Seun (12) sterf in fratsongeluk

’n KTM85cc soortgelyk aan die een waarmee Cyle Welgemoed verongeluk het. Foto: ddcracing.net

ʼn Seun van Despatch naby Port Elizabeth is op slag dood in ʼn ongeluk met sy veldfiets.

Cyle Welgemoed (12), ʼn gr. 5-leerder aan die Laerskool Frans Conradie, het Sondagmiddag op sy KTM85cc-veldfiets in Azaliapark op sy tuisdorp gery toe hy blykbaar beheer daaroor verloor en teen die grensmuur van ʼn huis langs die oop veld vasgery het.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê Welgemoed is op die toneel dood verklaar. Die polisie het ʼn ondersoekdossier oopgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Fryingfrog ·

Is die ouderdomsperk vir die ry van so ‘n fiets nie 16 nie? Innige simpatie aan sy ouers.

karen ·

Ek lees ook nêrens van toesig nie. Was daar enige – bv ouer persoon wat saam gekry het?

Bokkie ·

Sover ek kan onthou was die ouderdom vir n 50cc motorfiets 16.
My innige simpatie aan sy ouers.

IK ·

So ook enkele jare gelede het ‘n matriekseun vir ‘n enkele oomblik op ‘n veldfiets geklim en teen ‘n muur vasgery en dood. Hier by ons word daar roekeloos gery met enige ding op wiele. Gaan eerder na ‘n baan waar jy dan ook jouself kan meet aan andere se vernuf. Onthou: ‘You won’t be the first one BUT you could be the next one’.
Sterkte aan die naasbestaandes.

Gesiggie ·

Dit was n ongeluk… enige jong seun hou daarvan om te jaag, veral met n veldfiets….sy remme kon vas geslaan het? ons sal nie weet want ons was nie daar? my Innige meegevoel aan die ouers, om n kind te verloor is een van die seerste seer in die Lewe. RIV jong man.

Lynette ·

Indien hy in die veld gery het en nie op n openbare pad nie, sou daar geen ouderdomsbeperking wees op hierdie enjin-grootte nie. Dis baie hartseer – al was daar ouer-toesig, sou dit nie n waarborg wees dat hy nie sou verongeluk nie. Hierdie goed gebeur so vinnig…

Annelize ·

Daar MOET ‘n ouderdomsbeperking wees. Ons het jare terug ‘n kleinerige Quad gehad, die ouderdomsbeperking plakker (en daar was twee op verskillende plekke aangebring) was groter as enige van die ander plakkers op die Quad.

tokkie ·

So jammer vir die ouers. Iewers sal ‘n stop moet gesit word – dit is nou die hoeveelste keer in 2 weke wat ‘n kind op ‘n motorfiets sterf

Nalatigheid??? ·

Ongeag of daar ‘n ouderdomsbeperking is al dan nie, dis ‘n jong seun en mens het seker nie elke keer die wet nodig om jou te herhinner om nie nalatig op te tree nie. Waar was die ouers toe die seun besluit het om te ry? Hulle kon seker die gevaar in so iets vooraf bereken???

SjN ·

Bly tragies, die muur wat getref was langs die oop veld, die fietse se krag word onderskat, jy laat nie dit gebruik word sonder toesig nie.

Anoniem ·

Ek persoonlik dink…. N seun bly n seun toesig moes daar gewees het want hy was slegs 12. N ongeluk gebeur so maklik. En dit help nie almal komentaar negatief nie. Dink en bid eerder vir die gesin. Dit kon my of jou ook oorkom. Bitter hartseer vd familie. Dit was n pragtige kind. Mag dai tyding my nooit tref nie. Sterkte aan die Welgemoed’s xx

Anna ·

Besef dat ‘n familie ‘n kind verloor het in hierdie ongeluk. Dit is ‘n aaklige gevoel. Maak nie saak wat die omstandighede is nie. Sterkte aan familie. Daar is mense wat vir julle bid.

Ben Niemand ·

As self ‘n motorfiets ryer, moet ek die feit uit wys omdat dit nuuswaardig is, hoe min dit eintlik gebeur. Die opskrif noem dit ook ‘n fratsongeluk. Op dieselfde dag het daar reg oor die land letterlik duisende kinders ook met hul veldfietse gery. Dit is ‘n gevaarlike sport, maar ek dink net om net in Suid Afrika te bly is gevaarlik op sy eie. My meegevoel aan die familie!!

linda limbo ·

wat maak dit nou saak
‘n kind is dood
‘n ma en haar hele gesin is in rou gedompel om nie te praat van sy pelle wat dalk dit moes aanskou!
sterkte aan die gesin en mag Jesus julle styf vashou
as jy nie ‘n jong besige seun het wat buite op sy bike wil ry en eerder xbox wil speel
dont judge

Blondie ·

Dis baie sad. Tog moet ouers asb eers die nodige veiligheids maatreels en toerusting aanskaf voor hulle hul kinders op so ‘n veldfiets laat gaan ry. Gaan kyk gerus hoe tot die meesters “pro’s” se gear lyk. As hulle dit dra dan moet jy weet daar is ‘n rede daarvoor.

Onnie ·

Jou tyd is jou tyd. Maar laat ouers en ander kinders net daarop let dat motorfietse nie speelgoed is nie – enige iets met wiele of ‘n enjin is gevaarlik – en nie eintlik vir kinders bedoel nie. Alle kinders wil “fun” hê, ek was ook so, maar ouers moet raadgee en ‘n wakende oog hou. My pa het ons altyd met ‘n valkoog dopgehou. Dis tragies as ‘n kind sterf. Veral so net voor Kersfees.

Andrea ·

Baie jammer vir die arme ouers. Julle, n kind bly n kind. As ek dink hoe ek op daai ouderdom met my broer se veldfiets op die plaas- en plaaspaaie rondgery het…
Ongeluk kan orals en enige tyd gebeur. Sterkte!

KIKI ·

my suster kind op ouderdom van 3 begin offroads ry. Voor 5 jaar oud het hy 50cc gery.
dus 17 jaar trug.
in die ou dae toe mens nog 50cc pad fiets gekry het moes jy 16 gewees het.
Offroads het nie eers papiere en jy hoef nie licence te he nie.
Als op eie risiko

Abe ·

Dis nie ‘n fratsongeluk nie. Dis bloot ‘n ongeluk. Die kind het beheer oor die fiets verloor en ‘ n ongeluk gemaak.

Cathy Jordaan ·

Al is dis n normal fiets n ongeluk gebeur baie hartseer o Heer u weet hoe om die ouers te troos

Werner de boer ·

Daai seun het gereeld by die winkel onder my gekom.hy het altyd ordentlik gery.n fratsongeluk kan met enige iemand gebeur,met of sonder toesig oud of jonk.hy was n vriendelike seun.sterkte aan sy familie deur die moeilike tyd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.