Seun (12) verkrag glo peuter

Argieffoto bloot ter illustrasie.

Die polisie in Limpopo se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het ’n ondersoek van stapel gestuur nadat ’n jong seun (12) ’n driejarige meisie vandeesweek in Thohoyandou na bewering verkrag het.

DIe beweerde voorval het Dinsdagmiddag in die Tshififi-nedersetting plaasgevind.

Brig. Hlulani Mashaba, polisiewoordvoerder, sê voorlopige inligting dui daarop dat die slagoffer saam met ander kinders by die verdagte se huis gaan speel het. Die peuter is later terug na haar eie huis waar haar ma onraad vermoed het.

Die kleinding se ma het haar toe na die plaaslike kliniek geneem waar mediese personeel eindelik bevestig het dat sy verkrag is.

Die polisie is gekontak en ’n saak van verkragting is aanhangig gemaak.

Die hulp van ’n proefbeampte is ook sedertdien ingeroep aangesien die verdagte minderjarig is.

Lt.genl. Thembi Hadebe, polisiekommissaris in Limpopo, het Donderdag haar skok oor die voorval uitgespreek.

“Daar is ’n toename in die seksualisering van kinders en hulle word die slagoffer van mishandeling wat deur volwassenes en kinders self gepleeg word. Ouers moet meer aandag gee aan die kinders wat hulle grootmaak en altyd beskermend wees oor hul toekoms en waaraan hulle blootgestel word.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Janine ·

Hou OP seks in kinders se keelgate afdruk! Liewe hemel! Dis JULLE skuld! Voed jul mense op!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.