Seun (12) steek glo twee by skool dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 12-jarige seun is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hy glo twee medeleerlinge met ʼn mes doodgesteek het.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 10:00 Donderdagoggend by die Vulindlela Primary School in Osizweni buite Newcastle plaasgevind. “Na bewering was drie gr. 7-leerders in ʼn fisiese onderonsie betrokke, waarna een van die leerders glo ʼn mes uitgepluk en twee 15-jariges doodgesteek het.”

Volgens Zwane is die seun kort hierna in hegtenis geneem. “Die polisie het op ʼn mes vol bloed beslag gelê. Die Osizweni-polisie ondersoek die moorde op die twee leerders.”

In ʼn onverwante voorval Dinsdag is nog ʼn skoolseun met ʼn mes doodgesteek by die Hlamvana High School in Esikhaleni. Die 17-jarige en sy beweerde moordenaar het glo in ʼn argument betrokke geraak voordat die slagoffer glo in sy bors met ʼn mes gesteek is. Hy is op die toneel dood.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het sy kommer uitgespreek oor die voorvalle van geweld by skole in die provinsie. “Leerders word versoek om nie gevaarlike wapens skool toe te vat nie.” Hy het ook ʼn beroep op ouers gedoen om seker te maak hul kinders neem nie wapens skool toe nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

HenkL ·

Hulle was seker kwaad oor iets wat Jan van Riebeek gedoen het.

Tammy ·

Le die skuld voor die deur van die minister wat lyfstraf uit die skole verwyder het. In die verlede was dit n skande om pakslae te kry en daarom was daar dissipline by die skole. Nou is dit n uitdaging om so veel as moontlik moeilikheid te maak want niemand kan jou niks doen nie.”Jy is onaantasbaar” volgens die regering. Nou kweek hulle misdadigers in plaas van opgevoede burgers. Gaan leer by die bobbejane en kyk hoe tug hulle hul kinders!!! Die diere is meer opgevoed as die meeste mense.

Andre ·

Hierdie kan ook ‘n geval wees waar ”n slagoffer van boelie net te veel gehad

Danie Kok ·

Ag André, word wakker. Graad 7 was in die ou dae standerd 5. Twee vyftienjariges in graad 7? Dit spreek mos vanself hoekom hierdie dinge op skool gebeur…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.