Seun (13) sterf ná beweerde boelie-voorval by skool

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys ondersoek die dood van ʼn 13-jarige leerder van Noorderlig Gekombineerde Skool in Benoni wat vandeesweek gesterf het nadat hy glo by sy skool onder boelies deurgeloop het.

Louis de Jonge het die dag van sy dood van hoofpyn gekla en erg gebraak voordat hy glo blou in sy gesig geword het. ʼn Ambulans is na die gesin se huis ontbied, maar De Jonge het voor hul aankoms by die huis gesterf.

Maroela Media verneem De Jonge was Vrydag in ʼn bakleiery met ander leerders by die skool betrokke waartydens hy vermoedelik ʼn hou teen die kop gekry het. Hy is egter glo al verskeie kere vantevore by die skool deur boelies geteiken.

Lt.kol. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig De Jonge se ma het aan die polisie beweer dat hy gereeld by die skool geboelie is. Die beweerde boelie-voorvalle is volgens Mngomezulu ook by die skoolhoof aangemeld.

Hierdie bewerings vorm deel van die polisie se geregtelike doodsondersoek. “Ons wag steeds op die nadoodse ondersoekverslag om die oorsaak van die seun se dood te bevestig,” het hy gesê.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê die departement sal terugvoer gee oor die ondersoek na De Jonge se dood sodra die ondersoek afgehandel is. “Ons het berading aan die leerders, die onderwysers en die familie beskikbaar gestel,” het hy gesê. Hy het namens die departement sy medelye aan die familie uitgespreek.

Sizakele Nkosi-Malobane, die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het in reaksie op De Jonge se dood boeliegedrag in skole veroordeel en ʼn beroep op die polisie gedoen om die voorval deeglik te ondersoek. “As deel van ons program om boeliegedrag in skole te bekamp, sal ons onaangekondigde lukrake besoeke by verskeie skole aflê om weg te doen met hierdie gedrag. Sektorpolisiëring sal ook gedurende spitstye by skole verskerp word. As regering is ons vasbeslote om die veiligheid van ons leerders te verseker,” het Nkosi-Malobane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

Meraai ·

My hart is so seer vir die ouers,ek vra gereeld my seun of alles nog reg is by die skool,hy mag nooit bang wees om my tevertel as iets nie lekker is by die skool nie,en dit maak ook nie van hom n baba of bang seuntjie omdat hy nie vir hom self opgestaan het nie,my kinders is my lewe ,Mamma en Pappa ek hou julle in my gebede ek is so jammer vir ongeskikte kinders daar buite die huishouding,ding aan julle.xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

MissDemeanor ·

Ek voel sommer naar. Dit is verskriklik dat hierdie seun se lewe so wreed weggeneem is. Dit is nie maklik om ‘n mens se kind teen so iets te beskerm nie. En dit is juis die saggeaarde goed gemanierde kinders war geteiken word. Soms beskerm die skole die boelies. Ek voel dat sodra daar aantygings van n geboelie is…dan moet die skool en ouers sorg dat die boelie by n sielkunkundige uitkom. Die slagoffers ook.

MissDemeanor ·

Ek bedoel dat daar sielkundige hulp vir boelies en slagoffers moet wees. Kinders wat ander boelie het probleme wat aandag nodig het. Dus moet hul gedwing word om hulp te kry voor hul ander skade berokken.

jee ·

GROOT PROBLEME BY SKOLE, en ouers moet stilbly, mooi met handskoentjies hanteer, skole dreig met laster aksies., ons kind al baie seer gekry met dit by skool,,,,,,,,,,,,, skool weet glo van niks? onderwyser waa kinders dit moet aanmeld jaag hulle weg

Flintstone ·

As dit voorheen by die skoolhoof aangemeld is,is die skoolhoof as verantwoordelike persoon in beheer van die kind se welstand,aanspreeklik vir strafbare manslag en moet hy geskors,en onmiddelik aangekla word.Dit sal in die toekoms verseker dat indien so n aangeleentheid aangemeld word,daar nie ‘n argelose houding deur die bestuur van die skool ingeslaan word nie.Skors hom!

Brian ·

Nie die skoolhoof se skuld nie, n skoolhoof kan nie verantwoordelikheid neem vir al die leerders nie, ek was in n skool van 2300+. Die boelies moet van moord aangekla word, en op jou redenasie, moet die boelies se ouers ook semier aangekla word.

Bekkomerde ouera ·

Ek stem 100% saam. Ek sal sover gaan en die ouers ook aanklae, want gewoonlik weerspiëel ‘n kind se gedrag wat in die ouerhuise aangaan. Ek is moeg vir boelies wat dink hulle kan maak en breek soos hulle wil, as hulle nou al so is hoe gaan hulle as volwassenes wees. Ongelukkig moes daar nou eers ‘n kind sterf met die hoop dat die skole nou iets gaan begin doen aan hierdie aaklige ding wat elke dag net erger raak. Dit MAAK MY SIEK!

Hannelie ·

Flintstone jy is 100% reg, die skoolhoof moes al opgetree het want hy is die verantwoordelike persoon in beheer van sy skool. My man was vir 9 jaar op die Beheerliggaam van ons skool en daar was ook boelie gevalle en dit is deur die skool se Dagbestuur hanteer en uitsorteer. Somtyds word die ouers ingeroep afhangende van die tipe daad. Die hoof is ten volle verantwoordelik wat op sy gronde gebeur. Ek hoop vir sy part hy het iets begin doen, anders kan die ouers hom by WKOD aankla. Innige simpatie aan sy familie.

Annette Stemmet ·

Ek stem saam dat die hoof en die onderwysers mede aanspreeklik is. Hy is nie die agterkant van opvoeder nie en hoort nie in die pos van hoof nie. |Die boelies en hulle ouers moet saam aangekla word. Berading vir wat. Daar is nie salf aan hulle te smeer nie. Verbeteringskool toe en op 18 kan hulle maar hakkies klap by die tronk.

andrea van vuren ·

Hoekom weier skoolhoofde om kommentaar te lewer? Die boelies gaan hiermee wegkom met ‘n ligte teregwysing….siek!

