Seun (13) deur jagluiperd aangeval in Jhb-park

'n Jagluiperd in die Leeupark. Foto: Facebook

‘n Jagluiperd in die Leeupark. Foto: Facebook

ʼn 13-jarige seun is deur  ʼn jagluiperd aangeval en gebyt by die Leeupark in Honeydew, Johannesburg.

Scott Simpson, woordvoerder van die Leeupark, het aan Maroela Media gesê twee seuns, wat in ʼn informele nedersetting naby die park woon, het Vrydagmiddag deur ʼn draadheining gekruip en met hulle fietse teen die jagluiperdkamp se heining afgery. Die wag by die jagluiperdkamp het nie die seuns gesien toe hy die hek vir ʼn motor oopgemaak het nie.

Volgens Simpson het een van die jagluiperds uit die kamp gehardloop en die 13-jarige op sy fiets bespring en gebyt toe hy val. ʼn Veldwagter was vinnig op die toneel en kon daarin slaag om die jagluiperd van die seun af te kry. Die seun is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en is Dinsdag ontslaan. Hy het bytmerke aan sy arm en skouer opgedoen.

Simpson het gesê hulle gaan veiligheidsmaatreëls in die park verskerp deur onder meer nog waarskuwingsborde aan te bring.

Die nuutste voorval het plaasgevind twee dae nadat ʼn Australiese toeris deur ʼn leeu gebyt is in die park. Brendan Smith en ’n vriend van Pretoria het Woensdag deur die leeukamp in die park gery. Smith het aan die passasierskant gesit en sy venster was oop. Volgens Simpson het hulle in ʼn stadium stilgehou om ’n foto te neem. Smith het in die vriend se rigting gekyk en nie een van die twee het glo die leeu langs die motor opgemerk nie. Die leeu sy kop by die venster ingedruk en Simpson aan die bobeen gebyt. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Theresa ·

Al van kleins af untouchable. Ek sien dit daagliks. Hulle leer dit by die grootmense. Ek hoop nie julle gaan enige iets aan daardie luiperd doen nie. Slaan eerder daardie ek-weet-alles-en -ek -kan-alles-doen uit die kinders uit!!!

M de Kock ·

Stem saam! Hulle moet verantwoordelikheid vir eie dade leer aanvaar.

Theresa ·

Waarvoor het daardie Ausie met sy venster oopgery?? As jy hier jou lyf wil kom swaai moet jy die natuur respekteer. Maar almal dink mos hulle weet van beter. En wie betaal altyd die prys vir mense se onnoselheid – die arme diere wat net hulself en hul gebied “verdedig”.

Nina ·

13 is ook darem wragtig nie meer onnosel nie! Hy en sy maatjie kort elk ‘n hengse pakslae! Die feit dat hulle SKELM deur die draad geklim het, wys mos hulle het goed geweet dis verkeerd!

Eliza-beth ·

Wat die Aussie betref – ek glo glad nie hul storie dat ‘n luiperd sy kop SO ver in ‘n venster kon steek EN afbuig om die ou se bobeen te byt nie! Dink net mooi dis fisies onmoontlik – seker weer sy deur oopgemaak, mense dink mos wilde diere is daar om verpes te word of hulle wil nou wys hoe “dapper” hulle is deur die dier te terg/uit te klim. As hulle dan gebyt word – wel KRY vir julle, geen simpatie. Ek hoop nie die arme diere word van kant gemaak omdat hul dan nou al meer “probleemdiere” word nie. Wat die kinders betref – hopelik versprei die woord en sal hulle ophou skelm wil wees en onder drade wil deurklim en kortpaaie vat. So, KRY vir julle ook, weereens geen simpatie. Maroela, verwyder maar gerus my kommentaar sou julle nou weer so voel, dis hoe ek voel en hoe dit is!

KarooKlong ·

Die Aussie is deur ‘n leeu gebyt.
Of mis ek iets iewers?

Eliza-beth ·

Karooklong – jammer leeu – selle ding, onMOONTLIK dat die leeu dit kon doen. Hoe groot is ‘n leeu se kop, hoe groot is ‘n venster, ja as hy die ou aan die skouer gebyt het sou ek dit glo – maar aan die bobeen?? AIKONA! Aussie se eie skuld, geen simpatie

Leeutjie ·

Eliza-beth, dit was ‘n leeukop. Nie ‘n luiperd nie. Ek stem saam met jou oor jou spekulasie. Daardie groot kop by die venster indruk en die been byt…? Te dik vir ‘n daalder se ek!

