so stukkie hemel op aarde beleef.

job jobson ·

Trippie ek was 10jaar in die Kaap,my skoolliefde in Bitterfontein het gehuil maar gewag vir my trugkoms en EK HET gkom na Bitterfontein om te bly saam met haar in lente van dae in BITTERFONTEIN,Laat die Kaap gaan-i lewe in di KAAP beteken BOKKEROL!

Trippie ·

Job – dankie vir die deel – dis so mooi gestel hoor.

(Klink vir my na ‘n sprokieshuwelik – baie geseënde jare nog vir julle hoor).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.