Seun (10) se lyk by verlate plaashuis gekry

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die Port Alfred-polisie in die Oos-Kaap het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat die liggaam van ʼn tienjarige seun langs ʼn verlate plaashuis gevind is. Die seun is Saterdagoggend vir die laaste keer lewend gesien.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die seun se liggaam is op die Trikwakawa-plaas in die Seafield-omgewing, noordoos van Port Alfred, gevind.

“Die seun het na bewering Vrydag sy huis verlaat en saam met vier ander seuns ʼn tradisionele seremonie op ʼn nabygeleë plaas bygewoon,” het Govender gesê. “Die seuns het glo alkohol gebruik en Saterdagoggend teruggestap huis toe.”

Volgens Govender het die seun het by ʼn verlate huis gaan sit om te rus en sy vriende belowe hy sal hulle later volg. Hy het dit egter nooit gedoen nie.

Die seun se ouma het Maandag navraag oor hom by die ander seuns gedoen. Hulle het besluit om hom te gaan soek en het hom by die verlate huis waar hulle hom agtergelaat het, aangetref.

In dié stadium word daar nie vuilspel vermoed nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cheryl ·

Nee!!!!!! REGTIG 10 jaar oud??? Vrydag die huis verlaat…. En ouma doen eers die Maandag navraag dis iets vreeslik hoe slaap jy as jou kind nie by die huis is nie en dit nog so jong seun… My seun 9 en hy mag nie eers alleen in die straat stap nie… Eintlik is hul nog baie klein…aai sterkte met die afsterwe. RIV SEUN!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.