Seun (13) al nege keer onder die mes: ‘Dis nalatigheid,’ sê ouers

Ricardo Lochner (Foto: Child Medi)

Die ouers van ’n 13-jarige seun van die Oos-Rand in Gauteng wend hulself nou na weldoeners om hul seun se mediese behandeling en hospitalisasie te betaal nadat ’n verkeerde diagnose hom glo al nege keer op die operasietafel laat beland het.

Amor Schoeman, woordvoerder van die Child Medi-organisasie, sê die ouers het dié organisasie in ’n brief genader en gesê hulle is totaal moedeloos nadat hul seun, Ricardo Lochner, se toestand Donderdag weer versleg het.

Volgens die brief is Ricardo aanvanklik verkeerdelik gediagnoseer nadat hy van erge maagpyn gekla het. Sy ouers sê in die brief sy blindederm het kort daarna gebars, waarna hy ’n noodoperasie moes ondergaan om sy blindederm te verwyder. Die operasie is in ’n staatshospitaal gedoen.

Hoewel die dokters gesê het die operasie was ’n sukses, het die wond weer oopgeskeur. Hy is weer terug teater toe, waarna die dokter bevind het dat hy ’n gat in sy dikderm het.

Volgens die brief het sy oom hom daarna na ’n privaat hospitaal geneem, waar die dokters gesê het sy dikderm is vergroot en sy dunderm verbrokkel as gevolg van die toksines van die blindederm wat gebars het.

“Sy lewe was in gevaar en die dokters het ons op die ergste voorberei. Hy moes nege operasies kry om die skade reg te maak. Dit het sy lewe gered,” skryf sy ouers in die brief.

Hoewel weldoeners reeds gehelp het om Ricardo se aanvanklike hospitalisasie en behandeling te betaal, het sy toestand Donderdag weer versleg.

“Ons kon intussen R98 000 aan die hospitaal betaal wat sy hospitalisasie vir twee dae in die hoësorgeenheid en vyf dae in ʼn gewone saal sou dek. As gevolg van sy suurstofvlakke wat drasties gedaal het, is hy nog steeds in die hoësorgeenheid en moet hy baie duur medikasie ontvang,” lui die brief.

Die ouers moet nou nog ʼn verdere R50 000 betaal om hom langer vir sy behandeling en sorg in die hoësorgeenheid te hou. Die familie smeek weldoeners nou om hul harte oop te maak en hul seun se lewe te red.

“Ons as sy ouers en familie is finansieel nie meer in staat om die kostes te dra nie as gevolg van al die enorme uitgawes van die vorige operasies. Daarom neem ons as sy ouers die vrymoedigheid om die publiek te nader sodat ons seun, wat maande van erge pyn moes verduur en wat by die dood omgedraai het, weer ʼn normale kinderlewe kan hê en soos ander 13-jarige kinders skoolklere kan dra en rugby kan speel.”

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak, kontak die Child Medi-organisasie by [email protected] of bel Amor Schoeman by 062 266 0486. Besoek ook die Child Medi-webwerf.

Ricardo Lochner (Foto: Child Medi)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Dokter ·

My vraag was nog altyd waarom word dokters nooit vervolg nie. Waarom is dit dat hulle ALTYD reg is. Hoeveel keer het dit al gebeur dat ek medikasie kry wat nie met my akkordeer nie wat ek moes betaal en dan word dit vervang met nuwe medikasie waarvoor ek OOK weer moet betaal. Soveel verkeerde diagnoses word daagliks gemaak en die dokters kom net weg daarmee!!! Dit is nie reg nie.

Petrie ·

Sover ek al kon oplees oor wat jy praat (waarmee ek 100% saamstem) is dat dit onsettend moeilik is om hulle verkeerd te bewys agv simtome ens kan verander, en daar kan nie “feite” gegee word deur die pasient of ouers ens nie, die dr kan net sê toe hy hom ondersoek het, was daar geen teken van die ander nie ens.

MissDemeanor ·

Partykeer red dokters ook mense sr lewens. Soms mask hul verkeerde diagnoses want die simptome van verskeie toestande lyk eenders. Domterd moet nie vervolg word vir verkeerde diagnoses nie, wel vir nalatigheid. Ek hoop hierdie seun oorleef en herstel.

