Seun (13) neem glo eie lewe

Laerskool Stellenbosch. Foto: Facebook

ʼn 13-jarige seun het glo Dinsdagoggend sy eie lewe geneem by sy ouerhuis in Stellenbosch.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun het glo kort ná 08:00 sy eie lewe geneem deur homself te skiet.

Sy het gesê die polisie was op die toneel waar die seun met ʼn kopwond aangetref is. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die seun se ouerhuis is naby Laerskool Stellenbosch waar die seun ʼn gr. 7-leerder was. Volgens Hawkie de Villiers, hoof van die Laerskool Stellenbosch, is die leerders van Michal Roux se dood ingelig waarna daar berading verskaf is.

De Villiers het gesê die leerders is in groepe gedeel waarna beraders hulle toegespreek het. Daar is ook afsonderlik met Michal se vriende gesels.

Michal laat sy ouers en sy suster, ʼn gr. 9-leerder aan die Rhenish Girls’ High School, agter.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fanie ·

Tragies. My hart huil. Sterkte aan die familie en geliefdes.

..... ·

Hoe erg moet die lewe wees dat jy op 13 besluit jy wil nie meer lewe nie… dis rerig so hartseer hy het nog sy hele lewe voor hom gehad…

Boelie ruk hand uit onder die jong kinders, hoeveel kinders het nie al hulle eie lewens geneem oor dit nie… Boelie moet stop, hoeveel kinders moet ons nog verloor oor dit…

laat jy as ouer dit toe, as jy weet jou kind boelie dalk ‘n ander kind.. lag dit af en se ag hy / sy staan net op vir homself…

dit begin by die huis, let op jou kind se gedrag.. spandeer bietjie tyd met jou kind inplaas daarvan om geld in sy hand te stop.. of groot geskenke te koop
soms soek hulle net 10min van jou tyd

Mother of a 12-year old ·

This is so tragic! We, as parents, should start doing something about this – bullying is not ok – the scar runs deep! My heart is breaking for the parents and sister of this boy. May your soul rest in peace and may it fly high above the clouds, little one. #bullying must fall#only we can stop this# stand together against this evil that is destroying our children’s lives#

susan ·

Hoe weet julle? Dalk kalwerliefde. Hy sukkel dalk om aan te pas. Moenie so maklik oordeel nie

DS ·

Hoe weet julle dis agv die feit dat hy geboelie was dat hy dit gedoen het?

Niks met boelies te doen nie maar skool druk ·

Dit is nie altyd net boelies wat maak dat kinders dit doen nie. Die druk wat op die kinders geplaas word vandag ivm 20 jaar terug is baie groter. Daar is nie meer tyd vir kind wees nie, dis skool, huiswerk, sport prestasies najaag en hoe gou hulle ‘volwassenes’ word en kan leer oor alles van groot wees behalwe kind wees help dit nie. Help eerder bid hieroor dat ouers kan begin sien en verstaan wat aan die gang is.

Estelle ·

Jy slaan die spyker op die kop, wel moontlik nie in hierdie geval nie, ek ken nie al die feite nie. Ons patetiese regering se nog meer patetiese kirrikulum maak van kinders niks meer as pakosse nie. Hoe meer inhoud in die kirrikulum ingedruk word, hoe minder neem die kinders in! Dan is daar die buitemuurs, ouers wat hul kinders dalk 1 of 2 ure per dag sien. KABV was van die begin af ñ ramp! Alles het in 100jaar verander, behalwe die manier waarop skool gegee word! SA gaan leer tog by Finland hoe ñ suksesvolle onderwyssisteem lyk!

oordeel in oorvloed ·

Kyk ek was ‘n rukkie by ‘n skool, ek het altyd gedink dit is my “calling” om onderwys te swot, maar na ek daar was het ek besef, daai is ‘n beroep vir ‘n warrior. Liefde vir kinders is nie meer genoeg nie. Jy kry onderwysers wat plain weg net daar is vir die +- R16000 ‘n maand en die ander is daar om ‘n skool te gebruik as ‘n stepping stone vir hoër poste. Bitter , bitter min is daar onderwysers wat actually net hul alles gee vir ‘n skool en die kinders, gewoontlik is hulle ook die wat die meeste oorlaai word met werk, hulle speel die belangerikste rol in jou kind se skool lewe. Ek het self nog net 2 sulke juffrouens ontmoet. Hulle is diamante.
Boelie- gebeur nie net tussen kinders nie, Juffrouens boelie ook, deur af te kraak asook om mis te kyk as ander boelie. Boelie is altyd daar, vanaf jy jou voete in die skool sit, tot jy die dag as jy gelukkig is aftree en by jouself kan wees. Mense is naar. Veroordeel hoe jy lyk,ruik en reageer. Sulke mense kry ek jammer want eendag gaan jy vir onse Vader moet se wat het jy gekry deur ander skade aan te doen.

Seun… ek is jammer jy moes deur die dinge gaan so vroeg in jou lewe. Jammer dat dinge te veel was vir jou. Ek bid vir jou en vir die wat jou lief gehad het.

Elrike ·

Die geweldige druk waaronder ons kinders reeds vanaf Graad 1 is is die een ding wat ons kan en moet verander!! Los die huiswerk, gee kinders genoeg tyd om te speel, om van hul frustrasie en emosie uit te leef sonder om al hulle tyd te reguleer. Die wat geboelie word sal meer resilient wees, die wat boelie kan deur sport en speel van hul frustrasie ontslae raak. Ons kinders se lewens is te vol! Minder huiswerk, meer speeltyd, meer tyd as ‘n familie saam. My hart breek vir die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.