Seun (12) skiet glo boetie (3) dood

Argieffoto

Die Limpopo-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 12-jarige seun na bewering Saterdag sy boetie van drie jaar oud by hul ouerhuis in Mankweng, oos van Polokwane, doodgeskiet het.

Brig. Motlafela Majopelo, woordvoerder van die polisie, sê in ʼn verklaring die ouer seun het na bewering sy pa, ʼn voormalige veiligheidswag, se vuurwapen in ʼn sak in een van die kamers in die hande gekry en op sy jonger boetie gerig.

Volgens Majopelo was die kinders se ma elders in die huis doenig toe sy ʼn skoot hoor en ondersoek instel. Die jonger kind is na ʼn plaaslike kliniek gehaas waar hy met sy aankoms dood verklaar is.

“Die pa was nie ten tyde van die voorval by die huis nie. Die polisie het intussen op die vuurwapen beslag gelê,” sê Majopelo.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel en daarop aangedring dat stappe teen die pa gedoen word vir die aanhou van ʼn vuurwapen sonder om die Wet op die Beheer van Vuurwapens na te kom.

“Ek doen ʼn beroep op alle wettige vuurwapeneienaars om dit te alle tye in kluise te bewaar ten einde ongemagtigde toegang te voorkom,” het Ledwaba gesê.

Volgens Majopelo sal die saak teen die kind hanteer word in ooreenstemming met die prosesse vir kinders wat die wet oortree. Proefbeamptes tree reeds dienooreenkomstig op om die regte prosedure te volg, sê hy.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Tanya ·

RIV kleinman ???? Arme Ma. Haar lewe in ‘n oogwink verwoes.

Jaco ·

Ons kan net bid dat Got die Arme gesin vas hou.
Ek sal nie sounder my SEUN of dogter kan leef ni.
Jesus liefde

Agie ·

Vir kinders het moord geen betekenis geword. Wat daar op die ellendige TV gekyk word, word die norm. Uiters tragiese nagevolge vir die ouers en kinders. Oneindige medelye.

James ·

Tv en media leer kinders geweld en hulle begin vroeer en vroeer. Wat te harseer saak.

Mieke ·

Ek stem heeltemal saam. Wat ‘n tragiese gebeure…..
Iewers op ‘n ander nuus app gelees die 12 jarige was doelgerig, dit was geen ongeluk?????

Corrien ·

Bitter tragies. Bedink ook hoe die nalatig pa moet voel, verskriklik. Die pa gaan dalk ook nog tronk toe Bo op die vreeslike hartseer. ‘n vuurwapen moet aan jou lyf wees soos ‘n magneet en voorseker nie in ‘n kluis nie. Die situatie in SA het veroorsaak dat jy 24 uur gewapend moet wees.

Willie ·

Ai so tragies. Maar hoekom was die wapen nie in n kluis nie?

$ ·

Ek dink die seun het waarskynlik uit nuuskierigheid en sonder om te besef daar is regtig ´n koeël in die wapen wat sy boetie sou dood, die wapen op kleinboet gerignen die sneller getrek. Ek dink nie hy het vir een oomblik die gevolge besef nie; het waarskynlik gedink hy ´speel’.

Mag die Here verteoosting bring.

Essa ·

Ek glo vir geen oomblik die seun wou sy boetie skiet nie. Hy het bloot op die wapen afgekom en dit uit nuuskierigheid hanteer, met hartverskeurende gevolge vir hom en die hele gesin. Die pa gaan moet verantwoording doen vir sy nalatigheid en nie-nakoming van wetgewing en die seun gaan dit sy lewe lank saamdra. Die arme ma; hierdie is ‘n groot tragedie en sekerlik nie die eerste of laaste van die soort nie. Sterkte vir julle.

Ruan ·

Nou kan wetsgehoorsame vuurwapen eienaars weer oor die vingers getik word met belaglike uitlatings soos private wapenbesit is n euwel… My kinders of enige ander kinders kan nie eers my kluis se sleutel in die hande kry nie wat nog te se my wapen….

Cherokee ·

Ruan, ek het meer as een vuurwapen, en bevraagteken jou stelling. Is die wet werklik ‘n faktor as jou familie in nood is? Nee!!! Neee!!! Neeee!!! Ek het dit op GOSA genoem en àlmal was diskreet genoeg om geen kommentaar te lewer! Jy mag nie vuurwapens besit tot slegs jou eie voordeel nie. Dit behoort nie slegs aan jou nie maar ook aan jou familie. Jý my maat, is die een om opleiding te verskaf. Ek daag enig een om met my te verskil!

Mossie ·

Hou op om geweld op tv te blameer. As jy n gesonde balans in jou kinders se lewe balanseer sal hierdie dinge nie gebeur nie. Gebruik liewer die geweldadige stories op tv omjou kind te leer wat reg en wat verkeerd is, wees betrokke en kyk saam met jou kind, wys hom die slaggate van die lewe op die manier uit. Ek kyk saam met my kinders na geweld, satanisme, godsdienstige ens. Tydens hierdie weergawes praat ons daaroor, sien hul die nagevolge, die slaggate en hoe om dit te vermy. Bespreek ons talle opsies van hoe om situasie te hanteer en waar en wanneer om hulp te gaan soek. As jy net altyd gewaarsku word oor n slaggat in die pad, maar nooit een kry nie glo jy naderhand nie meer die waarskuwings nie, deur te sien en te hoor en te kommunikeer daaroor leer jy en onthou jy en voorkom jy. Vat die tv weg as dit die probleem is, maar realiteit is internet in vriende, so dit los nogsteeds nie die probleem op nie.
Wees meer betrokke en leer jou kinders deur hoor en sien, gebruik eerder die probleem tot jou voordeel as om dit te probeer uitskakel.

jakes ·

Die 12 jarige seun is oud genoeg om die verskil te ken tussen goed en kwaad. Volgens wet behoort n vuurwapen in n kluis toegesluit te wees. Die pa is dus net so skudig soos die kind. Die respek op lewe het duidelik hier ontbreek.

GM ·

Goeie raad Mossie. Mens moenie wegskram van als af nie.

Op 12-jarige ouderdom behoort die seun al van beter te geweet het wat wapens aanbetref. Die pa was nalatig. En hy was ‘n veiligheidswag wat opgelei behoort te gewees het.

Dis ‘n baie duur les om te leer. Sterkte aan die naasbestaandes. R.I.V. kleinding.

Lydia ·

Dit is regtig sleg dat julle die pa blameer. Ja hy het ‘n fout gemaak om die geweer so oop te los, maar tot julle persoonlik nie in ‘n geweldadige situasie was nie moet julle eerder nie kommentaar lewer nie. Ongelukkig is Suid-Afrika so dat jy jouself teen alle tye moet beveilig. Daar is nie tyd om eers ‘n sleutel te gaan soek as ‘n gevoellose moordenaar voor jou staan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.