Albert ·

Flintstone is reg. Soos Mandela gesê het: Justice must not only be done, it must be SEEN to be done. By rapportering moet Skoolhoofde nie alleen onmiddelik ernstig optree nie maar ook stelsels en strukture in werking stel wat boelie moelik maak bv rapportering stelsels waar whistle blowers beskerming geniet, behoorlike ondersoeke van elke gerapporteerde geval deur n paneel van onderwysers (o.a. Voorligting onderwyser) en ouers en n predikant of pastoor in die gemeenskap wat kan besluit om die saak na welsyn en SAPS kindereenheid. Ampsdraers in die skool soos onderwysers en prefekte en ook self matriek leerling wat getuie is van “bullying” en dit NIE aanmeld nie, moet aanpsreeklikheid dra in ooreenstemming met die “abuse”. Daar moet vooraf straf bepaal word vir tipes abuse, bv verbaal, stamp, plathand klap, vuis slaan, enige instrument soos klip of skêr of pen bv met by skuldigbevinding met skorsing gepaardgaan. Altwee partye moet ooreekomstig sy/haar optrede gestraf word. As Jannie vir Sannie n parra noem en sy klap hom, word Jannie gestraf vir verbale misbruik en Sannie vir n handklap. En as hy in die straat loop moet Jannie maar ligloop vir Sannie se pa….

Sonnika ·

My hart is stukkend! Ek het nie woorde nie. Ek is so jammer vir die ouers en die boetie. Mag julle baie genade en liefde ontvang om deur hierdie onmenslike pyn te werk.

annie ·

Stem saam met Flintstone – maar dis makliker om weg te loop en jou skouers op te trek – want hoofde wil nie meer betrokke raak nie. Hoop hulle kry die boelies gou en dat hulle elkeen ‘n helse pak slae sal kry sowel as van skool geskors word. Die boelie kinders se ouers moet ook gestraf word. Sterkte aan die seun se ouers en familie.

woedend ·

Ek is so woedend hier waar ek sit , wat gaan aan met die jeug? Ek hoop ieder en elk van daardie kinders wat betrokke is kry die res van hulle lewens wat hulle toekom en mag dit wat hulle aan hierdie seun gedoen het swaar in hulle gedagtes le elke liewe dag.

Johann ·

Ek stem ook. Die skoolhoof moet ook verantwoordelik gehou word.
En ook die ouers van de boelies.
Die ouers van die boelies moet aangekla word en vervolg.

Hartseer ·

Dit is vreeslik. Hoe ouer mens word, besef mens eintlik hoe wreed kinders in die skool met mekaar is. Ek is al 10 jaar uit die skool uit, en ek het nogsteed ‘n selfbeeld probleem. Oor ek gespot was in die skool. Om iemand anders te boelie, te spot net dat jy dink jy is DIE OU of DIE GIRL in die skool, is eintik heel hartseer, dit is sulke mense wat nie “ver” kom in die lewe nie.
‘n onskuldige seun is DOOD, kan dit nie glo nie. Sterkte aan die ouers.

Lollie ·

Nee daardie boelies is eintlik moordenaars! Straf hulle soos wat ń volwasse straf sou gekry het sodat daar ń voorbeeld van hulle kan gemaak word en dat hulle hopenlik sal leer daaruit. Die hoof is ook op ń manier verantwoordelik aan die uiteinde maar hoe kan ń persoon heeldag polisieman speel oor ander se kinders? Hy moet in elk geval bewys lewer dat hy wel opgetree het toe dit aan hom genoem is. Wat kan mens tog doen? Hoe word sulke kinders gestraf want dit is in elk geval teen die wet? Eerste probleem is by die boelies se huise. STRAF hulle behoorlik om van hulle iets ordentliks te probeer maak! As hulle op so jong ouderdom tot sulke dinge in staat is watter tipe volwassenes gaan hulle wees? Kommerwekkend!!!

Moeder ·

Ons het dieselfde probleem by my seun se skool, hy het met ‘n blou oog huis toe gekom, waarna ek ‘n stink brief aan die skool gerig het, as hulle nie iets omtrent die boelie by die skool gaan doen nie, sal ons ‘n aanrandings saak teen hom maak, ek ook die departement van onderwys inbring. Die skool het ons vandag geskakel en afspraak gemaak vir komende donderdag, die kind gaan verhoor word by die skool en dan geskors word. Ons as ouers moet dit net nie meer toelaat nie, dis net jammerte dat nie alle kinders die vrymoedigheid het om met hulle ouers te praat oor boelies nie. Sterkte aan die familie, so jammer oor die pragtige seun se lewe wat so gou kort geknip is, en dit deur ‘n boelie wat tien teen een jaloers is op die kind. Dis nie lekker om te hoor dat ouers deur sulke verlies moet gaan nie, my hart gaan volkome uit na hierdie familie toe, hulle kind het dit nie verdien nie. Wens die skole wil rigting kry, en ordentlike onderwysers ook, wat nie net daar is vir ‘n salaris nie, maar wel daar sal wees vir die kinders, omdat dit veronderstel is om hulle passie te wees. Rus in vrede seun, niemand kan jou nou meer boelie nie.

Karen ·

Ek stem 100% saam! Hou die skoolhoof verantwoordelik saam met die ouers en betrokke kinders. Dis belaglik hoe baie hoofde deesdae net anderkant toe kyk….by ons kinders se skool help dit nie eers jy gaan meld dit aan nie, want die boelie(s) gaan sit detensie of kry ‘n “rooi kaart” en môre doen hulle dit net weer want hulle weet hulle kom weg met dit! Waar is die dae van pakslae??? In ons tyd was boelies vinnig op hulle plek gesit en “menseregte” was glad nie ter sprake nie, want verkeerd was verkeerd en jy moes net jou pak vat soos ‘n man.