Riki ·

Net God alleen weet vooraf of medikasie met jou gaan akkordeer of nie. As ‘n sekere medikasie jou voorheen sleg affekteer het , moet jy dit sê, dan sal dit nie weer vir jou voorgeskryf word nie. Dokters verkoop nie die medikasie nie. Hulle kry niks daaruit nie.
Dokters word wel vervolg. Hulle word ook geboelie en sleggesê. Dit maak maar seer vir mediese mense wat omgee en hul bes probeer doen terwyl die mediese fondse hulle met ‘n ysterhand regeer.

Madelyn ·

Omdat dit moeilik is om saak te maak. Ek het probeer na ‘n dokter my ulnare senuwee afgesny het in my arm. R50 000 later word daar vir ons gese dat ons nie genoeg bewyse het nie (net ‘n hele leer vol). Dis waar dat dokters ook net mense is maar daarom het hulle die versekering wat hulle dek. Maar hulle aanvaar glad nie eers die skuld daarvoor nie. Tien jaar aan en vier operasies is die arm nigsteeds net soos dit was na die eerste operasie. En dan sukkel ‘n mens nog om die dokters te kry om teen mekaar te getuig.

OOK NET MENS ·

Baie maklik om anoniem stellings op sosiale media te maak sonder enige bewys. Dis mense soos jy wat bekwame dokters die land laat verlaat en ook kinders ander goed laat studeer . Hulle sien hoe hard hulle ouers werk en dink ons is stupid om sulke ure werk en altyd daarna steeds gekritiseer te word.

Elizabeth ·

Ek simpatiseer met die ouders, ek het ‘n niggie verlede week verloor in Worcester hospitaal ook deur ‘n gebraste blinde derm sy laat ‘n tweejarige seuntjie agter, nalatig!

Ouma ·

Ai mense, kom ons help. As elkeen van ons net R100 gee, kan ons baie gou by R50,000 uitkom. Ek meen, wat koop mens deesdae vir R100? Net 2 lt Melk en ‘n brood. Maar as ons almal bysit, help ons ‘n kind wat al deur diep waters gegaan het. By die staatshospitale gaan jy dood. Te min Dokters en te moeg om ‘n behoorlike diagnose te maak. En dan die nasorg……..
Sterkte, ek hoop julle kry gou die bedrag wat julle benodig. Ek sal beslis geld skenk; al het ek dit self nie breed nie.

Ouma ·

Kan ons asseblief die bankbesonderhede kry vir hierdie kind? Ek neem aan MM sal die regte besonderhede aan ons kan gee?

Chantelle ·

Ek stem saam kom ons almal gee R100 en help ek sou jou gevra het as dit my kind was

Tina ·

Waar koop jy jou brood en 2L melk dat dit jou R100 kos? Hier by ons is dit R10 ‘n brood en R7 ‘n sakkie melk, dus R24 vir ‘n witbrood en 2L volroom melk. Ja ek wil graag ook help maar dan eet my kinders nie vanaand nie.

Dokter se vrou ·

NIEMAND weet watter hel n dokter deurgaan as n pasient sterf nie. Foute gebeur wel maar dis altyd maklik om klippe te gooi . Baie van ons kollegas werk oorsee waar hulle werklik waardeer word. Wie en waar gaan julle wat klippe gooi behandel word as ons almal loop???? Gaan kyk hoe lyk Zambie se groot nuwe staatshospitaal en dan kan ons weer praat.

Wonder maar net ... ·

Ek hoop die organisasie baklei vir mediese fonds tariewe by alle hospitale en sake waarby hul betrokke raak. Want die verskil tussen privaat tariewe teenoor mediese fonds tariewe by n privaat hospitaal kan soms astronomies wees. Ek persoonlik dink dis n skande om R98,000 vir twee nagte in hoë sorg te betaal, kan virseker sê geen mediese fonds sal dit aan enige hospitaal betaal vir 2 nagte nie. Al gebruik hulle 2000 naalde en 5kg watte.. Tyd dat daar n slag ondersoeke begin om te kyk of dit wettig is om soveel geld te vra . Ai, intussen Hoop en Bid ons vir spoedige herstel en die nodige fondse. X

Marina ·

Gaan kla daardie dokter wat nalatig was aan by die mediese raad die Hpcsa en dan dagvaar daardie dokter vir die skade wat hy aangerrig het vir alles wat hy het daars n baie goeie prokureur wat spesialiseer in hierdie tipe sake en hy verloor nie sy sake nie hys oral bekend en sy advertensie verskyn gereeld op tv. Dis net my raad wat ek het vir die arme ouers.Ek mag ongelukkig nie name bekend maak nie.

