Seun (12) verdrink tydens skooluitstappie

Argieffoto: NSRI

Argieffoto: NSRI

ʼn Skooluitstappie het Maandag ʼn tragiese nadraai gehad nadat ʼn laerskoolseun van King William’s Town in die Oos-Kaap in die see by Glen Eden verdrink het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê sy Oos-Londen-bemanningslede is omstreeks 12:15 na die toneel by Glen Eden, noord van Oos-Londen, ontbied. ʼn Reddingsboot is die see ingestuur om na die 12-jarige seun te soek, terwyl ʼn helikopter vanuit die lug gesoek het. Bemanningslede het ook al langs die kuslyn begin soek.

Reddingswerkers in die helikopter het die liggaam van die kind in die see opgemerk en die reddingsboot in die rigting daarvan gestuur. Die liggaam is deur die boot na die strand gebring waar paramedici die kind dood verklaar het.

Volgens die NSRI was die kind deel van ʼn groep van minstens 20 leerders van ʼn laerskool in King William’s Town wat saam met personeellede van die skool die strand besoek het. Die kinders het glo saam in die see geswem toe die seun deur seestrome meegesleur is.

Die kind se liggaam is aan die forensiese patologiedienste oorhandig en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen. NSRI het nie die seun se naam bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Raymond Bastone ·

AiAiAi dit is baie tragies. Sterkte en seën vir die ouers en skool bid ons julle toe

CommentQueen ·

Dit is so tragies!!!
Ons as ouers beskerm ons kinders van babatyd af. Doen als in ons vermoeë om ons liefielyfies veilig te hou. Babyproof ons huise. Omhein die swembad. Hekkies by die trappe. Sitplek gordels en karstoeltjies…. Dan word hulle groot en gaan op skool uitstappies. Ek vrees vir die dag wat my kinders in daardie skoolbus moet klim!
….dit klink sekerlik selfsugtig, maar ek wens die uitstappies wil minder word.
Ek is net dankbaar dat ek nog my kind kan rondry na sportgebeure en uitstappies, en ek sal dit seker ook doen vir SO LANK EK NOG KAN…..
#ParanoidMom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.