ʼn 10-jarige seun van KwaZulu-Natal is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy Saterdag laat in ʼn tref-en-trap-ongeluk op die N2-suid raakgery is.
Ceron Lennox, Rescue Care-woordvoerder, sê die seun wou glo die hoofweg oorsteek toe die voorval plaasgevind het.
Volgens Lennox het die bestuurder weggejaag nadat hy die kind getref het.
“Paramedici het die seun behandel en hom op ʼn ventilator geplaas voordat hulle hom na die hospitaal vervoer het,” sê Lennox.
Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Wat maak ‘n 10-jarige kind laat in die aand op ‘n hoofweg?
Nie om snaaks te wees nie maar wat soek n kind van 10 jaar op die hoofweg
Hoe harteloos! Hoe los mens ‘n kind netso langs die pad om dood te bloei?
G are you aware that you will be killed when you stop ?
Moet almal altyd sulke nonsies kwytraak? Dink julle nie dat dit dalk ñ kind was wat miskien op straat bly nie?
En nog ñ ding. Maggies julle dis ñ kind wat raakgery is!! Plaas dat julle eerder wonder oor die simpel wetter wat weggejaag het!