Seun (12) sterf, pa beseer in vliegongeluk

Argieffoto van ʼn Magni Gyro-sportvliegtuig (Foto: By Alan Lebeda – Gallery page http://www.airliners.net via Wikimedia Commons)

Die burgerlike lugvaartowerheid (BLO) stel ondersoek in ná ʼn vliegtuigongeluk Maandag naby Laingsburg in die Wes-Kaap.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die BLO, het aan Maroela Media gesê die organisasie is in kennis gestel van die voorval en die span is reeds besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek. “ʼn Klein sportvliegtuig, ʼn Magni Gyro, was in die ongeluk betrokke. Dit het by die Laingsburg-vliegveld plaasgevind,” het Ledwaba bygevoeg.

“Twee mense was aan boord en een het noodlottige beserings opgedoen. Die ander persoon is ernstig beseer.”

Ledwaba het gesê in hierdie stadium is daar nog nie verdere inligting beskikbaar nie. “ʼn Voorlopige verslag sal binne 30 dae vrygestel word.”

Maroela Media verneem die oorledene is ʼn 12-jarige seun, ʼn leerder van die Rijk Tulbagh- privaat skool. Hy en sy pa het tydens die voorval ʼn saamtrek van sportvliegtuie bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Madz ·

Is daar nie ‘n skielike toename in lug-/vlieg ongelukke deesdae nie……?

Miskruier ·

Ja, ek verwonder myself ook daaroor, dalk is die vrot ook al in dié bedryf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.