MissDemeanor ·

Wat help dot nou as jy vir die mense vertel daar is n baie goeie prokureur en jy gee geen verdere inligting nie. Hoe moet hul dan nou by die baie goeie prokereur uitkom. Dis nie juis veel van n hulp nie.

Engela ·

Dr’s word altyd afgekraak en blameer,onthou net elke saak het 2 kante.As ek wat self ‘n Dr is so na die foto kyk bied die pasiënt baie risiko faktore wat enige eenvoudige operasie kan kompliseer.Medies is nie wit of swart nie dis grys….alles oorvleuel en simptome verander konstant.
Dr’s is ook net mense wat kan foute maak.Een van die mees gevaarlikste situasies is ‘n akute buik en dis wat gebeur as die blindederm bars.Die blindederm wat bars is geen Dr se skuld nie dis iets wat spontaan met enige iemand kan gebeur.
Dr’s begrawe nie hul foute nie,daar is risiko’s aan enige prosedure en dit word egter aan iedere en elke pasiênt vooraf verduidelik voor hulle skriftelike toesteming gee voor enige iets aan hulle gedoen mag word.

Ongelukkig is Dr’s nie soos mechanics nie want motors is mens gemaakte goed mense is egter geskape wat hulle baie meer kompleks maak.
Dus voor mense net die blaam op dr’s pak kry eers al die feite van beide kante.
Sterkte met die sutuasie en hoop dat ordentelike chirurg hom kan help.

Pieter ·

Engela, ek hoor wat jy sê, maar stem nie volkome saam nie. Ek erken, medies nie net swart of wit nie, maar so ook is baie ander professies. Verskil is, as ek as ingeneer opneuk, word ek verantwoordelik daarvoor gehou. Daar ook baie onvoorsiene faktore wat ek moet in faktor en met klient deel. So jou argument hou nie water nie. Drs gou om dit toe te skryf aan komplikasies ens. Dink hulle is “untouchable” en ongelukkig is ons nasie nog te bang om op te staan teen die medici wat ons melk in alle opsigte, deels ook omdat dit geweldig baie geld kos om vergoeding te soek. Ek self het al deurgeloop onder drs wat my opgefoeter het. En dit is “straightforward” ortepediese operasies gewees, maar dr mos nooit, ooit verkeerd nie.

Kenna ·

Engela ek ken die seun en sy gesin persoonlik. Dink jy moet weer bietjie dink voor jy iets se. Die kind lei al vir jare en jare, wens jy kon die mense in persoon ontmoet dat hul jou die hele storie kan vertel. Dat hul jou kan se hoeveel nagte was die kind in die hospital sonder dat die dokter hom eers gesien het. So ook die feit dat toe daar n saak gemaak word toe verdwyn die pasient se leer skielik. So ja daar is baie detail wat jy nie van weet nie. So voor jy die pasient en sy gesin blameer en skuld van die dokter wil wegvat, hoor die hele storie.

MissDemeanor ·

Jy sal dan sekerlik ook weet dat mense se blinde derms soms “vir geen rede” verwyder word. Soms het iemand iets soos Mesenteriale Adenitis en erge buik pyn en die dokters by ER tree dan vinnig op en verwyder gou die blindederm voor dit bars want hul diagnoseer dit verkeerd as blonde detm ontsteking. Kan mens hul regtig kwalik neem? As twee siektes eenders lyk en een siekte kom baie gereeld voor en die ander een is uiters uiters skaars. Dan is dit mos nie n fout om die algemene siekte te behandel nie. Dokters maak staat op “indicators” in hul diagnoses. Dit is nie hul skuld as daardie indicators nie goed bestudeer is of moeilik is om te identifiseer nie. Miskien in die toekoms sal mens n baie vinnige bloed toets kan doen…maar nou vat dinge tyd en hul moet maar probeer en kyk wat gebeur. Soms gaan mense dood. Dit is nie altyd die Dr se skuld nie!

MissDemeanor ·

Ag alweer spelfoute! Jammer. Wou vroer noem dat dokters soms dink iets is blinde derm ontsteking maar dan is dit eintlik n skaars maar relatief skadelose Mesenteriale adenitis (buikvlies ontsteking). Jammer ek spel so goor.