Eps ·

My meegevoel aan die naasbestaandes van die slagoffer.

Die skade wat boelies aanrig in ‘n kind se lewe is iets vreeslik. Dit vernietig ‘n person se totale lewe en dan is daar onderwysers wat deel uit maak van die boelies. Die boelie van onderwysers en boelie leerder word soms nog aangehits deur sekere ouers en daar moet deeglike onderesoek in die geval gedoen word sodat alle medepligtiges gestraf word. Ek hoop hierdie gaan so ‘n geval wees om vir boelies ‘n les te leer.

Lyn ·

My seun is noudie dag by di skool geslaan …uit soos n kers en net aanhoudend verder geslaan terwyl hy bewusteloos daar le. Die skool het geen aandag daaraan gegee nie en die seun word nog al di pad beskerm geen stappe geneem nie ek was selfs verbied om met sy ouers te praat. Ek glo nie skole beskerm ons kinders nie dit lyk vir my of boelies aangemoedig word.

Pop ·

Gaan polisie toe en le n klag van aanranding en sommer teen skool ook.

Bekommerde Mamma ·

Lyn, baie sterkte. Jou hart was seker ook soos ‘n kers uitgeslaan. Daar is soveel wonderlike ouers met wonderlike kinders. Ek stem saam met jou dat skole nie ons kinders beskerm nie. In my dae was daar glad nie sulke goed by skole nie. Ek is skoon hartseer van al die dinge wat by die skole gebeur.

lollie ·

Gaan reguit onderwysdepartement toe en gaan lê ‘n aanrandingsklag dat die polisie ondersoek.

Hoofsweep ·

Een van die grootste probleme is dat die boelies se ouers dikwels skatryk is, daarom gli hulle, hulle kan met enigiets wegkom, want Pappa sal die beste prokureurs kry om hom op tegniese puntjies los te kry. En skors die skool die boelie, verloor hulle ook die inkomste.

Sanette ·

Skryf vir die ouers ‘n brief/epos (met sosiale media is dit deesdae maklik om mense te soek) en se’ jy het regsadvies gekry omtrent die geval. Indien hulle kind nie sy afstand van jou kind hou en hom ophou treiter nie, sal jy ‘n klag van aanranding by die polisie aanhangig maak. Ek glo die ‘name and shame’ het ook waarde.

Rina Pretorius ·

Ek se kla die boelies aan, dis slegte en swak gedrag van kinders wat dink hulle het alle mag in hulle hande, die skoolhoof se hande is afgekap want tree hy op sien hulle hom as die boelie. Vandat lyfstraf afgeskaf is in skole ruk die kinders totaal handuit. Die onderwysers weet nie meer wat om met deesdae se kinders te doen nie.

tokkie ·

Wat gaan in ons skole aan. Dit gaan omtrent woes in ons land. Arme kind.

Bekommerde Mamma ·

Aan Louis de Jonge se gesin…ek het geen woorde wat julle seer sal minder maak of weg vat nie. Ek kan my nie indink waar deur julle nou met gaan nie. Gister is ek aangeval deur onderwysers nadat ek in my kommentaar gesê het dat my kind veiliger sal wees tuis met tuis-onderrig. Ek sê dit weer en weer… Ek bid dat God my omstandighede so sal verander dat sodra my dogtertjie moet skool toe gaan, ek self vir haar skool tuis kan gee. Ek het nagmerries as ek dink hoe dit dan in die skole sal lyk. Ek het nie regte geswot nie, maar moet geskille in die huis oplos, ek is nie ‘n dieetkundige nie, maar berei gesonde happies vir die kleuterskool voor, ek is nie ‘n chef nie maar maak smullige aandetes, ek is nie ‘n verpleegster nie maar nurse my siek man en kind by die huis, ek is nie ‘n rekenmeester nie maar ons min geldjies klop en daar is kos op die tafel en klere (nie ons eie huis nie, maar ja darem ‘n dak oor die kop). Ja ek is nie ‘n onderwyser nie, maar my ma is en so ook my swaer. Ek moet my kind beskerm. Ek is haar ma. ‘n Ma het 110jobs waarvoor sy nie betaal word nie en waarvoor sy ook nie geleer het nie, maar sy doen dit alles met liefde.

lorayne ·

PROBLEEM ouers teel PROBLEEM kinders. . . Dit is ons as ouers se plig, om ons kinders roetine en dissipline te leer, nie die Skool s’n nie! My hart gaan uit na die De Jonge gesin . . . Rus in vrede Louis!

chrissie ·

Ek was self op Hoerskool geboelie deur meisies wat uit skatryk families uitgekom het, daar was altyd iets te sê oor my klere of my hare, of my neus… maar vandag lag ek my agterent af vir hulle want nou besef ek hulle was net jaloers.. die een is nou grootter as die ander een..en nie een is gelukkig getroud nie… so elke hond kry sy dag! Ek sal my kinders teen boelies beskerm al beteken dit wat ook al. Sterkte vir die familie, mag die skuld gevoel daai boelies ry tot in verewigheid.

MissDemeanor ·

Weet jy Chrissie, in my skool het n outjie selfmoord gepleeg na die konstante boeliery. Die onderwysers het hom ook gespot. Sy hele lewe lank is hy ge boelie en verneder omdat sy familie arm was. Ek was 17 jaar oud. Dis nou 17 jaar later en ek dink elke dag aan hom en hoe onnodig sy dood was.

lollie ·

Die probleem is so oud soos die berge. Die goue reel vir ‘n seun wat kwesbaar is om geboelie te word (gewoonlik die klein outjies) is om maats te maak met van die goeie, groot, sterk seuns in die skool. Dan gaan die boelies tweekeer dink.

