Seun (11) uit voertuig geslinger

Foto: Verskaf.

ʼn Seun (11) is in ʼn kritieke toestand ná hy uit ʼn motor geslinger is tydens ʼn ongeluk in Benoni oos van Johannesburg.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Donderdagaand plaasgevind.

“Ons paramedici het omstreeks 18:45 by die toneel op die hoek van Vlei- en Trumpetstraat opgedaag. Die seun het op die sypaadjie gelê met baie ernstige kop- en borsbeserings,” het Vermaak verduidelik.

Hy is per mediese helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Volgens Vermaak het die drie ander insittendes van die motor geringe tot gemiddelde beserings opgedoen tydens die voorval. Hulle is na die Tambo Memorial-hospitaal vervoer.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

A ·

Hallo Maroela,

Is die seun een jaar oud of elf jaar oud? Die opskrif sê (11) die berig sê (1)?

Dankie

Dalene de Vente ·

Dagsê A

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Andre van der bank. ·

Just realised, the kid 11 years old. Yet, the same question, why not buckled up. You the driver an adults, explain. In the US this would be jail sentence for the responsible adults in the car, as much as 7 years.

Annette Stander ·

Dit is so tragies. Was die kind nie vasgemaak nie?

My mening ·

Uhm….voor julle klippe gooi oor die kind vas gegordel was of nie…. Doen jy as ouer of as bestuurder dit? Kyk jy werklik of jou passasiers, ongeag hulle ouderdom, hulle self vasgordel?
Ek glo nie een persoon kan homself die lof toe eien deur te sê, ja, ek is verantwoordelik om te kyk dat elke passasier in my voertuig vas is, nie.
Ek hoop rerig die seun sal vinnig herstel van sy beserings. Na die lees van die artikel, gaan ek beslis seker maak dat my passasiers hulle gordels dra.

A3 ·

Ek moet jou antwoord is ma van drie kinders en maak my kleinkind ook nou groot en nog altyd ALTYD is my kinders/kleinkinders vasgegordel. Daar is net geen verskoning om dit nie te doen nie. My kleinkind is nou 9 en nog nooit was hy saam in die kar waar hy nie vasgemaak was nie en hy verkies ook om in die middel te sit vasgemaak.

Moet net antwoord ·

Ek vervoer ander nense se kinders van skool na huis en soms na na skoolse aktiwiteite. Ek dring altyd aan dat die kinders vas gemaak is. Party van hulle ontsnap of lieg vir mens en hou net die seatbelt vas. Ander stry en sê maar by die huis hoef hulle nie. Ekt al vir kinders gesê hulle kan uitklim en voor die kar uitloop. Ook aangebied dat die matriek kind met n learners bestuur terwyl ek seker maak dat hulle vas is. Hoekom? Want ek voel verantwoordelik. Ek blameer die ouers as die kinders weier om sitplekgordels te dra, want dis soos goeie maniere, moet van die ouers af kom. My pa maak altyd seker ALMAL in die kar is vasgegordel. Hy het al my broer in die 40’s vasgegordel toe die nie self wou nie. Hy’t die kar gestop en hom vasgegordel. Dan gordel die hom weer los dan stop my pa en gordel hom weer vas. Tot hy vasgegordel gebly het.

My opinie ·

Ja ek kan klippe gooi. My kinders maak ek seker is vas. My kinders gaan nie deur my kar venster geslinger word a.g.v MY nalatigheid nie.

Bella ·

My kind is van kleins af geleer om haar gordel aan te sit voor ons ry, nooit geskree as Baba oor sy vas was nie. Ek ry baie en sien mense met kinders wat tussen sitplekke staan, wens ek kon hulle stop en vra of hulle ni lief is vir hulle kinders nie. N Vriendin van my sê nooit vir haar kinders om hulle vas te maak ni, sy het hulle geleer en hulle weet, as sy di kar wegtrek en hulle is nie vas ni, moet hulle R50 van hulle sakgeld net daar en dan gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.