Seun (13) se liggaam op strand gevind

Foto: Verskaf.

Die liggaam van die 13-jarige seun wat Saterdagmiddag in die see by Sheffield, noord van Durban, verdwyn het, is gevind.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê die seun se liggaam is ongeveer 200 m van waar hy vermis geraak het gevind. Sy liggaam het op die strand uitgespoel.

“Sy liggaam is deur ʼn plaaslike huiseienaar op die strand gewaar,” het Herbst gesê.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het Saterdagmiddag by ʼn strand plaasgevind waar swem verbode is.

ʼn Verbyganger het opgemerk hoe die seun onder die golwe in die see verdwyn. Die verbyganger het dadelik die seun te hulp gesnel, maar kon hom nie in die water vind nie. Hulp is ontbied en beamptes van IPSS Medical Rescue, Kwadukuza-lewensredders en beamptes van die polisie se soek-en-reddingseenheid het hulle na die toneel gehaas.

Twee waterponies en ʼn hommeltuig is gebruik om na die vermiste seun te soek.

Die seun se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

snoefie ·

mense aanvaar dat “DO NOT SWIM / MOENIR SWEM NIE letterlik net beteken Moenue swem nie. hoekom nie nie die kennisgewing maak STAY OUT OF THE WATER/ BLY UIT DIE WATER!

Chiewawa ·

Nie almal kan noodwendig lees nie. Of dalk die simbool wat gebruik is verstaan nie.

Jonna ·

Want n kennisgewing om helemal uit die water te bly is HELEMAL anders as net n sekere gebied waar dit te gevaarlik is. Dan kan ons ook sê, sluit net die strande. Mense moet net respek vir die see leer, so eenvoudig soos dit.

Peet ·

As jy nie daai borde kan verstaan nie…n swem prent met n groot rooi sirkel en lyn deur, dan is daar nie hoop nie. Begin net die see respekteer, dis nie n speelpark nie.

Danie ·

Dit is baie jammer dat die seun verdrink het. Dit is egter niemand se skuld as waarskuwing geïgnoreer word nie.

Moenie die boodskapper blameer as jy nie op die gegewe raad ag slaan nie. Ek is geleer dat as ‘n bord op ‘n strand sê moenie swem nie dan gaan jou ook nie in die water in nie. Die moenie swem bord kan beteken daar is versteekte rotse onder die water, giftige/gevaarlike seediere (rooi gety, ensovoorts) in die water naby die strand (altyd/sekere tye van die jaar), versteekte vlak sandbanke, watervlak wat baie skielik baie diep word, ensovoorts.

Gesiggie ·

Ouers , jul moet asb mooi na jul kinders kyk… die see is nie n plek om te speel, soos al gevra… moet nooit jou rug op die see draai… Dit is vakansie tyd… kinders wil speel en baljaar en n bietjie afkoel… maar dit is nie veilig as daar nie toesig is… Dit is so Hartseer dat n ouer hul kind moet verloor en dit net voor Kerstyd…. Kinders pas julself op… my Innige meegevoel aan sy ouers.. ek is bly hul kon sy liggaam vind,,,

luister ·

Kan dalk nie lees nie? Of verontagsaam net die reels asof dit nie bestaan nie.

Johan ·

Het niemand dan die kind tot nou toe as vermis aangemeld nie?

Hansie ·

Het ons samelewing ontaard in ‘n klomp smartvrate? Waarvoor is die foto’s?

Slim ·

Waarvoor koerant dan. Fotos is deel van journalism. Hoekom videos van waar n gesin op geskiet word, waarom cctv van plaasaanvalle, dis deel van dit.

Hans ·

Fotos maak meer van n impak op die samelewing as net woorde. Hul blok darem die aakligste uit dat mens dit nie sien nie.

Hans ·

Tragies en hartseer. Hopelik is sy naam net nie bekend gemaak vir ander redes. Hy is meskien geidentifiseer maar weerhou sy naam. Hoe weet hul hy is 13. Alleen swem in die see is glad nie die beste idee nie. Alle strekte aan sy familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.