Seun (13) se ouers, sussie sterf in ongeluk

Vince is in die intensiewe-sorgeenheid van die Universitas-hospitaal. Foto: Verskaf

Vince is in die intensiewe-sorgeenheid van die Universitas-hospitaal. Foto: Verskaf

Vince Viljoen (13) sterk in die Unversitas-hospitaal in Bloemfontein aan ná ʼn ongeluk waarin sy ouers en babasussie oorlede is.

Botha Viljoen (39), sy vrou Engela (36) en hul agt maande oue babadogtertjie Abi is Vrydagaand dood na ʼn botsing reg van voor naby die Bram Fischer-lughawe. Elize Smit, Engela se suster, het aan Maroela Media gesê die gesin het ʼn oop winkel gaan soek en was op pad na hul huis in Roodewal toe die ongeluk gebeur het.

Smit sê Vince het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen maar gaan moontlik vandag bygebring word. Hy is sedert die ongeluk onder sterk verdowing. Die ongeluk het op die Viljoen-egpaar se 16de huweliksherdenking plaasgevind.

Engela saam met klein Abi. Foto: Verskaf

Engela saam met klein Abi. Foto: Verskaf

Ao. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het intussen bevestig dat die bestuurder van die ander voertuig, ʼn 22-jarige man, in hegtenis geneem is. Volgens Mohobeleli het die man glo onder die invloed van alkohol bestuur. Hy sal na verwagting op 17 Oktober in die hof verskyn. Hy is op waarskuwing vrygelaat.

Vince saam met sy pa Botha. Foto: Verskaf

Vince saam met sy pa Botha. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

alet ·

Die persoon wat die ongeluk veroorsaak het was dronk bestuur die kind word wees gelaat en die dronk bestuurder kom eers oktober voor hoeveel mense gaan nog onder hom vergruis word is sy bestuurders lisensie weg gevat sterkte aan die seun bid dat jy sal genees

GC ·

Ek stem saam met jou, maar sou waardeer het as jy leestekens gebruik het. Kommas en punte help die leser om n stuk beter te lees en die stuk om makliker gelees te word. Just saying, jy kan dit gerus probeer.

lucas ·

kommas ens is van belang, maar selfs sonder dit is die boodskap oorgedra. Sms taal is duisende keer erger. Mag God met die seun wees want hy gaan krag en bystand nodig he.

lucas ·

kommas ens is van belang, maar selfs sonder dit is die boodskap oorgedra. Sms taal is duisende keer erger. Mag God met die seun wees want hy gaan krag en bystand nodig he.

Johann ·

Laat ek net ‘n diep asemteug neem want alet is weer aan die woord.

Johann ·

Rudi, om alet se kommentare te lees sonder die nodige leestekens het mens longkapasiteit nodig, dan kom jy nog blou in die gesig anderkant uit! Haha.

AmY ·

Is sy bestuurderslisensie weggevat? Waarom is hy nie toegesluit nie? ‘n Gesin se lewe is verwoes en ‘n jong kind is wees gelaat. Dit is hartverskeurend. My hart bloei vir die jong kind wat nou die toekoms moet ingaan sonder sy ouers en sussie.

Jasper ·

Die man was dronk en daar is mense dood, maar hy word net met n waarskuwing vrygelaat om sy moordsending voort te sit. Ek weet van mense wat net oor die toegelate perk bestuur het en moes gaan sit totdat hul borg kon betaal.

Justi ·

Dit is verskriklik. As die bestuurder wel dronk was en net met n waarskuwing laat gaan was.

Waar is reg en geregtigheid?

Ek dink aan die arme seun. Hy moet nog hoor van die afsterwe van sy ouers en sussie. Die skok gaan erg wees vir hom.

Ek bid dat hy spoedig sal herstel en die verlies van sy familie se afsterwe sal kan verwerk.

tia linde ·

Is dit wat n mens se lewe werd is vandag!jy kan maar suip en ander se dood veroorsaak en dis okay want jy kry net n verdomde waarskuwing,n gemors soos jy hoort nie op vrye voet nie,jy het n hele familie vermoor en n kind wees gelaat. Jy hoort in die he’ll,hoe slaap jy en gaan aan met jou lewe jou vuilgoed!

Peter Says ·

Hierdie is moord, en die moordenaar word vrygelaat. Skokkend ★

Riaan ·

Moord!!!! Ek bid dat die kind hierdeur sal kom en nie deur bitterheid verswelg word nie!

Shannon ·

`n Mens kan omtrent net met jou kop in jou hande sit en huil oor so iets. Daar’s nie woorde nie.

AJ ·

Ja dit wys jou net jou vel kleur en jy kan ook in lekker stoel in die gehoor kry

meandi ·

Die ouma van Vince is ons tante, sy sê sy het gevoel sy kon hom vermoor, maar toe sy hoor hy is maar 22 jaar oud het sy hom so jammer gekry, want sy hele lewe lê nog voor hom. Feit is, dit gaan nie vir Engela, Botha of Abi terug bring as ons die man haat nie. Al is hy ook pers of watter kleur. Haat maak `n liederlike ding in mens los wat nie die ander persoon raak nie, maar jou eie siel skade doen. Tannie Marie is die wonderlikste mens, ek wens so sy en haar gesin kon hierdie tragedie, nie die enigste in hulle lewens, gespaar gebly het, maar huil liewer saam en lag daarna as om vingers te wys. Mens hoef nie noodwendig onder die invloed te wees om die oorsaak van ander se dood te wees nie. Leer hieruit dat elke een van ons wat agter `n motor se stuur inklim, selfs nugter, moet poog om versigtig en wys te bestuur. En vir die wat drink en bestuur: jy is eintlik `n moordenaar as jy dit doen. `n Dag is `n dag, dan gaan jy ook iemand se dood veroorsaak. Weet jy hoe dit vir `n ma moet voel om op een slag langs die graf van haar kind en kleinkind tegelyk te moet staan? Kan ons Suid Afrikaners nie liefs ons kinders leer om `n braaivleis te geniet sonder `n dop in die hand nie? Ek wonder maar net!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.