Spook ·

Ek stem in n mate saam, maar ook nie. Ek was by verskeie dokters en net een kon reguit vir my se dit is my galblaas, en hy was korrek. My huis dokter is uitstekend, my nog nooit in die steek gelaat nie, ek is al van kinderdae af by hom. Maar, ek was teleurgesteld in van die ander dokters Wat ek wel gesien het, maar ek besef ook dat dokters met die jare ondervinding optel. Maar wat met die seun gebeur het is n tragedie, ek hoop dat ons almal ietsie kan bydra.

danie ·

Dr ,s kom weg met baie dinge en die ergste is die klient moet betaal vir die goed em sleg. As ek n vout maak in my beroep word ek nie betaal nie. As ek nie die fout korek opspoor en tegmaak nie word ek nie betaal nie. Baie foute lyk eenders en daarom maak mens staat op ondervinding. Ek dink die tyd is nou hier om dr aanspreeklik te hou .

Vinkie ·

My dogter was deur n spinnekop gebyt, Sy was baie siek dood siek, Ek het haar by n privaat Dr gehad en vir hom gese ek vermoed sy is septies waarop hy my reken ek moet hom nie sy werk leer nie, Sy is huis toe gestuur met meds 2at vir kinders bedoel was, Twee dae later toe gaan sy in septiese skok, Sy land in Kalafong, Hulle het haar lewe gered maar 5 septiese wonde later toe teken ek haar uit, Sy het ook n stoma sakkie ons het nie geld vir die reversal nie, Ek het die privaat Dr en hospitaal aan gegee, Privaat Dr se rekening afdeling bel my en vra as hulle die R790 afskryf of ek die saak sal terug trek, Ek het hulle warm plek toe gestuur en gaan voort met die saak, Is R790 my kind se lewe werd, As hy nie skuldig was nie hoekom moet ek die saak terug trek, Dis net n kort storie van wat alles gebeur het, My dogter kan al vir n jaar en 5 maande nie werk nie en het 2 kinders, Daai saak sal voort gaan kom wat wil, Sy het ook al 7 operasies gehad en daar le nog voor.

Jannes ·

Staatsdiens het waarskynlik kon waarskynlik nie hom gou genoeg in teater kry of CT skanderings doen nie agv ontsettende pasiënt lading soos dit by alle staatshospitale gaan. Dermperforasie is ‘n komplikasie van ‘n blinde derm wat bara, nie verkeerde diagnose nie. Wat verwag mense van staatshospitale? Het julle al gekyk hoe dit daar binne lyk?
Besef mense dat mediese fondse aan dokters dikteer watter operasies en prosedures om te volg en tog geen verantwoordelikheid neem nie. Mediese kostes raak al duurder maar dit gaan nie aan dokters nie dit word geskep deur die fondse!! En hoe meer onnodige dagvaardings daar gedoen word hoe duurder raak die mediese kostes agv versekerings! Dink vir ‘n slag.

Christelle ·

Ek stem saam met van die lesers wat die vervolging van dokters betref.
Ons is finansiele adviseurs en word ongelooflik streng gereguleer… soos dit vir my lyk .. kan jy iemand laat dood gaan jy moet tog net nie sy geld verkeerd bestuur nie.. sjoe.. hier kort heelwat nuwe regulasies in ons land

Marius ·

Die dokters kan ten minste enige verdere kostes afskryf aangesien dit hulle fout was.Anders moet hulle hof toe gesleep word.

Kathy ·

Dit was ‘n staatshospitaal wat eerste op hom geopereer het. Hy is nou in n privaat hospitaal en hulle sal geen koste afskryf nie.

Vanessa ·

Die dokter wat die laaste operasie gedoen het is n briljante chirurg en die Jong man kry die beste moontlike sorg. Dis jammer dat hy deur so baie trauma moes gaan op so n jong ouderdom. Bid vir volkome geneesing en vra vir bo natuurlike insig vir die behandelende dokter sodat die seun sy lewe kan begin geniet!

popeye ·

Sê my gou as julle al opgelet het….waarmee skryf jou dokter in jou leêr….pen of potlood???

Madelein ·

My dokter skryf nog altyd met ‘n pen. In teendeel word alles nou op ‘n rekenaarstelsel geplaas.

Lance ·

Hoekom moet jy ń dr.as dr. aanspreek en ń meganiese ing.op sy naam.