Sê maar net ·

Ek is’n onderwyser (uitgetree) en ‘n ma was ook op skool geboelie. Laat ek jul vertel daar is selfs onderwysers wat mekaar boelie. So ja die probleem lê by ouers wat hul kinders boeliegedrag aanmoedig, onderwysers wat selfs sukkel met morele standaarde, die onderwysers wat daadwerklik wil optree word soms uitgeskel dat hul op die kinders pik. Ons moet as ouers meer betrokke wees by die skole en vergaderings reël met onderwysers en saam aan oplossings dink EN werk. My kinders is nog nie skoolpligtig nie – maar ek berei hul klaar voor op boelies.
Ek stem saam dat die boelies moet boet, kla hul aan v moord

Zena ·

Innige simpatie aan die ouers. My hart gaan uit na jul. En ek stem….die hoof en ouers moet verantwoordelik gehou word vir boelies se gedrag in skole. en ja, die boelies moet aangekla word. My seun was ookal geboelie en die hoof en onderwysers het net gese hul kan niks daaraan doen nie. sterkte aan almal wat sukkel met boelies in die skole.

Hanneke ·

Ek was vir 25 jaar in die onderwys. Dit wat vandag in ons skole gebeur, is slegs n weerspieëling van wat in ons siek samelewing plaasvind. Dit is absurd om te dink die boelies kan net met n pakslae wegkom, hul het n seun se dood veroorsaak en moet dienooreenkomstig gestraf word! As hierdie geval nie met die nodige aandag wat dit verdien, deur die owerhede bejeën word nie, kweek ons n toekomstige geslag waar geweld die enigste uitweg tot alle probleme is.

Bosveldson ·

Waarom was die kind nooit dokter to gevat toe hy vroer teen die kop geslaan was en gekla het van kopseer vir weke lank? Tot die boelies het geweet dat sy kop seer was. Toe weer die 2de (of dalk die 3rde keer) wat hulle hom teen die kop slaan (stamp) het het hulle hom nog steeds nie dokter toe gevat nie. Nalatig.

Mamma Bear ·

My seun word geboelie skool get hom geskors vir 2 weke… Hy staan op vir sy regte en die swakker kinders maar Hy het die boelies se slaansak geword. Hy is vir 2 week
geskors. .. eers gehuil nou geniet Hy dit tuis ons werk .. Hy is alleen
Tuis… Hy gaan vir beading. .. Hy is ook al aangeval… en bewusyn verloor… en Hy kry nou epilepsy
….

Marius ·

Baie sterkte aan die familie! Ek bid die Here se vertroosting oor jul.

Siek en Sat ·

Ek wil regtig my mening gee ek was nou die dag ook in n geding van kinder boelieheid dat ek kan nie glo die houding wat die mannetjie gehad het wat ander kinders boelie nie terug praat en sy lyfie rondruk ,maar ek glo nie daar word iets by die huise gedoen met sulke parmantige kinders wat net ander wil boelie nie.Maar vandag word kinders n klomp geld in die hand gestop en n selfoon en verder maak hulle net wat hulle wil. Waar is die dae dat jy n kind reggeslaan het,maar nou mag jy mos nie meer nie al wat help daarvoor is n goeie pakslae.

kobie ·

ek stem saam, kinders het nie meer maniere nie en ouers is bang vir die kinders! ‘n goeie pak slae op die regte tyd het nog nooi skade gedoen nie. kinders het ook nie meer respek vir grootmense nie en maak en sê net wat hulle wil. ek hoop hierdie boelie/s word gestraf./

Hennie ·

Baie belangrik dat ouers altyd besef hulle kinders is onder hulle beskerming en ouers dra daardie beskermings verantwoordelikheid. Dit maak nie van hulle kinders sussies nie. Ouers moet gereel monitor of hulle kinders veilig en selfversekerd is.

ek ·

Ek hoop regtig daar word n moordsaak teen die boelies geopen ek hoop ook regtig die boelies se name word bekend gemaak sodat mense kan sien wie hierdie kind van sy gesin weggeruk het! Dit is verskriklik hartseer!

MT ·

0 % Toleransie vir boelies in skole. Hulle moet sumier geskors word. Boelies moet nie oorgesien word nie!!!

Onnie ·

Ongelukkig reflekteer dit ook op die ouers. Kinders word nie as boelied gebore nie. Ouers moenie skouers optrek en verskonings maak vir hul kinders se gedrag nie! Meeste ouers wil nie erken dat hul kinders boelies is nie. Dis die groot probleem.

LS ·

My innige simpatie aan die ouers/familie/vriende, my hart PYN vir julle waar ek hier sit, ek kan my net INDINK watter hartseer nou in julle harte moet wees. Sterkte vorentoe !!! Mag ONSE VADER IN DIE HEMEL julle hande STYF vashou in hierdie moeilike tyd.
Ek bid dat die mense verantwoordelik vir hierdie mooi seun se afsterwe die straf sal kry wat hulle toekom !!!

Tanya ·

My hart huil emmers vol trane vir hierdie ouers. Ek hoop hierdie kinders word van moord aangekla. As dit so op skool gaan, hoe gaan dit wees wanneer hulle uit die skool uitgaan. Wat gaan aan in jou huis as jy dit goed dink om ‘n ander kind te slaan en te boelie?

So hartseer en onnodig ·

My woorde hardloop deurmekaar en van 1 uiterste na die ander. Ek kan nie dink dat iemand sonder rede soveel woede saamdra om iemand so aan te rand nie. Hoe kan dit lekker wees, hoe kan jy vanaand jou oë toemaak en slaap, jy het oor iemand anders se lewe besluit….. werklik net nie aanvaarbaar nie!!!!!!! Ek hoop die oeurs van hierdie boelies het dadelik opgetree en probeer nie nog beskerm nie, mense wat nie respek het vir ander se lewe verdien ook nie om te lewe nie. Wens die doodstraf kon terugkom.

johnny_walker ·

as dit my kind was , sou die boelies en hulle ouers en almal wat betrokke was direk of indirek , nou dood

C ·

My kinders was ook geboelie op skool gaan kla jy by die onderwysers dan stuur hulle jou hoof toe, gaan kla by die hoof dan word dit gesê jou kind moet net die ander wang draai en dan weg loop en dit by die onderwysers gaan aanmeld, word dit aangemeld word daar in elk geval niks aan gedoen nie. So ek het my kinders geleer as hulle geboelie word moet hulle nie stil staan nie en toe die skool dit kan hoor toe word daar vir my gesê dan sal my kinders geskors word! So die gevolg is ek het my kinders uit die skool gehaal en verplaas na ‘n ander skool waar hulle nou baie gelukkig is. Baie sterkte vir die ouers dink aan julle in die moeilike tyd.

