Seun (12) help polisie om sy ‘verkragter’ vas te trek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Twaalfjarige seun het beamptes van die Kaapse metropolisie gehelp om ʼn man vas te trek wat hom na bewering verkrag het.

JP Smith, die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het die seun geloof vir sy dapper optrede om oor die beweerde verkragting te praat en hulp te soek.

Smith het gesê metropolisiebeamptes was Woensdag besig met roetinepatrollie in Parow toe die seun hul genader het. “Die seun het hulle ingelig dat hy by ʼn nabygeleë kanaal seksueel aangerand is en die beamptes is saam met hom na die toneel,” het Smith gesê.

“Op pad na die toneel het die seun die beweerde verkragter aan die beamptes uitgewys waarop hulle die man dadelik in hegtenis geneem het.”

Die 47-jarige verdagte is aan die SAPD oorhandig en ʼn aanklag van verkragting is teen hom aanhangig gemaak. “Dit is ʼn uiters sensitiewe saak en ons hoop dat die ondersoek deur die SAPD op gepaste wyse hanteer sal word,” het Smith gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eliza-beth ·

Arme kind. Voel bitter jammer vir so ‘n kind. Ek hoop hy kry hulp om deur alles te werk. BAIE dapper van hom en hopelik word die oortreder laaaaank toegesluit. Daar is te veel van hulle op vrye voet en ek hoop regtig nie hy kom weg met dit nie.

marianne ·

Bravo jou dapper kind. Jy moes deur hel gedaan het en onsettend bang gewees het. Ek hoop jy gaan fiesies en emotioneel herstel. Jy is ‘n Klein held en ek hoop daardie monster word toegesluit en dat hulle die sleutel verloor…
Sterkte boytjie aan jou en jou familie.

Lance ·

Regter se woorde ne ….elke 25 sekondes word iemand in SA verkrag …ai tog wat n kultuur

Schalk ·

Aai, ‘n mens kan maar net kopskud oor hierdie aaklige dinge! Kinders! Wat gaan aan met hierdie perverse, sielsieke mense wat onskuld so kan ontneem?

Mag hierdie duiwels tog uitgewis word!

Oom Kalahari ·

Hierdie tipe van seksuele terapie/sport kom neem nog pos in by die skole binnekort.

Cheeki ·

Ek dink regtig dat mense bie verstaan dat ‘n groot gedeelte van molestering ook binne die veld van #LGBT val nie, want dis is seks met dieselfde geslag (in baie gevalle, maar nie altyd nie.) Die geleerdes, van teoloë tot psigiaters en allerhande beraders en terapeute pas toe wat hulle in boeke leer, maar ek dink dat sommige slagoffers dalk beter insig het as die wyse manne. Miskien is opvoeding vanuit ‘n meer ware perspektief nodif en daarom het ek die volgende onlangs saamgestel, lees gerus sodat mense beter kan verstaan hoe die Lego-blokkies inpas.
https://cheekitungs.wordpress.com/2016/04/29/does-society-cause-homosexuality-then-bash-gays/

Ruby ·

Seun, ek is trots op jou dat jy die moed gehad het om terug te gaan na die toneel, dit was baie braaf van jou. Hierdie sal jou in die toekoms help om te veg teen wat verkeerd is.

Mag ‘n mooi lewe vir jou voorlê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.