Seun (12) sterf in fratsongeluk op plaas

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn 12-jarige seun is Vrydagmiddag op ʼn plaas naby Gordonsbaai in die Wes-Kaap doodgeskok.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 16:50 na die toneel ontbied. Met hul aankoms was familielede van die seun besig om noodbehandeling om hom toe te pas in ʼn poging om hom weer by te bring.

“Die seun het glo buite gespeel toe ʼn groot boom omgeval en bo-op kragdrade beland het. Die kragdrade het op die grond geval en die seun geskok,” het Vermaak gesê. “Paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die seun weer by te bring, maar daar was niks meer wat hulle vir hom kon doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Vermaak word daar vermoed dat ʼn sterk wind veroorsaak het dat die boom omgewaai het.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die polisie ʼn geregtelike doodsondersoek geopen het. Rwexana wou nie die naam van die seun bekendmaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mariette ·

So jammer.Baie sterkte vir die gesin,my hart gaan uit na hul al Ken ek hom nie.Sterk wees,Koester die mooi herinneringe.

Beau Schoeman ·

Hierdie pragtige jong seun het elke dag voluit geleef. Sy onskeibare familie is verpletter, maar word deur familie, vriende en die gemeenskap ondersteun. Dit was ‘n groot voorreg om hierdie seun te kon rugby afrig. Rus in vrede in Jesus se arms.

Liv ·

Ai, dis versrkik hartseer! Ons dink aan julle en ons bid vir julle! Baie sterkte. RIV seun.

Zelda ·

Mag die Here die gesin dra in hierdie hartseer tyd. Ek dink aan julle.

Alida du [email protected] ·

Ek ken nie die familie nie, maar woon in Gordonsbaai en het van die tragedie gehoor….Ek bid vir julle vir aanvaarding…Koester die wonderlike herinneringe van jul geliefde seun en mag hy IN VREDE RUS!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.