Anke de Klerk ·

Hier in Eston Kanada waar ek huidiglik bly is hier ‘n wet ingestel dat wanneer ‘n kind (jonger as 18) iemand boelie hy/sy aangekla kan word. Die straf vir 1st oortreding is $250, 2de oortreding is $1000 of tot 6 maande tronkstraf. As jy nie die boelie was nie maar deel was van die groep (m.a.w) aangehuts het is 1st oortreding $100 en 2de $250 of tot 6 maande tronk straf. As die boelies dit nie kan betaal nie word dit die ouers se probleem.

PC van Rooyen ·

Ek hoor van skors en skoolhoofde wie nie optree nie. Onthou net die kind se reg kom altyd eerste en skors is ‘n relatiewe begrip. Die probleem begin en eindig by ouers. Weet jy waar jou kind is, gesels jy met jou kind, bid jy saam en vir jou kind of hou jy huisgodsdiens. Ouers julle weet waar die vrot in julle gemeenskappe is, maar julle doen niks daaraan nie. Wat in skole aangaan is die produk van ‘n sedelose siek samelewing. Maak jou kind as ‘n verantwoordelikke volwassene groot. Dit is ons as grootmense se verantwoordelikheid.

Hanna ·

So hartseer en so onnodig. Gaan ons hoor wie die boelies is of gaan hulle nou beskerm word omdat hulle minderjarig is. Stuur hulle verbeteringskool toe, daar sal hulle regkom bygese as daar nog so iets is!!!!

Ada ·

Kla die boelies aan vir moord. Kla ook die hoof en onderwysers wat bewus was van die geboeliery ook aan vir moord – dit sal ‘n goeie voorbeeld stel vir die res van ons boelie-land. Personeel is net so skuldig soos die boelies indien hulle dit nie daadwerklik en dadelik stop nie.
Kla hulle aan vir moord – en/of strafbare manslag.

Irene ·

Somtyds wordkinders deur hul gesigte geklap as die kind dit vir juf wil se word sy na haar stoel toe gejaag dan is die kind bang

Ouma ·

So jammer vir hierdie gesin. So onnodig en as daar betyds aandag grgee is deur die skoolhoof en beheerluggaam sou hy nig geleef het. Ek bid vir julle vir sterkte en genade. Gaan die geagte minister van onderwys hulle ook nou besoek en aanbied om die begrafnis te betaal??? Nee – hy is mos wit….

Alida ·

Ouma ek het ook gevra of ou Lesufi al die ouers en die skool besoek het maar my kommentaar is nie geplaas nie. Lyk nie so nie want die kind is mos wit. Wonder watter kleur is die boelie? Wil eerder nie weet nie daar sal n aar in my kop bars!

Susan ·

My innige simpatie aan due Ouers….. as ek nie my seun uit Sy skool gehaal het nie en tuis onderrig begin het nie was dit dalk my kind vandag. Was daagliks verbaal en fisies aangerand deur Mede leerlinge… dit is ñ skande…. so onnodig en hartseer…

Ben ·

Sluit die boelies en hulle ouers toe want daai kind is dood geslaan met vuiste . dis moord .

Asmain ·

Dit wil voorkom of hierdie tipe gedrag aan die toeneem is in ons skole. My ondervinding, ook met n bekende skool in die Oosrand, is dat money talks. Die kinders van ryk ouers kom weg met baie. So ook die “sportsterre”. Ek was genoodsaak om my kinders in n ander skool te sit, n klein skool wat hoofsaaklik Afr praat!

Bekommerde ma ·

Bitter jammer vir die verlies van die seun.
Maak ‘n voorbeeld van die boelies sodat dit ook op sosiale media uit basyn word wat met die betrokke partye gebeur het.
My 7jarige seun se hy maatjie het hom gewurg oor iets wat hy per ongeluk laat val het. Ek het laas week mooi vir my seuntjie vertel as daai seun weer met sy hande aan jou vat se jy vir hom slat ek sy hande af.
Waar de jell sien hulle dit en dink dis ok?
Se hy vir juffrou is dit ok ja seun moenie dit doen nie en dis al.

Lenie ·

My innige simpatie met die ouers, ek hoop eerlikwaar die skuldiges word swaar gestraf. My seun het ook deurgeloop deur ñ boelie, drs onkostes ens gehad. Al wat die skuldige oorgekom het, was om dieselfde straf as my seun te kry, 2 detensies sit en waarskuwing. En dit terwyl my seun se oog langer as 2 weke vol bloed was, daar was ook geen toesig tydens die voorval nie. Alhoewel die skoolhoof beweer daar was, het ek bevestiging by ñ onderwyseres/vriendin gekry dat daar weke al geen toesig was nie.

Peanut ·

Sterkte aan die ouers. Ek is ook op skool geboelie en die skole doen net mooi niks. Hierdie boelies moet as volwassenes verhoor word en dan moet hulle in die tronk vrot. Dis nou al 30 jaar later en ek het nog steeds letsels. Hulle boelie in groepe n mens. Sluit toe.

