Seun (12) deur bus doodgery

Argieffoto

Argieffoto

Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn 12-jarige seun deur ʼn bus doodgery is toe hy ʼn pad wou oorsteek.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Woensdag omstreeks 16:30 in Gqunge naby Centane plaasgevind.

“Die seun, Athini Qondani, was besig om ʼn grondpad oor te steek toe ʼn bus hom getref het. Hy is op die toneel dood,” het Manatha gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en word deur die Centane-polisie ondersoek.

Manatha het ʼn beroep op die publiek gedoen om kinders te vergesel as hulle paaie moet oorsteek om soortgelyke voorvalle te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.