MissDemeanor ·

Want die meganiese ingeneur het maar net n Bachelor of Honeurs graad en as hy / sy wil he iemand moet hul Dr noem dan moet hul ‘n PhD voltooi. Maar as jy regtig wil dan kan jy altyd jou briewe afsluit met Lance Van Watookal (B.Ing).

Nadia ·

Nee dit gaan nie oor studierigtings nie, baie dokters het nie hul doktorale graad nie en daar is ñ verskil tussen doktor en dokter. Dis net ñ aanspreekvorm, my titel is juffrou ongeag wie met my praat want dis deel v my beroep, nes ñ dokter sin seker. Sekere beroepe het nie aanspreekvorms nie, susters het ook een, asook predikante ens.

MissDemeanor ·

Ner Nadia. Mense wat PhDs het word ook as Dokter aangespreek ( by formele geleenthede). Ek werk by n universiteit so ek weet. Dit vat n sekere aantal jare om m PhD te kry (ongeveer 7 jaar as mens tel van begin van Bachelor graad af maar dit verskil in vakrigtings, tussen universiteite en lande). Om n volwaardige mediese dokter te word ook ( alhoewel hul graad n Meestersgraad is , M.Ch). Jou titel is ‘n aanduiding van hoe hard jy gewerk het en hoe geleerd jy is. Maar tog dink ek ook dit is bietjie oppervlakkig as mense daarop aandring om titels te gebruik. Mense se graad maak noe van jou ‘n beter of belangriker mens nie.

Jes ·

Ek het die seun en sy ouers al ontmoet. Hy het die mooiste maniere wat ek nog ooit by n kind gesien het. Hoop mense wat in staat is sal hul harte oopmaak en hand bysit met die rekeninge. Dit kan nie vir die ouers maklik wees nie. Dink aan jou Ricardo, sterk wees seun. Sterkte vir die familie. Ons hou jul in ons gebede.

Tina ·

As n pasient betyds by die regte Doktor kan uitkom in n staats hospital kan die pasient gered word. Maar daar sit so baie pasiente in die staatshospitale, en jy sal verbaas wees hoeveel het mediese fondse, maar hulle wil nie hul fondse uitput nie en hulle betaal goedkoper by die staat. Private dokters is te duur.
Geen 2 mense reageer dieselfde nie. Maar die mediese personeel word geleer DAT as pasient A die simptome het en die medisyne neem MOET dit gebeur
, maar ongelukkig gebeur dit nie altyd nie, Wat nou? Nou word opgesring en klippe gegooi en gebrand en geskree en die dienste verswak nog meer. Soos wie is die skuldiges???

anna ·

maak nie saak wat die dr doen nie.Alls word toe gesmeer.Ek was in 1996 deur n dr verkeert geany ger n saak vir 2 jaar teen hom gehat hehe hy is onskuldig bevind ek her all bewyse gehat dr mag nue teen dr gaan nie.Ek voel jammer vir die seun en diw vrou wat hulle niggie verloor het daar is 1/1000000 war dr verkeert bewys word

martha dekker ·

ja vir wie kan n mens blameer as iemand onnodig in n hospitaal dood gaan waar hy moes in icu moes wees maar word in n saal in n hoek gegooi sonder verpleegsters wat kyk na hul dan sterk hy aan maar na 3 ure is hy dood sonder dat hul jou laat weet kom volgende besoek daar daar nie een om jou die tyding te gee nie trek gordyn om bed oop en wat kry ek n mens toe gedraai in lakens en met toue vas gebind tot vandag glo ek dit was nie my man wat daar gele het nie soek hom nog steeds en dit al vyf maande sit hier met n mens se as en moet maar aan vaar dit is my man

Nadia ·

My pa is weens nalatigheid in Kalafong oorlede. Nadat ñ prof my oortuig het om hom daar te hou, ek glo dit sal eendag opvang met die dokter wat verantwoordelik was & nie na ons geluister het nie. Ek kan nie sien wat nalatig in die geval was nie? Ek is al misgediagnoseer in die trauma eenheid en dis net omdat hulle jou dadelik wil help & ook nie gemagtig is vir allerlei toetse ens nie. Ek was al ñ staat & privaat pasient & tot die privaat hospitaal laat veel te wense oor. Hiervoor gaan ek gekruisig word, maar ek hou die ouers ook verantwoordelik, 1) jou kind is jou lewe & as jy enigiets vir hom sal doen dan offer jy enigiets op vir medies of ñ hospitaal plan, my kleinboet is op my medies want ek vrees die dag wat hy op ñ rugbyveld seer kry, ek betaal dit en sal enige opoffering maak, 2) daai seun is oorgewig, wat bitter sleg is vir sy gesondheid. As hy sou rugby speel & over extend sy knieë is die kruisligamente af. Hoe moet sy knieë sy lyf dra? Dan begin ek wonder oor die leefstyl & hoe verantwoordelik ouers is in hierdie hele saak. Daar is meer agter die storie. Baie sterkte