Chris ·

Elizabeth l ja hulle kan deur ‘n oop venster jou bykom, hy was gelukkig. As hy buite die motor was, was hy dood. ‘n Leeu se kop is nou nie so groot soos ‘n huis nie. Dit gaan hier nou oor die twee kinders was onwettig die park betree het. Die Aussie is al lankal vergete en hy het mos erken dat jy die fout gemaak het. Al ooit gehoor van vergewe.

Eliza-beth ·

Ai tog Chris moet jy nou hare kloof. Wat het vergewe tog nou met enigiets te doene? Ons praat nou nie van moordenaars hier wat vergewe moet word nie, ai tog ek lag maar net vir jou. Enigeen weet ook ‘n leeukop is nie so groot soos ‘n huis maar ek laat my NIE vertel die leeu sou sy kop so ver kon insteek en die bobeen raakbyt nie. Bollie! Die persoon se skouer sou ‘n baie makliker teiken (en meer geloofwaardig) wees. Bedaar nou maar en drink ‘n koppie tee.

Charlene ·

1. Slaan die kind se agterstewe aan die brand, of sit hom in `n skool sodat hy kan leer lees want duidelik kan hy nie lees nie..
2. Hoe het die Aussie gesit dat die leeu in die kar ONGESIEN kan klim en haar aan die bo-been byt?????
Dis `n wilde dier nie `n skoot hondjie nie, as hy bang en/of bedreig voel gaan hy byt. dis wat hulle doen…
Hoop nie hulle wil die diere uitsit oor `n kind wat nie kan dink en/of lees nie. Die kind en sy ouers moet die verndwoordelikheid dra van die kind se gedrag.

John ·

Ek hoop net die luiperd is ongedeerd. Seker sal daar nou weer ñ aksiegroep of iemand wees wat sal toy-toy om die dier te straf.

Nico ·

Dier is dier, hulle dink nie soos n mens nie, maar nou ja – party van ons KAN NIE dink nie. Stem 100% vir die jagluiperd.

Akram ·

Wel as die Aussie aan sy bo been gebyt is, het hy dalk met sy voete bestuur. Die kinder bly naby die kamp, dalk het hulle die diere geteister. ek hoop nou net nie dat die dier van kant gemaak word nie. meer waarskuwing tekens sal help. mits die mense kan lees…..

Neptunus ·

Natuurlik is dit hierdie knaap se eie skuld dat die jagluiperd hom geskraap het. Wonder egter hoeveel kommentators hierbo se eie kinders staan in die motor, ry saam sonder sitplekgordels of sommer op ouma se skoot op die voorsitplek, of hoeveel ouers stop nie by stopstrate nie, ha! ‘n Ruk terug het die meeste lesers gesanik “Moenie oordeel nie!” toe ‘n dwaas in die nagtelike gholfballe gaan uitduik het en deur ‘n krokodil gevang is. Ook maar lekker dubbele standaarde of hoe?

Elfie ·

@Chris – jammer, jy moet maar weer lees. Die berig gaan nie net oor twee kinders, die Aussies wor d ook in die berig genoem so as mens oor dit wil kommentaar lewer dan is dit mos reg. Waar kom jou “vergewe” nou in? Ek glo ook g’n niks daai ding dat die leeu sy kop sou indruk en spesiaal basies sy eie keel toedruk duer ‘n klein gaping om nou jusi die bobeen te byt nie> Dit sou mos baie makliker vir die dier wees om die kop of skouer by te gekom het – dis dan reg BY die venster! Nee wat dis onrealisties om te dink die leeu sou kop ingedruk en moes rek en afbuig om die bobeen te byt. Dink bietjie logies… Hoop mense leer nou ‘n les en behandel wilde diere met respek.

Afrikaner ·

Hopelik word die diere ingespuit teen die voorkoming van:

1) Die leeu teen cangaroo koors en moontlike motorkaping.
2) Die luiperd teen Vigs en inbreek op private eiendom.

Ek se maar net……….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.