Seun (12) dood by besnydenisskool gevind

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die liggaam van ʼn 12-jarige seun is Saterdag by ʼn besnydenisskool in Rooigrond naby Mahikeng in Noordwes gevind.

“Daar word verneem dat die seun, ʼn dorpeling van Verdwaal, se liggaam omstreeks 14:00 deur die skool se onderwyser aangetref is,” het sers. Kealeboga Molale, provinsiale polisiewoordvoerder, Maandag gesê.

“Tydens ondervraging het die onderwyser gesê dat die seun verlede Sondag [22 November] deur onbekende mans van dieselfde dorpie aangerand is. Daar was brandwonde aan sy liggaam asook wonde wat deur ʼn sambok veroorsaak is.”

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om die oorsaak van die seun se dood te bepaal, waarna ʼn saak van moord moontlik ondersoek gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alida ·

Hoekom plaas hulle nie verbod op hierdie barbaarse maniere nie en bied dit gratis in die staatshospitale aan. Dit gaan my verstand te bowe dat sulke bollie nog toegelaat word in SA.

Theresa ·

Absoluut, Alida. As so iets moet gebeur vir een of ander absurde bewys van iets, dan behoort dit onder dokterstoesig en higiëniese omstandighede te gebeur. Banaal en verantwoordelik vir baie moorde onder die vaandel van tradisie.

Hendrik vd Westhuizen ·

Gaan my verstand te bowe. In die laaste 50 jaar van alle (ou Afrikaanse) universiteite in ons land is daar nie 10 studente dood agv “ontgroening” nie. Elke insident, hoe klein ookal, word aan die groot klok gehang. Met inisiasieskole sterf daar jaarliks talle kinders maar omdat dit deel van ‘n “culture” is, word dit oor die hoof gesien. Ek wonder maar net?

SUE ·

Waar is die kinders se ouers. Jy hoor nooit enige mening van die ouers nie. IS al hierdie kinders straat kinders? Mense pas julle kosbaarste besittings op wat ons Hemelse Vader aan jou gegee het. Elke kindjie is ‘n gawe van GOD wat aan ons toevertroud is om op te pas. As jy nie jou kindertjies kan oppas nie dan is jy slegter as ‘n honde teef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.