M'Lady ·

Goeie genade, dis nie hoe n operasie snit moet lyk nie. Die dokter wat dit gedoen het hoort eerder by n slagpale. Hy moet verbied word om enigsins weer te opereer. Verseker n gevaar vir die volgende pasient wat onder sy skalpel moet deurloop.

Sue ·

Het nou die dag n werker na Die Wilgers geneem met n gesnyde vinger. Hulle wou nie iin Noodgevalle die wond skoonmaak nie. Hulle kwoteer on R36,800 om dit in die teater skopn te maak! Hy is toe met my tax geld per ambulaans na Mamelodi geneem…en hulle het dit in die gang van die ongevalle skoongemaak..steke ingesit en toegedraai…en dit het hom niks gekos nie… so…mediese behandeling in Privaat hospitale is net so uiters skokkend!!!

Johann ·

R500 oor betaal vir Ricardo aan Child Medi Organisation.
Sterkte ou bul!
Bid vir jou.

Johann ·

Ek het na Child Medi se webwerf gegaan wat aan die einde van die artikel is.
Child Medi se bank besonderhede is onderaan hulle webwerf.
Hulle het ook Ricardo se storie daar.

Ek het sommer Ricardo se naam gebruik as ‘n verwysing.

Hanna ·

n Blindederm wat gebars het hou n geweldige resiko in vir die patient. Sepsis wat intree is nie die skuld van enige iemand nie. Geld kàn dalk help Maar in Diè geval kan net God help.
Bid, bid, bid sonder ophou.

Lance ·

Ons almal weet as jy ń graad of diploma het in onderwys is jy ń onderwyser,maar niemand kan my kinders verplig om jou op jou titel te noem as hy in ń privaat skool is nie,en dit hang seker af in watter bedeling hy is.Verskoon sukkel maar ń bietjie met die mooi taal afr.Moet my nie verkeerd verstaaan lief vir afr.sy kultuur en land en hartseer wat die seun oor gekom het,hy verdien nie die behandeling nie,ek was daar ek waarvan ek praat,ń week in ICU
en ń maand in ń algemene saal vir dokters wat mie hulle werk ken nie. Maar danksy Pretoria oos hospitaal het ek na 3dae as ń gesonde man daar uit gestap.Die blare aan die bome het anders gevoel,die lewe het daarna net meer betekeniswaadig gevoel.Prys die Drś,verpleegsters en die Here vir n tweede kans.

Ook net mens ·

Weet pasiente dat die regsberoep die derde party eise en besering aan diens fonds totaal verwoes het met oordrewe eise. Dokters is nou die volgende maklike geld om te melk. Weet enigiemand watter trauma ons self ervaar as ons pasiente verloor? Dis maklik om klippe te gooi maar die werklikheid is dat ek 3 kinders op UP het wat glad nie wil doen wat ek doen nie aangesien hulle groot geword het in n huis waar pa altyd werk, baie baklei dat fondse betaal en geweldig baie emosionele bagasie het want elke pasient is n mens wat vir my belangrik is. Dis baie maklik klippe te gooi maar enigiemand wat vir 72 uur en langer werk kan en sal foute maak. Al my vriende werk reeds in kanada en ek ook reeds Europese registrasie maar dis my keuse om in hierdie land te werk. Bleek dokters is n bedreigde spesie maar as ons almal loop wat gaan dan van julle word. Dink eers weer aan anderkant van saak voor jy sosiale media anoniem kritiek lewer. NS Leer ook asb hoe om te spel!!

jack ·

Daar is goeie dokters en daar is dokters wat net-net geslaag het. Dit hang af watter een van die 2 jou behandel. Jy hoef nie n genie te wees on die kwaksalwers uit te ken nie. En hulle is in staatshospitale sowel as in privaat praktyk. Dis skandalig wat in hospitale aangaan. Ek bid vir die seun.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.