Seun (12) dalk gedeeltelik blind ná klapper ontplof

Sebastian en Demane Pillay buite die hof tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Sebastian en Demane Pillay buite die hof tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Die twee broers van Port Elizabeth wat na bewering ʼn 12-jarige seun opdrag gegee het om ʼn klapper aan te steek wat daarna in sy gesig ontplof het, het Maandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Sebastian (25) en Demane Pillay (27) staan tereg op ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hulle het na bewering vir Shane Witbooi op 8 Januarie in die vroeë oggendure ʼn klapper gegee en hom aangesê om dit aan te steek. Die klapper het ontplof en ernstige skade aan Witbooi se gesig aangerig.

Na wat verneem word, kan Witbooi moontlik blind raak in een van sy oë.

Die Pillay-broers is die seuns van ʼn polisiekolonel in Port Elizabeth. Hulle is Maandag deur familielede vergesel tydens hul verskyning in die hof.

Die hof het gehoor ʼn streekshofaanklaer moet nog ʼn besluit oor die polisiedossier neem en die saak is gevolglik uitgestel. Daar is ook aangedui dat die staat tyd nodig het om met die klaer oorleg te pleeg, asook om verklarings van ooggetuies te bekom.

Die saak is tot 5 April uitgestel. Die Pillay-broers is reeds in Januarie op borgtog van R500 elk vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Japie ·

As die Pillay-broers blank was, was hulle nog steeds in die tronk met duisende proteseteerders wat hul bloed eis.

In die kol ·

In die kol Japie, in die kol. Presies wat ek ook aan gedink het terwyl ek die berig gelees het.

julius ·

Ek dink nie hulle is skuldig nie. Net die woorde” Hulle het hom opdrag gegee om die klapper aan te steek” maak hulle nou die varke. As kan bewys word dat hulle nie die opdrag gegee het nie ( wat ek glo) is hulle onskuldig.

Mauzi ·

Julius dan is hulle skuldig aan nalatigheid! Klappers is nie speelgoed nie en behoort in geheel verban te word, wat nóg n klapper aan n bog kind gee?! En dit was heel duidelik ‘n uiters gevaarlik een wat groot skade aangerig het. Hulle was onverantwoordelike volwassenes gewees. Waar was die toesig hier van mense wat kan dink verder as hulle neuse dat kinders nie naby klappers kom nie?? Verban die vervoelkte klappers!

Anne ·

Ek dink as jy vir ‘n 12 jarige se om ‘n klapper aan te steek gaan hy dit doen. Hulle kon van beter geweet het, 25 en 27 jaar oud ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.