Vicky ·

Ek was nie eers lus om al die komentaar verder te lees nie. DIT WAS ALREEDS TE LAAT toe daardie dogtertjie van die dak afgespring het in die Oosrand. Wat van die ander meisie wat n rewolwer teen haar kop gedruk het en die sneller getrek het om die boelies te ontvlug ? Was die skoolhoof en boelies daar aangekla ? NEE. Hierdie kinders is weg vir altyd :-( my hart is so seer vir al 3 kinders se ouers. Die wette sal moet hersien word, kinders EN hulle ouers gaan moet vergelding doen. Hierdie goed is onvergeefbaar :-(

Stan ·

Onaanvaarbaaf!! Maak ‘n saak teen die skool en kla die boellies aan vir poging tot moord.

Andre Traut ·

Ek hoop die skool waar dit toegelaat is word baie streng vasgevat. Ook die kinders wat toegelaat is om dit te doen.

Linette ·

Pateties dat onderwyseres en hoof NIKS doen en dit meer as 1x gebeur het!!! Neeeee!!!

Carina ·

Dit maak n mens siek. My kind het deur geloop met boelies. Onderwysers is net so skuldig. Met verskonings. “Kinders is maar kinders”. Hul op toesig pouse net om te kuier. As kinders kla oor boelie is dit net. “Gaan speel”. Onderwysers wil nie saam werk nie. Wil nie luister nie. Na baie berading en gesukkel is my kind deur die Laerskool.

moemie ·

Ek is al 35 jaar in die onderwys. Dis baie moeilik om boelies vas te vat, aangesien die onderwysdepartement geweldig baie reels het wat leerlinge se regte beskerm. ‘n Kind kan met enige iets weg kom. Dis amper onmoontlik om ‘n kind te skors. Die departement van Onderwys kies altyd die kind se kant. Staatskole word in sulke gevalle baie gedomineer deur die departement. Waarom stuur jy nie jou kind na ‘n CVO skool toe nie? Ek het altyd gedink CVO skole is polities gemotiveer, maar het agtergekom dat Christenskap eerste staan. Die kinders is min en niemand raak weg in die massas soos by staatskole nie. Elke onderwyser ken elke kind en daar is persoonlike verhouding tussen die personeel en die kinders. Die skoolfonds is min of meer dieselfde as die van staatskole. Alle verkeerde optredes word volgens die Woord beoordeel en kinders word werklik gelei na ‘n gebalanseerde lewe. Elke kind is belangrik en daar word ook baie moeite gedoen om leerprobleme te verbeter.

moemie ·

by staatskole is dit baie moeilik om ‘n kind te skors. Die onderwysdept. het altyd die laaste se en kies ALTYD die kind se kant. Na 35 jaar in die onderwys is ek nou by ‘n CVO skool. Wat ‘n aangename verassing! Ek het altyd gedink CVO skole is polities gemotiveer maar dit is nie: Christenskap is die spil waarom die skole draai. Omdat daar minder kinders in ‘n klas is, het die onderwysers meer kontak met die kinders en ‘n boelie sal dadelik vasgevat word. Die salarisse van die onderwysers is baie minder as in staatskole, so diegene wat daar onderrig is daar omdat onderwys hulle passie is.

Stan ·

Dankie dat jy die inligting met ons lesers deel. As ‘n CVO skool naby ons was, het ek verseker by kind daar laat skool gaan.

Elize ·

Dink aan julle wat n kind verloor het. Ek voel net as mens regtig geweet het wat plaasgevind het kan ons klippe gooi.Alles is hoorse. Die hoof is n man met integriteit,ek glo dat hy sou opgetree het. Ek keer glad nie boelies goed. Die hele storie los n bitter smaak in mens se mond. Ons vra die Here om die gesin styf vas te hou wat hul seun verloor het.

Francis Linstrom ·

As ek die berig reg verstaan is die skoolhoof in kennis gestel. Nou is die vrae,1 het hy iets daaromtrent gedoen? 2 waar het dit gebeur, in die klas of op die speelterrein. 3. As dit in n klas gebeur het, waar was die onderwyser? 4. As dit op die speelgrond was, is daar nie toesighoudende onderwysers gedurende pouses nie? 5. of is die skuldiges dalk van die kinders vir wie die onderwysers bang is. Wat ookal die plek was, die personeel insluitende die hoof het baie om te verduidelik hoekom daar nie opgetree is teen die boelies nie. VREDE vir die ouers. Terwyl ek EN my kinders op skool was
( darem nie dieselfde tyd nie) het ons almal ook onderwyser boelies gehad.

Lance ·

As Ceo van ń maatskappy word ek verantwoordelik gehou vir die dood van ń persoon wat deur een van my vragmotorbestuurders veroorsaak is,hoekom nie die skoolhoof nie ?.Die hof sal beslis wie skuldig is of al dan nie.

Stella ·

onderwysers verloor hul werk indien hul intree en aan enige leerders vat. Die departement sit geensins hul voete op skoolterrein nie, daar gaan niks van kom nie. Menseregte is die grootste euwel en die feit dat lyfstraf en skorsing nie meer bestaan nie steun die kwaaddoeners en hul wéét dit.

John ·

Wat het geword van die voormalige verbeteringskole? Kyk hoe gaan dit in die oorwegend swart skole. Dit lyk soos ‘n toneel uit Sirie. Ouers moet daagliks hul kinders uitvra oor die dag se gebeure en enige depressie-tekens optel. Skoolhoofde en onderwysers wil nie hul poste kwyt wees nie en hanteer moeilke leerders met handskoene. Gereelde ouervergaderings met almal teenwoordig en aangeteken, is nodig.

Lance ·

Jy word nie net hoof van ń skool nie,daarmee moet jy aan sekere eise voldoen soos die wet vereis,kyk wat sê jou aanstelling.

Niffel ·

Dit is baie maklik om somer net die onderwysers en skoolhoof te blameer, maar dan moet jy in gedagte hou dat jy nog meer van ‘n nalatige ouer as wat hulle nie hul werk kan doen. Daar is net soveel wat hulle kan doen aangesien hulle aan beide die beheerligaam en onderwys departement se vereistes moet voldoen. As ‘n ouers die hoof of onnie by die departement aangee omdat hulle hul arme ou blometjie lat sleg voel het kan hulle hul werk verloor. Wat gebeur het is tragies. Maar moet nie somer net gan en mense blameer wat nie meer aan die saak kan doen as om dit te aanskou nie. As enige kind gevang word ‘n ander slaan/boelie kan die skool hulle vir ‘n dissiplinere verhoor stuur en dan kan die ouers self ‘n saak van aanranding teen die boelie maak daar na. Verder MAG die skool niks anders doen nie.

Punching bag ·

Kom ons sit die blaam waar dit hoort: op die skote van die boelies. Ek het in my loopbaan as onderwyser tot vervelens toe gesien hoe ons klagtes op dowe ore val. Kinders rapporteer boelies en die boelies word ingeroep. Die boelies se ouers word ingeroep. Daar is amper niks wat die skool aan die boelies kan doen nie. Pak mag mens nie pak gee nie. Jy vorder punte in met ‘n debiet sisteem wat die algemene laerskool kind koud laat, en hoop om met ‘n wortel voor die neus goeie gedrag uit te lok. Detensie het nog nooit ‘n kind afgeskrik nie. Die algemene reaksie is ‘n arrogant-geligde skouer en so verveelde ‘ so what? ‘ Alles word aangeteken in die leerder se profiel. Hy word aangemeld by die beheerraad en soms word ‘n dissiplinêre verhoor gehou. Die verhoor eindig op in ‘n baie gekompliseerde proses waar die dissiplinêre paneel aanbeveel dat die kind geskors word. ‘n Brief word gestuur aan sy Hoogheid in Johannesburg. Hy is veronderstel om volgens ‘n seker aantal dae op mens se verslag te respond. Jy hoor niks. Nadat jy weer hoeveel briewe en emails en herinneringe gestuur het, besoek hoofkantoor die skool en beveel aan dat die kind bly waar hy is en die skool moet hom help. Hoe? Vra die hoof dalk, want want dink die man nou doen ons die afgelope drie jaar van issues en suspensions en dreigemente en raas en baklei?

ag nee! ·

Skole moet dit DUIDELIK maak, en die gronde patroleer ,wys elke dag dat boelie voorvalle nie toegelaat Sal word nie!!! Jy vertrou jou kind is veilig by die skole dan gebeur sulke voorvalle!!! Ek hoop daai verantwoordelik betaal die prys! Dit is moord die! Ag nee !

m ·

En wat gaan nou met hierdie boelies gebeur of is dit weer van daai belangrike ouers wat die skool regeer. Daar is mos altyd hierdie ou groepies ouers wat dink hulle besit die skool en daar word so vir hulle gespring. Vandag se kinders is so aggressief dat dit mens bangmaak. Wat gaan in die huise aan want dis maar waar al hierdie snaakse maniertjies aangeleer word. Boelies is kinders wat self n probleem het en deur te boelie laat dit hulle in beheer voel .

Michelle ·

Jy kon dit nie beter gestel het nie dit is my redenasie nog al die tyd!!!

Besorgde ouer ·

Ek ervaar dieselfde met my kind by sy skool hy word geboelie en as jy met die onderwyser daaroor praat dan begin hy ja maar jou kind het eerste begin ens dis nooit die skuldiges wat eerste begin altyd die onskuldiges wat blaam kry ek stem saam met vele van jul die onderwysers is net min gespin oor wat met kinders gebeur op skoolterrein.mens kan maar skel en baklei die boelies word beskerm.

Bianca Deale ·

Ek is n mamma van 2 kids in n skool in Nigel. Graad 1 en graad 4. My meisiekind kla gereeld van lelike dinge wat hasr toe gesnou word. Sielkundige aanranding. My seuntjie 7 kla elke dag oor boelie. 2 kinders hou hom vas dat 3de een hom slaan. Klere kom stukkend by huis. Was al by hoof by onderhoof. Elke keer n ander storie. Nou het hy geval in punt en wat word gese. Emiosonele probleem by huis. Niks word gedoen nie. Ek is regtig raadop en moeg. Hy word nie eers by huis geboelie nie. Hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Hoe nou gemaak. En soos ek se daar word net mooi niks gedoen nie. Niks

E.K. ·

Die heel ergste van hierdie hele storie is, maak nie saak wat met die skuldiges gebeur nie, dit gaan nooit hierdie kind terugbing nie. Wat ‘n skande vir die skool, die boelies asook hul ouers. En natuurlik gaan hul nou weer in ‘n staat van ontkenning gaan… My innige simpatie aan die ouers van die oorledene, mag jul aanvaarding op die moeilike pad vorentoe.

Sies ·

Die skole IGNOREER klagtes van boeliery want dit is net ‘n “swakkeling” wat vir sy ma gaan vertel ander kinders boelie hom, hy moet opstaan vir homself. Dit is hoe skoolhoofde en onderwysers reageer wanneer ‘n kind kom kla hy word geboelie. Gaan kla die ouers, dan brush die onderwysers en skoolhoof dit gewoonlik af, want hulle wil nie hulle skool se naam deur die modder sleep nie. Se maar wat julle wil, ek het dit hoeveel keer ervaar .. en nee dis nie die skool se verantwoordelikheid om die kinders op te pas of op te voed nie dit is WEL hulle verantwoordelikheid om OP TE TREE teen boelies, maar gewoonlik is dit die ryk mense se kinders of politically connected mense se kinders wat die boelies is so hulle kom met alles weg.

Maro ·

Hartseer verby! Medelye aan die familie.
Eers was ek bekommer oor diewe in die nag. Toe helderoordag ge-hijack word. Nou moet mens oppas vir 13+ jarige kinders. Alles stuur af na chaos.

Peanut ·

Innige simpatie met die ouers so hartseer en onnodig baie sterkte vir jul. Party skole luister nie na klagtes want van die onderwysers nie almal is die grootste emosionele boelies. Kla by die hoof oor hul en hy kry gou ander onderwysers om kwansuis ook te kla oor jou kind. Maar hoekom kontak hul nie die ouer nie maar wag tot daar n onderwyseres aangevat word oor haar gedrag dan wil hul kla. Sien die kinder boelies dit nie van die onderwyser boelies nie. Wonder maar net.

Landi ·

My hart pyn!! Dis tyd dat daar daadwerklik opgtree word teen boelies! Skoolhoofde en onderwysers met hul “higher than thou” houding moet in die bek geruk word wanneer dit by boelie- insidente kom. Hulle ignoreer hierdie probleem weens hul onvermoë om te dink, soms omdat hul bang is vir die boelie se ouers, of sommer net omdat hul nie omgee nie. Ek is verby gatvol. As ‘n boelie my kind sou slaan, hoor my lied, ek sal vir hom, sy ouers, en die skoolbestuur vir aanranding verkla en hof toe sleep, as dit moet.

E.K. ·

Wat kan mens doen? Ek wonder as mens vrywillers kry, mense wat afgetree is en lus het om iets positiefs te doen by elke skool aanstel om gedurende pouses en voor en na skool te patroleer. Hul kan op roterende basis werk sodat hul nou nie elke liewe dag dit moet doen nie. MAAR die persoon moet geen bande met die skool hê nie, m.a.w. moet niemand ken of familie wees van iemand in die skool. Kry die belhamels uit en eerstens met saal in die oggend “stal” die meneertjie of mejuffoutjie uit voor hele skool (“name and shame them”) en sê dis so-ens- en dis hoe ‘n boelie lyk. Dan vir so week of wat uur of twee na skool detensie sit -alleen , en heeltyd 1000e kere moet uitskryf “ek mag nie boelie nie” – die mees frustrerende tydmors aaklige iets om te moet doen. Ek dink so een sal dalk bietjei dink voor hy/sy doen in vervolg. Dis net ‘n voostel, wie weet kan dit werk.

Johanna ·

Klink vir my skole is GEVAARLIKE plekker deesdae.
Simpatie aan ALLE kinders in hierdie land want dit kan nie lekker wees om elke dag te moet opstaan en skool toe gaan en aan Boelie bloot gestel te word nie.
Onderwyser/s behoort ook meer aandag aan hierdie problem te gee!!!

Verneder ·

Ja, ek kan ook getuig van hierdie geboelie op skool. Vandag op 60 jarige ouderdom sit ek nog met die letsels. Skool was vir my 1 groot hel. Ek is ‘n wanaangepaste grootmens my hele lewe deur en vertrou net mooi niemand. Ek kan daarop roem dat ek ‘n mens binne enkele minute kan opsom en is nie dikwels verkeerd daarmee nie. Ek het egter nie gaan le nie, al was dinge in my grootmenslewe nie maklik nie, het ek eindelik die wenstreep gehaal en volgens my wel suksesvol gehaal op my manier. Binne ‘n kort tydperk kan ek in vrede aftree en hoef ek nie meer heeldag tussen mense te wees nie. Ek het my hele lewe gehoop dat ek eendag die geluk van ‘n goeie vriend mag smaak. 3 jaar gelede het dit gebeur en eindelik is daar ook ‘n goeie vriend waar ek altyd welkom is en wat my aanvaar soos ek is. Ouers vra asb elke dag vir julle kinders of alles wel is, sodat hulle met vrymoedigheid kan praat indien nodig.

#kanditnieglonie... ·

Ek kan werklik nie glo dat soortgelyke gevalle nie opgevolg word nie en verder steeds gebeur. Enige skool waar daar geboelie word behoort hulle te skaam! My innigste simpatie met die ouers. My hart worstel met die idee van wie die blaam moet kry in die geval, maar die skool en die boelie se ouers moet op die pen ry!! Geen mens sal kan sien hoe kinders geboelie word en niks of wel amper niks daaraan doen nie. Een ding wat my wel pla is dat daar nie ouers is, wie se kinders die boelies is wat hier komentaar lewer nie. Hulle kan tien teen een nie skryf of lees nie? Ons as ouers is veronderstel om ons kinders groot te maak met menslikheid in hulle. Is die werklik die rigting waarnatoe ons die “mensdom” rig?

Andrea ·

My innige simpatie aan Louis se ouers. Hoe stukkend moet julle nie wees nie…

My lieflike Graad 11 dogter word emosioneel afgetakel deur haar twee beste ‘vriendinne’. Hoekom? Want hulle is doodeenvoudig jaloers op haar. Sy is nou daar waar sy nie wil skooltoe gaan nie. Wat moet ek maak? dis elke oggend ‘n gehuil voor skool. My hart breek vir haar; ek voel so magteloos!

Filisety Erasmus ·

My kinders in genadiglik groot, maar my kleinkinders begin nou skoolgaan, en die hemele behoed iemand wat dit gaan waag om 1 van hulle te boelie, ek sal daai skool afbreek en n paar nekkies breek, ouers sin ook want dis net onopgevoede kinders wat boelie. Ouers moet dit nie daar laat nie.

Pieter ·

Ek seker hulle weet wie die boelies. Hulle het bloed aan hulle hande is moordernaars wat aangekla en gestraf moet word .Hoop die Boelies kry 20 jaar.Maar is sal ongelukkig nie die mooi seuntjie terugbring. Innige meegevoel an die ouers, klien boetie en sussie.

Anoniem ·

Die skoolhoof moet aangekla word .Die boelies moet vir n paar jaar uit skryf werk kry (hulle eie handskrif ) vir n paar jaar .Ek mag nie aan n ander persoon slaan nie nie n maatjie nie ook nie n dier nie aan niemand nie .Nog minder mag ek iemand met n harde bol of enige voorwerp gooi nie .Dit is tyd dat ouers ook opgevoed moet word hoe om kinders groot te maak .Laat hulle leer en toets skryf .BASIESE Opvoeding moet dalk n vak word .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.